Chlamydia

Chlamydia, of meer spesifiek ’n Chlamydia-infeksie, is ’n seksueel oordraagbare infeksie wat deur die bakterie Chlamydia trachomatis veroorsaak word.

Die meeste mense wat dit het, het geen simptome nie. Wanneer simptome wel ontwikkel, kan dit ’n paar weke ná die infeksie gebeur. Simptome in vroue kan insluit vog uit die vagina of ’n brandgevoel tydens urinering. In mans kan simptome insluit vog uit die penis, ’n brandgevoel tydens urinering of pyn in en ’n geswel van een of albei testikels. Die infeksie kan na die boonste genitale streek versprei en in vroue ’n inflammasie veroorsaak wat kan lei tot toekomstige onvrugbaarheid of buitebaarmoederlike swangerskap. Herhaalde infeksies van die wat nie behandel word nie, kan lei tot tragoom, ’n algemene oorsaak van blindheid in die ontwikkelende wêreld.

Chlamydia
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Papsmeer wat die bakterie C. trachomatis wys.
’n Papsmeer wat die bakterie C. trachomatis wys.
ICD-10 A55-A56
DiseasesDB 2384
MeSH D002689
Chlamydia Mediese waarskuwing

Oorsaak en diagnose

Chlamydia kan versprei word tydens vaginale, anale of orale seks, en kan tydens geboorte deur ’n ma aan haar kind oorgedra word. Die ooginfeksies kan oorgedra word deur persoonlike kontak, vlieë en handdoeke in gebiede met swak sanitasie. Chlamydia trachomatis kom net in mense voor. ’n Diagnose word tydens toetsing gemaak, wat een keer per jaar aanbeveel word vir seksueel aktiewe vroue onder 25 jaar, ander mense wat ’n hoë risiko vir die siekte loop en by die eerste voorgeboortelike ondersoek. Toetsing kan gedoen word op die urine of met ’n depper aan die serviks, vagina of baarmoeder. Rektale en monddeppers word benodig om infeksies van daardie streke te diagnoseer.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

BakterieBlindheidOntwikkelende wêreldOogPenisSeksueel oordraagbare infeksieTestikelTragoomUrineVagina

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KuberkrakerUitwerking van klimaatsveranderingKrokodilLien se lankstaanskoeneGlasMenslike skeletHipoteseLeierMeningsverskil oor aardverwarmingPersentasieYouTubeWebjoernaalWêreld- Ekonomiese ForumCorioliskragSpinnekopWitbloedselReënspinnekopLemoenKunselementeKolitisOrrelKultuurRekenaarPrimêre sektor van die ekonomieMeervoudFabelBreinYstertydperkJan van TonderKonsentrasiekampWeervoorspellingWinterN.P. van Wyk LouwTuberkuloseWerkwoordKlimaatVoëlWortelTydBlourokkeDermpoliepProstaatklierEjakulasieBraaiHaelVaginaTylaIndiëShakaKeramiekAardeSamestellingKommunikasieJeugdagPretoriaBeeldspraakAborsie in Suid-AfrikaHartaanvalWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSwartbewussynsbewegingEnsiklopedieMark (ekonomie)StadTweede Nuwe JaarOraniaRussiese inval in Oekraïne sedert 2022DikdermNaaldekokerRenosterBestaansboerderyPropagandaWebwerfEkotoerismeWikipediaHeidelberg, GautengSout (chemiese stof)🡆 More