Barbara Wertheim Tuchman (Engelse uitspraak: /ˈtʌkmən/; 30 Januarie 1912 – 6 Februarie 1989) was 'n Amerikaanse geskiedkundige en outeur.
Sy het die Pulitzerprys twee keer gewen, naamlik vir haar meesterstuk, The Guns of August (1962), welke 'n topverkoper boek oor die voorspel tot, en die verloop van die eerste maand van die Eerste Wêreldoorlog is, en Stilwell and the American Experience in China, 1911-45 (1971), te wete 'n biografie oor Generaal Joseph Stilwell.
Barbara W. Tuchman | |
---|---|
Gebore | Barbara Wertheim 30 Januarie 1912 |
Sterf | 6 Februarie 1989 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Skrywer, historikus |
Tuchman het gefokus op die skryf van populêre geskiedenis.
Wertheim was op 30 Januarie 1912 gebore as die dogter van die bankier Maurice Wertheim en sy eerste vrou Alma Morgenthau. Haar vader was 'n vermoënde en prestigeryke man, en die eienaar van die The Nation tydskrif, president van die Amerikaanse Joodse Kongres, prominente kunsversamelaar, en 'n stigter van die Teater Gulde. Haar moeder was die dogter van Henry Morgenthau Sr., Woodrow Wilson se ambassadeur tot die Ottomaanse Ryk.
Terwyl Tuchman dit nie spesifiek genoem het in haar boek (The Guns of August) nie, was sy teenwoordig tydens een van die deurslaggewende gebeure van die boek: die najaging van die Duitse oorlogskruiser Goeben en die ligte kruiser Breslau. In haar relaas van die najaging skryf sy, "Daardie oggend [10 Augustus 1914] het daar in Konstantinopel 'n klein Italiaanse passasierskip gearriveer wat getuie was tot die HMS Gloucester se optrede teen die SMS Goeben en SMS Breslau. Tussen die passasiers was die dogter, skoonseun en drie kleinkinders van die Amerikaanse ambassadeur, Mnr. Henry Morgenthau." Aangesien sy 'n kleinkind van Henry Morgenthau is verwys sy hier na haarself, wat later bevestig is in haar boek Practicing History, waarin sy die verhaal vertel van haar vader Maurice Wertheim, wat op 29 Augustus 1914 van Konstantinopel na Jerusalem gereis het om fondse aan die Joodse gemeenskap aldaar af te lewer. Derhalwe was Tuchman op die ouderdom van twee jaar teenwoordig gedurende die najaag van die Goeben en Breslau, wat sy agt-en-veertig jaar later sou dokumenteer.
Wertheim is op 'n vroeë stadium beïnvloed deur die boeke van Lucy Fitch Perkins en G.A. Henty, sowel as die geskiedkundige romans van Alexandre Dumas. Sy het die Walden Skool (New York Stad) in Manhattan se Upper West Side bygewoon. Sy het in 1933 haar Baccalaureusgraad (Kuns) aan Radcliffe Kollege verwerf, nadat sy geskiedenis en letterkunde studeer het.
Nadat sy gegradueer het was Wertheim werksaam as 'n vrywilliger en navorsingsassistent by die Instituut van Pasifiese Verhoudinge in New York. Sy het 'n jaar (1934-35) in Tokio spandeer, insluitende 'n maand in China, voordat sy teruggekeer het na die Verenigde State via die Trans-Siberiese Spoorlyn tot in Moskou, waarvan af sy na Parys, Frankryk gereis het. Sy het ook tot 1937 as korrespondent bydrae gelewer vir die The Nation, toe haar vader die publikasie verkoop het. Sy het in dié hoedanigheid na Valencia en Madrid gereis om die Spaanse Burgeroorlog te dek. Die gevolg hiervan was haar eerste boek getiteld The Lost British Policy: Britain and Spain Since 1700, wat in 1938 gepubliseer is.
In 1940 is Wertheim getroud met Lester R. Tuchman (sy het sy van aangeneem), 'n internis, mediese navorser en professor van kliniese medisyne aan die Icahn Skool van Medisyne by Berg Sinai in Manhattan. Hulle het drie kinders gehad, insluitend Jessica Mathews, wat president geword het van die Carnegie Begiftigingsfonds vir Internasionale Vrede.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Tuchman in die Kantoor van Oorlogsinligting gewerk. Na die oorlog het Tuchman tyd daaraan spandeer om haar kinders groot te maak, terwyl sy navorsing gedoen het vir wat uiteindelik haar 1956 boek, Bible and Sword: England and Palestine from the Bronze Age to Balfour, sou word.
Met die publikasie van Bible and Sword in 1956 het Tuchman haarself toegewy aan historiese navorsing en skryfwerk en omtrent elke vier jaar 'n nuwe boek uitgebring. Eerder as om gekniehalter te voel deur haar gebrek aan 'n gevorderde graad in geskiedenis het Tuchman geargumenteer dat vryheid van die beswaringe en verwagtinge van die akademie eintlik bevrydend was, aangesien die norme van akademiese skryfwerk "enige skryfkapasiteit gesmoor het."
Tuchman was ten gunste van 'n literêre benadering tot die skryf van geskiedenis en het verstaanbare storielyne voorsien, eerder as om te fokus op die ontdekking en publikasie van nuwe argivale bronne. In die woorde van een biograaf; was Tuchman "not a historian's historian; she was a layperson's historian who made the past interesting to millions of readers". Tuchman se besondere vermoëns is in 1963 beloon toe sy die Pulitzerprys vir haar boek The Guns of August ontvang het, welke handel oor die politiekery wat gelei het tot die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog in die somer van 1914.
In 1971 het Tuchman die Sint Louis Literêre-prys van Saint Louis-universiteit se Biblioteek-assosiasie gewen.
Tuchman het in 1972 'n tweede Pulitzerprys gewen vir haar biografie oor Joseph Stilwell getiteld Stilwell and the American Experience in China.
In 1978 is Tuchman verkies as 'n genoot van die Amerikaanse Akademie van Kuns en Wetenskappe. Sy het in 1979 die eerste vroulike president van die Amerikaanse Akademie van Kuns en Wetenskappe geword. Sy het ook in 1980 die VSA se Nasionale Boektoekenning gewen vir die eerste sagteband uitgawe van A Distant Mirror. Die Nasionale Begiftigingsfonds vir die Geesteswetenskappe (NEH) het in 1980 vir Tuchman as spreker gekies vir die Jefferson-lesing; die federale regering se hoogste eerbewys vir prestasie in die geesteswetenskappe. Tuchman se lesing was getiteld "Mankind's Better Moments".
Tuchman was 'n trustee van Radcliffe Kollege en 'n lektor aan Harvard, die Universiteit van Kalifornië, en die Oorlogs Vlootkollege. Alhoewel sy nooit 'n formele graad in geskiedenis ontvang het nie het Tuchman 'n aantal eregrade van die voorste Amerikaanse universiteite ontvang soos o.a. Yale-universiteit, Harvard-universiteit, New York-universiteit, Columbia-universiteit, Boston-universiteit en Smith College.
Tuchman het op die ouderdom van 77 in 1989 in Greenwich, Connecticut na 'n beroerte gesterf. 'n Toring van Currier House (Harvard Kollege), 'n residensiële afdeling van Radcliffe Kollege, en nou deel van Harvard Kollege, is na Tuchman vernoem.
Die Afdeling van historiese internasionale verhoudinge van die Assosiasie van internasionale studies het ook 'n prys na Tuchman vernoem, die Barbara W. Tuchman-prys vir die beste werk in historiese internasionale verhoudinge deur 'n voorgraadse student.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Barbara Tuchman, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.