Vlag Van Thailand

Die nasionale vlag van Thailand (Thai: ธงไตรรงค์ Trairanga, Thong Trairong, Driekleurvlag) is op 28 September 1917 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon vyf horisontale bane in rooi, wit, blou, wit en rooi. Thailand vier sedert 2016 hul nasionale vlagdag op 28 September, en dit is ook ’n openbare vakansiedag in Thailand.

Vlag van Thailand
Vlag van Thailand
Vlag van Thailand
Bynaam (th) Trairanga (ธงไตรรงค์), Thong Trairong), "Driekleurvlag"
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel Nasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 28 September 1917
(gestandaardiseer op 30 September 2017)
Ontwerp Vyf horisontale bane in die rooi, wit, blou, wit en rooi
Ontwerp deur Koning Vajiravudh (Rama VI)
Wisselvormvlag van Thailand
Wisselvormvlag van Thailand
Bynaam (th) ราชนาวี (Thong Ratchanawi), "Koninklike Vaandel"
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 28 September 1917
Ontwerp ’n Rooi skyf met 'n wit olifant in regalia wat op die nasionale vlag gesentreer is.

Simboliek

Van die kleure word gesê dat dit volk-geloof-koning (’n nie-amptelike leuse van Thailand) voorstel, rooi vir die land en die volk, wit vir gelowe en blou vir die monargie. Blou was ook die kleur wat Rama VI gekenmerk het. Die koning het in Julie 1917 oorlog teen Duitsland verklaar; gevolglik is opgemerk dat die vlag dieselfde kleure as dié van Brittanje, Frankryk, Rusland en die Verenigde State gehad het, wat op simpatie met die Geallieerdes gedui het.

Ontwerp

Die Vlagwet van BE 2522 (1979 CE) stipuleer die ontwerp van die vlag as “reghoekig in vorm met in die verhouding van 6 by 9 dele, verdeel in vyf bane deur die wydte van die vlag; met die middelste baan twee dele hoog in donkerblou, die wit bane elk een deel hoog aan weerskante van die blou baan, en die rooi bane elk een deel hoog aan die buitekant van die wit bane. Die Nasionale Vlag sal as die Tri-Rong-vlag bekend staan”.

Vlag Van Thailand 
Konstruksietekening

Kleure

Vlag Van Thailand 
Wapperende vlag van Thailand, kleure tot 2017
Vlag Van Thailand 
Thaise vlae wapper halfstok, kleure tot 2017
Vlag Van Thailand 
Wapperende vlootvaandel van Thailand, kleure tot 2017

Die kleure van die vlag is in ’n aankondiging van die Kantoor van die Eerste Minister aangekondig op 30 September 2017. Dit verskaf aanbevole waardes vir die bepaling van die standaardkleure van fisiese materiaalvlae, soos volg in die CIELAB-kleurruimte onder Ligbron D65 gedefinieer:

Kleur CIELAB D65 In ander kleurmodelle
L* a* b* ΔE* RGB HEX CMYK
Rooi 36.4 55.47 25.42 Hoogstens 1.5 165-25-49 #A51931 C24-M100-Y83-K18
Wit 96.61 -0.15 -1.48 Hoogstens 1.5 244-245-248 #F4F5F8 C3-M2-Y1-K0
Blou 18.63 7.89 -19.45 Hoogstens 1.5 45-42-74 #2D2A4A C87-M85-Y42-K43

Geskiedenis

Die eerste vlag wat vir Siam gebruik is, is waarskynlik ’n effekleurige rooi vlag, vir die eerste keer deur Koning Narai (1656–1688) gebruik. Vlootvlae het later verskillende simbole op die rooi agtergrond gebruik — ’n wit chakra (die Boeddhiste wiel), ’n wit olifant binne die chakra, of ’n wit skyf met ’n son daarbinne.

Die eerste vlag is amptelik in 1855 deur Koning Mongkut (Rama IV) geskep. Dit het ’n wit olifant (’n koninklike simbool) op ’n rooi agtergrond vertoon, aangesien die effekleurige vlag nie uitsonderlik genoeg vir internasionale verhoudinge was nie.

In 1916 is die vlag verander na die huidige ontwerp, maar met die middelste kleur dieselfde as die buitenste baan. Koning Vajiravudh (Rama VI) het die vlag blykbaar tydens ’n vloed onderstebo sien hang. Om te keer dat dit weer gebeur het hy ’n nuwe vlag ontwerp wat simmetries is. In 1917 is die middelste kleur na blou verander, die kleur vir Saterdag, die dag waarop Koning Vajiravudh gebore is. Volgens ander bronne is die blou kleur gekies om solidariteit met die Geallieerde Magte tydens die Eerste Wêreldoorlog, wat ook die kleure blou-rooi-wit in hulle vlae gehad het, te toon.

Vorige vlae

Ander vlae

Die vlootvaandel van Thailand ((th) ธงราชนาวี) is in 1917 aangeneem. Dit is soortgelyk aan die nasionale vlag, maar het ’n rooi skyf in die middel wat strek tot by die rooi bane aan die bo- en onderkant. In die skyf is ’n wit olifant, in volle mondering, wat in die rigting van die vlagpaal staan. Die handelsvlag van Thailand ((th) ธงฉาน) is ook in 1917 aangeneem. Dit is die nasionale vlag wat die embleem van die Koninklike Thailandse Vloot in die middel het. Die ontwerp van die regimentele kleure van RTN is dieselfde as dié van die vlag.

Soortgelyke vlae

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Vlag Van Thailand SimboliekVlag Van Thailand OntwerpVlag Van Thailand GeskiedenisVlag Van Thailand Ander vlaeVlag Van Thailand Soortgelyke vlaeVlag Van Thailand VerwysingsVlag Van Thailand BronneVlag Van Thailand Eksterne skakelsVlag Van Thailand191728 SeptemberThai

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkaakGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaJohn Brown (aktivis)KoorsNamibiëMantisCeresKunsmatige algemene intelligensieLenteNiersteenHoenderVlieënde HollanderKewerBorsteVersamelnaamTweede VryheidsoorlogSiya KolisiDieregeluideDoziJosef StalinJapanSkaapBloeddrukEwenaarVolhoubaarheidSwart menseBeeldspraakHoofstadRoesNierDansBeurtkragErfenisGriekwa-AfrikaansDeelteken en umlautNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAntieke EgiptePad na jou hartLongontstekingCradock-4AntisemitismeBraaiLys van kinderspeletjiesStollingsgesteenteDunderm20ste eeuLugbesoedelingBySlag van Cuito CuanavalePenisHage GeingobAborsie in Suid-AfrikaBesnydenisKrampNarsismeVaginaJudaïsmeBrandstofPubliekOseanografieGriekse teaterSnaarinstrumentPolisieOnderwerp (taalkunde)Trappe van vergelykingAnglisismePaarl GimnasiumLys van Afrikaanse rolprenteKamoefleringRekeningkundeSeisoenWaterbesparing in Suid-AfrikaSamestellende afleidingPornografiese subgenresOligopolieBloukraanvoël🡆 More