Alias Die Grote

Alias (Grieks: Αἴας, Aíās, Engels: Ajax) is in die Griekse mitologie ’n held en die seun van koning Telamon en Periboia.

Hy speel ’n belangrike rol in die Ilias en word deur Homeros en in die Epiese Siklus as ’n dapper man uitgebeeld wat bo ander uittroon. Hy is ook bekend as Alias die Grote om hom te onderskei van Alias, die seun van Oileus.

Alias Die Grote
Alias veg teen Hektor, deur John Flaxman, 1795.

Lewe

Alias was die seun van Telamon, die seun van Aiakos en ’n kleinseun van Zeus. Deur sy oom Peleus (Telamon se broer) is hy die neef van Achilles.

Alias Die Grote 
Die Belvedere-torso, ’n marmerbeeld uit die 1ste eeu v.C. wat Alias uitbeeld.

In Homeros se Ilias word hy beskryf as groot gebou en die sterkste van al die Achajers. Hy is deur die sentour Chiron opgelei in dieselfde tyd as Achilles. Hy was vreesloos en sterk, maar het ook met intelligensie geveg. Alias word nie in enige geveg in die Trojaanse Oorlog wat in die Ilias genoem word gewond nie en hy is die enigste held aan enige kant van die oorlog wat nie aansienlike hulp van die gode ontvang nie. In Boek 13 word hy wel deur Poseidon met sy staf geslaan en kry hy weer nuwe krag. Anders as Diomedes, Agamemnon en Achilles is hy meestal aan die verdediging – hy is instrumenteel in die verdediging van die Griekse kamp en skepe, asook Patroklos se liggaam.

Trojaanse Oorlog

In die Ilias word Alias se krag veral geïllustreer in sy gevegte teen Hektor. In Boek 7 word hy gekies om teen dié Trojaanse held te veg en dit duur die grootste deel van ’n dag. Alias wond Hektor met sy spies en slaan hom met ’n groot klip plat, maar Hektor hou aan veg totdat die geveg op bevel van Zeus gelykop eindig.

Die tweede geveg breek uit toe Hektor die Miceense kamp binnedring en tussen die skepe met die Grieke veg. In Boek 14 gooi Alias ’n groot rots na Hektor wat hom amper doodmaak. In Boek 15 gee Apollo Hektor se krag terug en hy sit sy aanval op die skepe voort. Alias spring met ’n enorme swaard van skip tot skip en hou die Trojane feitlik manalleen terug. In Boek 16 het Hektor en Alias weer ’n tweegeveg. Hektor ontwapen Alias, hoewel dié nie gewond word nie, en Alias moet terugval toe hy sien Zeus is duidelik aan Hektor se kant. Hektor en die Trojane het toe die skepe verder afgebrand.

Alias het baie Trojane doodgemaak. Achilles was tydens die meeste van dié voorvalle afwesig weens sy twis met Agamemnon. Toe Patroklos doodgemaak word, het Hektor probeer om sy liggaam te steel. Alias, bygestaan deur Menelaos, het daarin geslaag om die Trojane af te keer en die liggaam na hulle kamp te neem. Volgens Hyginus het Alias altesaam 28 mense by Troje doodgemaak.

Alias se dood

Alias Die Grote 
Die selfmoord van Alias (400-350 v.C., Vulci).

Achilles het die vyand in ’n stadium van die Trojaanse Oorlog na hulle stad teruggedryf en die stad binnegegaan. Die gode het besef Achilles het al te veel van hulle kinders doodgemaak en besluit dit is tyd dat hy sterf. Hy is deur Paris doodgeskiet met ’n gifpyl wat deur Apollo aangedryf is. In ’n ander weergawe het Paris hom doodgemaak met ’n mes in die rug (of die hiel) tydens sy troue met Poluksena.

’n Groot geveg het uitgebreek oor Achilles se dood. Alias het die Trojane teruggehou terwyl Odusseus die liggaam weggedra het. Toe Achilles se wapenrusting aan die dapperste vegter aangebied word, het die twee wat sy liggaam gered het, as mededingers na vore gekom. Agamemnon, wat onwillig was om tussen die twee te kies, het die kwessie met die Trojaanse krygsgevangenes bespreek en hulle gevra om aan te dui watter een hulle dink die grootste skade aan die Trojane aangerig het. Alternatiewelik was die Trojane en Pallas Atena die beoordelaars deurdat spioene na die mure van Troje gestuur is om af te luister wat gesê word. Volgens Pindar is die besluit met ’n geheime stemming deur die Achajers geneem.

In al die weergawes is die wapenrusting aan Odusseus toegeken. Alias was so ontsteld dat hy sy kamerade wou doodmaak, maar Atena het veroorsaak dat hy die vee en hulle herders vir die Achajers aansien. In sy waansinnige toestand het Alias twee ramme doodgemaak terwyl hy geglo het dit is Agamemnon en Menelaos. Toe hy die volgende oggend by sy sinne kom, het hy selfmoord gepleeg deur op die swaard te val wat Hektor aan hom gegee het; dit het sy armholte, die enigste kwesbare plek aan sy liggaam, deurboor.

Verwysings

Skakels

  • Alias Die Grote  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Alias Die Grote LeweAlias Die Grote Alias se doodAlias Die Grote VerwysingsAlias Die Grote SkakelsAlias Die GroteEngelsEpiese SiklusGrieksGriekse mitologieHomerosIlias

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AvbobSeksuele stimulasieSonkragInflasieDuitse maselsAtoom19de eeuAfrikaanse taalleerNiemetaalOogproblemeHage GeingobHernubare energieKokerboomOrthopteraTelwoordSASOLAardeKindermishandelingHoofpynRosa ParksNasionalismeKriekRooms-Katolieke KerkSlawernyHomoniemOntdekking van goud in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse GrensoorlogChromatografieMeningsverskil oor aardverwarmingEendbekdierLys van bekende Suid-AfrikanersOrgasmePornografiese subgenresWikimedia-stigtingPiesangLionel PetersonPornhubKappie (skryfteken)VerkragtingVolhoubaarheidMangelontstekingCradock-4Wieg van die MensdomRenteKolitisPaasfeesNatuurrampMaatskaplike verantwoordelikheidTienie HollowayKunsBiodiversiteitStadStaatstoelaeSkaakPerdAdolf HitlerBoerboelVersamelnaamAsiëGreen PornoVlinderBrongitisBesnydenisBosluisbytkoorsLys van kinderspeletjiesJeuksiekteDolfynNatuurlike hulpbronNoord-KaapBernice WestVlieënde HollanderMaselsJapanFluoorCorioliskragKolorektale kankerJo Black🡆 More