Siembamba is 'n Afrikaanse wiegeliedjie waarmee kinders aan die slaap gesus word.
Die liedjie is in 2013 as een van die "Grootste Afrikaanse Liedjies van Alle Tye" aangewys. Verskeie kleuterskole, kinderprogramme, boeke, ens. is al na die liedjie vernoem.
Die liedjie se woorde word deur sommige as omstrede beskou, omdat dit oppervlakkig ontleed klink of 'n kind vermoor word. Dit het gissings laat ontstaan dat dit moontlik een van Louis Leipoldt se gedigte is wat oor die dood van kinders in die konsentrasiekampe handel.
Verskeie verduidelikings is egter hierteen aangebied, onder andere dat die woorde "siem bamba" Xhosa vir "ons vang hom" is. In die konteks verwys dit na 'n slang (of iets wat gevang word, en dus gevaar of onheil versinnebeeld) en dan vermorsel word.
Volgens die Etimologiewoordeboek van Afrikaans is die woord waarskynlik ’n samestelling van Portugees: sim, ‘ja’ en bamba, ‘dans, spring, ophang’, of minder waarskynlik Xhosa, ukubamba ‘gryp, vang, vashou’ of Zoeloe, bamba ‘vat, gryp’ of Zoeloe, isibamba, ‘veselgordel’, of dalk bloot ’n klankmatige woord wat ’n wiegbeweging suggereer.
Die liedjie is tot in die 19de eeu gesing as "Sie(n) mamba, mama se kindjie", wat weereens na 'n slang (die bose, onheil, gevaar) verwys. Die woorde “sien die mamba" het later siembamba in die volksmond geword, soos dit vandag algemeen bekend staan.
Die eerste verwysing na die liedjie is in Joan van Niekerk se Die groot Afrikaanse-Hollandse liederbundel wat in 1927 verskyn het. Die oorsprong daarvan is egter nie gedokumenteer nie. Tien jaar later het dit in die eerste FAK-sangbundel verskyn.
Die eerste tradisionele vers van die liedjie:
Siembamba, mamma se kindjie, Siembamba, mamma se kindjie |
Verdere verse, wat later deur C.J. Langenhoven geskryf is:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Siembamba, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.