Wilhelm Conrad Röntgen (27 Maart 1845 – 10 Februarie 1923) was 'n Duitse fisikus wat op 8 November 1895 die eerste elektromagnetiese-bestraling in die golfspektrum, nou bekend as x-strale, geproduseer en waargeneem het.
As erkening vir die ontdekking het hy die eerste Nobelprys vir fisika in 1901 ontvang. In 2004, ter ere van Röntgen se prestasies het die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie element 111, 'n radioaktiewe element met verskeie onstabiele isotope, roentgenium genoem. Die meeteenheid vir die blootstelling van X-strale en gammastrale, roentgen, is ook na hom vernoem. Dit is in 1928 as die eerste internasionale meethoeveelheid vir ioniserende straling aanvaar, maar die Internasionale Komitee vir Gewigte en Metings het die gebruik daarvan nooit aanvaar nie.
Wilhelm Röntgen | |
Wilhelm Röntgen in 1900 | |
Geboortenaam | Wilhelm Conrad Röntgen |
---|---|
Gebore | 27 Maart 1845 Lennep, Ryn-Provinsie, Koninkryk Pruise (tans Remscheid, Noordryn-Wesfale, Duitsland) |
Oorlede | 10 Februarie 1923 (op 77) München, Beiere, Republiek van Weimar |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Fisika, X-straal-astronomie |
Instelling(s) | Universiteit van Straatsburg Universiteit van Hohenheim Universiteit van Gießen Universiteit van Würzburg Universiteit van München |
Alma mater | ETH Zürich Universiteit van Zürich |
Doktorale promotor(s) | August Kundt |
Doktorale student(e) | Herman March Abram Ioffe Ernst Wagner Rudolf Ladenburg |
Bekend vir | X-strale |
Toekennings | Rumford-medalje (1896) Elliott Cresson-medalje (1897) Nobelprys vir fisika (1901) |
Handtekening |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wilhelm Röntgen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.