Portugees: Westerse Romaanse taal van die Indo-Europese taalfamilie

Portugees (português of ) is 'n plurisentriese Romaanse taal wat in Portugal, Brasilië, Angola, Guinee-Bissau, São Tomé en Príncipe, Oos-Timor, Mosambiek, op die Kaap Verde en in ander gebiede soos Goa en Malakka (Cristao) deur sowat 250 miljoen sprekers gepraat word.

    Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Portugese.

'n Verdere twintig miljoen het Portugees as vreemde taal aangeleer. Dit is ook die taal van 'n minderheid in Macau, waar dit 'n amptelike taal is. In Galicië, 'n gebied in Spanje ten noorde van Portugal, word Galego (Galicies) gepraat; amptelik 'n ander taal, maar baie naby aan Portugees.

Portugees
português, língua portuguesa 
Uitspraak: [puɾtuˈɣeʃ] of [poʁtuˈɡes]
Gepraat in: Vlag van Angola Angola
Vlag van Brasilië Brasilië
Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau
Vlag van Kaap Verde Kaap Verde
Vlag van Macau Macau
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Vlag van Oos-Timor Oos-Timor
Vlag van Portugal Portugal
Vlag van São Tomé en Príncipe São Tomé en Príncipe 
Gebied: Afrika, Suid-Europa, Suid-Amerika
Totale sprekers: 250 miljoen (moedertaal)
20 miljoen (tweede taal) 
Rang: 6
Taalfamilie: Indo-Europees
 Romaans
  Wes-Romaans
   Gallo-Iberies
    Iberoromaans
     Wes-Iberies
      Galicies-Portugees
       Portugees 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Portugees: Gebiede waar Portugees gepraat word, Sien ook, Verwysings Afrika-unie
Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Angola Angola
Vlag van Brasilië Brasilië
Vlag van Ekwatoriaal-Guinee Ekwatoriaal-Guinee
Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau
Vlag van Kaap Verde Kaap Verde
Vlag van Macau Macau
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Vlag van Oos-Timor Oos-Timor
Vlag van Portugal Portugal
Vlag van São Tomé en Príncipe São Tomé en Príncipe
Gereguleer deur: Instituut van Portugees
Taalkodes
ISO 639-1: pt
ISO 639-2: por
ISO 639-3: por 
Verspreiding van Portugees
Verspreiding van Portugees
Portugees: Gebiede waar Portugees gepraat word, Sien ook, Verwysings
Chronologiese kaart van die taalkundige evolusie in Suidwes-Europa tussen 1000 en 2000

Suid-Afrika het ook 'n beduidende Portugese bevolking, bestaande uit kleiner groepe immigrante van die Portugese vasteland en die eiland Madeira, asook groter groepe Portugeessprekende blankes uit die voormalige kolonies Angola en Mosambiek wat hulle na die gebiede se onafhanklikwording in 1975 aan die Kaap hervestig het.

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, Unesco, het Portugees as die snelsgroeiende taal in Europa (na Engels) beskryf, terwyl dit die potensiaal het om die snelsgroeiende tweede of vreemde taal in Suider-Afrika en Suid-Amerika te word. Dit is 'n amptelike taal van die Europese Unie, die Afrika-unie, Mercosul, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en ander organisasies. 'n Twintigtal kreooltale het Portugees as basis.

Danksy die groot Brasiliaanse bevolking van meer as 200 miljoen is Portugees die mees gesproke taal in Suid-Amerika en die hele Suidelike Halfrond. Sy status word weerspieël deur die feit dat dit 'n verpligte skoolvak is in aangrensende Spaanssprekende lande soos Argentinië en Uruguay. Die taal word daarnaas op 'n vrywillige basis onderrig in Venezuela, die Republiek Kongo, Senegal, Zambië, Suid-Afrika en Namibië.

Brasiliaanse Portugees wyk effens af van die Portugees in die ander gebiede, nie alleen wat uitspraak en idioom betref nie, maar ook in spelling, as gevolg van 'n spellingshervorming (die Acordo Ortográfico uit 1990, gewysig in 1998). Dié was wél ooreengekom met Portugal en die ander Portugeestalige lande, en in 2009 geratifiseer met die gevolg dat die spelling van Portugees nou universeel is in al die Portugeessprekende lande. Brasiliaanse Portugees se uitspraak bly egter nog verskillend van dié van ander Portugeessprekende lande, alhoewel dit, weens die spellingshervorming, op skrif identies is.

Gebiede waar Portugees gepraat word

Freddie praat Portugees
Sara praat Portugees
Portugees gepraat

As nasionale taal:

As amptelike taal:

Met minderheidstatus

  • Suid-Afrika – word saam met 'n aantal ander tale deur die Grondwet beskerm

Sonder enige vorm van erkenning:

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Portugees: Gebiede waar Portugees gepraat word, Sien ook, Verwysings 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Portugees


Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova

Tags:

Portugees Gebiede waar gepraat wordPortugees Sien ookPortugees VerwysingsPortugees Eksterne skakelsPortugeesAmptelike taalAngolaBrasiliëGaliciesGaliciëGoaGuinee-BissauKaap VerdeMacauMalakkaMosambiekOos-TimorPlurisentriese taalPortugalRomaanse taleSpanjeSão Tomé en PríncipeTaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Pieter PieterseVisJackie ChanBlaarAnale seksSistiese fibroseSekelbosMoordvisAfrikaansMuisvoëlBoomDiketoJoão LourençoRob HersovOssewaOlimpiese godeSeeWena NaudéKolitisMusieksimboleVergelykings (taalkunde)OorkruipersAfrikanersOekraïense argitektuurEkostelselSpelerposisies in rugbyVeelpartyhandvesKykNETFraktuurRooilipslangJoodse diasporaDie GelofteXhosaNelson MandelaLipstiek DipstiekTarentaleSeksuele penetrasieVenda (taal)KonkaKonstanteInternetKlankverskynselsBreingewasSeksueel oordraagbare infeksieLianie MayVingerseksGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLys van Griekse mitologiese figureTropiese huisgeitjiePretoriaNic de JagerSiembambaLys van visseWikiquoteHans StrijdomTierboskatVreesLys van hoofstedeHoofpynBrittany Ashton HolmesLettergreepVeganismeBrongitisDiepaartromboseItaliaanse nasionale rugbyspanIntensiewe vormMensKlem-in-die-kaak2002AkademiaKlipspringerDrie-eenheidKrampKwikstertjie🡆 More