Menslikepapilloomvirus-Infeksie

Menslikepapilloomvirus-infeksie is ’n infeksie deur die menslike papilloomvirus (MPV).

Menslikepapilloomvirus-infeksie
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Menslike papilloom.
’n Menslike papilloom.
ICD-10 B97.7
ICD-9 078.1 079.4
DiseasesDB 6032
eMedicine med/1037
MeSH D030361
Menslikepapilloomvirus-Infeksie Mediese waarskuwing

Menslike papilloomvirus
Menslikepapilloomvirus-Infeksie
Wetenskaplike klassifikasie
Orde:
nie toegeken
Familie:
Papillomaviridae
Genera

Alfapapilloomvirus
Betapapilloomvirus
Gammapapilloomvirus
Mupapilloomvirus
Nupapilloomvirus

Simptome

Die meeste MPV-infeksies veroorsaak geen simptome nie en klaar spontaan op. In sommige gevalle kan hulle vratte of voorkankerletsels veroorsaak. Laasgenoemde verhoog die risiko vir kanker van die serviks, vulva, vagina, penis, anus, mond en keel.

Byna alle gevalle van servikale kanker is te wyte aan MPV, met twee tipes – MPV16 en MPV18 – wat verantwoordelik is vir 70 persent van gevalle. Tussen 60 en 90 persent van die ander bogenoemde kankers word ook met MPV verbind. MPV6 en MPV11 is ’n algemene oorsaak van genitale vratte en laringeale papillomatosis.

Risikofaktore en voorkoming

Die menslike papilloomvirus is ’n DNS-virus van die familie Papillomaviridae, waarvan meer as 150 soorte bekend is. Meer as 40 soorte word deur seksuele kontak oorgedra en tas die anus en geslagdsele aan.

Risikofaktore vir hardnekkige MPV-infeksies sluit in eerste seksuele kontak op ’n vroeë ouderdom, veelvuldige seksmaats, rook en ’n swak immuunstelsel. MPV word meestal versprei deur volgehoue velkontak met die vagina of anus. ’n Ma kan dit ook soms aan haar ongebore kind oordra. Dit kan nie deur byvoorbeeld toiletsitplekke versprei word nie. Iemand kan deur meer as een soort MPV besmet word. Die virus tas net mense aan.

Inenting kan die meeste algemene soorte infeksie voorkom. Dit moet dus voor infeksie toegedien word en daarom is die aanbevole ouderdom tussen 9 en 13 jaar.

’n Servikale ondersoek, soos met ’n Papsmeer, kan vroeë tekens van kanker opspoor. In so ’n geval is vroegtydige behandeling moontlik en die resultate beter. Servikale ondersoeke het die getal infeksies en sterftes weens servikale kanker in die ontwikkelde wêreld laat afneem. Vratte kan met vriesing verwyder word.

Voorkoms

MPV is wêreldwyd die mees algemene seksueel oordraagbare infeksie. Die meeste mense word die een of ander tyd in hul lewe daardeur geraak. In 2012 was daar wêreldwyd sowat 528 000 nuwe gevalle en 266 000 sterftes weens servikale kanker. Sowat 85% hiervan het in die ontwikkelende wêreld voorgekom.

Sowat 1 persent van seksueel aktiewe volwassenes het genitale vratte. Hoewel gevalle van vratte sedert die tyd van Antieke Griekeland aangeteken is, is hul virale aard eers in 1907 ontdek.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Menslikepapilloomvirus-Infeksie SimptomeMenslikepapilloomvirus-Infeksie Risikofaktore en voorkomingMenslikepapilloomvirus-Infeksie VoorkomsMenslikepapilloomvirus-Infeksie VerwysingsMenslikepapilloomvirus-Infeksie Eksterne skakelsMenslikepapilloomvirus-Infeksie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LewerGrondbesoedelingVratKalsiumAbstraksie (rekenaarwetenskap)Regverdige handelMiljardBorskankerMielieOnbemande vliegtuigPankreasVoortrekkersVaste stofBronsAtleetvoetVarkDriedimensioneelLys van elemente volgens simboolBesnydenisAborsieHipoteseHolocaustGeslagsgelykheidSoweto-opstandHondKoeffisiënt en magswortelInfeksiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSinoniemLettergreepKunsmatige intelligensieBoerboelPesachTrigeminale neuralgieProteaDesimale breukeSuikersiekteWoordeboek van die Afrikaanse TaalGesondheidAlkoholismeRekeningkundeEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMikro-ekonomieOmgewingskwessies in Suider-AfrikaSlangBraaiVulkanismeHector PietersonAartappelGloeilampAardedagHeks van HexrivierMagnetismeMonumentBalletWinnie Madikizela-MandelaJodeLetterlike en figuurlike taalgebruikKlavierTweede VryheidsoorlogUniondaleBywoordSelfbeeldKlereSosiale mediaLaeveldTikTokKoorsblaarLenteSuiwelprodukPussy RiotDuitse maselsWerkwoordDolfynWet op Bantoe-onderwysLieweheersbesie🡆 More