Die serviks of baarmoedernek is die onderste deel van die baarmoeder in die vrou.
Dit is gewoonlik 2 tot 3 cm lank en rofweg rond, maar verander van vorm tydens swangerskap.
Die serviks is ’n kanaal waardeur spermselle moet beweeg om ’n eiersel te bevrug ná geslagsgemeenskap. Verskeie soorte voorbehoedmiddels het ten doel om die deurgang van semen deur die serviks te blokkeer. Tydens ’n bevalling moet die serviks plat word en uitsit om die fetus toe te laat om deur die geboortekanaal te beweeg.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Serviks, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.