Patroklos

In die Griekse mitologie, soos vertel in Homeros se Ilias, was Patroklos (Grieks: Πάτροκλος, glorie van die vader) ’n goeie vriend van Achilles.

Hy was die seun van Menoetius, seun van Aktor, die koning van Opus, en deur sy ouma Aigina, Achilles se kleinneef.

Patroklos
Patroklos, deur Jacques-Louis David (1780)

Mitologie

Vroeë lewe

As kind het Patroklos ’n ander kind doodgemaak uit woede oor ’n bordspel. Menoetius het Patroklos aan Peleus, Achilles se pa, gegee en hy het saam met Achilles grootgeword. Patroklos was ’n rolmodel vir Achilles, want hy was ouer en wys.

Trojaanse Oorlog

Toe die noodlot volgens die Ilias in die Trojaanse Oorlog teen die Achajers (Grieke) was en die Trojane hulle skepe bedreig het, het Patroklos die geveg teen hulle gelei. Hy het Achilles se wapentuig aangetrek en baie Trojane en van hulle bondgenote doodgemaak, onder andere ’n seun van Zeus, Sarpedon. Hy is daarna self doodgemaak, deur Paris se broer Hektor.

Patroklos 
’n Beker wat uitbeeld hoe Achilles Patroklos verpleeg

Achilles het Patroklos se liggaam gaan haal, wat van sy wapentuig gestroop was en op die slagveld beskerm is deur Menelaos en Alias. Achilles wou nie toegelaat dat Patroklos begrawe word nie todat Patroklos se spook verskyn het en geëis het om begrawe te word sodat hy na die onderwêreld kan gaan. Nadat Achilles ook gesneuwel het, is hulle oorskot saam begrawe.

Verhouding met Achilles

Hoewel geen eksplisiete seksuele verhouding tussen Achilles en Patroklos in die Homeriese tradisie genoem word nie, het latere Griekse skrywers geskryf oor wat hulle as deur die tekste geïmpliseer beskou het. Aischulos en Faidros het byvoorbeeld geskryf daar was duidelik ’n verhouding tussen hulle, en albei het na Achilles verwys as die passiewe maat in die verhouding.

Morales en Mariscal het gesê daar is "’n polemiese tradisie oor die aard van die verhouding tussen die twee helde". Volgens Ledbetter (1993) bestaan ’n idee dat Patroklos ’n deernisvolle kant van Achilles verteenwoordig, want Achilles was bekend vir sy woede, soos genoem in die eerste reël van die Ilias. Ledbetter verbind die manier waarop Achilles en sy ma, Tetis, kommmunikeer met die kommunikasie tussen Achilles en Patroklos.

Hooker beskryf die noodsaaklikheid van Patroklos se teerheid teenoor Achilles in die Ilias. Volgens sy teorie gee die teerheid aanleiding tot ’n selfs groter tragedie. Hooker argumenteer dat hoe groter die liefde is, hoe groter ook die verlies.

Verwysings

Bibliografie

  • Plato (1925). Symposium. Plato in Twelve Volumes. Vol. 9. Vertaal deur Fowler, Harold N. Cambridge, MA; Londen, VK: Harvard University Press; William Heinemann Ltd."Aanlyn weergawe". Perseus Digital Library.

Skakels

  • Patroklos  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Patroklos MitologiePatroklos Verhouding met AchillesPatroklos VerwysingsPatroklos BibliografiePatroklos SkakelsPatroklosAchillesGrieksGriekse mitologieHomerosIlias

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NasiebouManie JacksonBonné de BodIntensiewe vormSwawelNaboomLugbesoedelingLongPad na jou hartGeestesgesondheidVerdampingLionel MessiJazzSelVisStaatstoelaePlantAprilHennie MaasVrouSpelerposisies in rugbyDoelwitWayde van NiekerkBrongitisHeuningbyGeweldVlag van Suid-AfrikaJames AlexanderMenseregtedagSokkerPrimêre sektor van die ekonomieLys van musiekinstrumenteWiskundige terminologieAce MagashuleElandréHartaanvalSosiale mediaKoos du PlessisTekstielIvan ZimmermannAndré JacobsOrgasmeDramaKlimaatsverandering in AfrikaGianna MichaelsFinale OplossingBloeddrukWet op NaturellengrondBesoedelingTsoenamiArmoedeverligtingVoortrekkermonumentBlaaskankerDuitse maselsWaterbesoedelingNicola HanekomMetaalVulkanismeApostoliese GeloofsbelydenisNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyHernubare energieHoërskool OuteniquaModeontwerpArgitektuurLeon KrugerViëtnamoorlogSelfoonDiarreeDirekte en Indirekte redeBrandmondsindroomTaalPseudowetenskapHomoniemErdwurm🡆 More