Vlag Van Rusland

Die nasionale vlag van Rusland is op 11 Desember 1993 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon drie vertikale bane van bo na onder in wit, blou en rooi.

Vlag van Rusland
Vlag van Rusland
Vlag van Rusland
Bynaam (ru) Триколор
(af) Driekleur
Gebruik Burgerlike- en staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 11 Desember 1993
Ontwerp Drie vertikale bane in, van bo na onder, wit, blou en rooi

Simboliek

Hoewel daar verskillende teorieë oor die oorsprong van en die redes vir die keuse van die wit, blou en rooi is, word geeneen amptelik aanvaar as die korrekte weergawe. In die Russiese wetgewing word geen amptelike betekenisse aan die kleure toegeken nie.

Vlag Van Rusland 
Wapen van Moskowië

Volgens een teorie kom die kleure van die wapen van Moskowië wat Sint Joris met ’n wit bewapening en ’n blou mantel, rydend op ’n wit perd, op ’n rooi veld uitbeeld. Volgens ’n ander teorie word hierdie kleure geassosieer met die kleed van die maagd Maria, die beskermvrou van Rusland.

Nog ’n ander interpretasie van die kleure is dat dit die Russiese sosiale stelsel ten tyde van die Russiese Keiserryk simboliseer: die wit stel God voor, die blou stel die keiser voor en die rooi die landbouers en lyfeienes. Dan is daar ook ’n interpretasie dat die kleure saamhang met die belangrikste dele van die Russiese Keiserryk: die wit stel Wit-Rusland voor, die blou stel Klein Rusland (Oekraïne) voor en die rooi stel Groot Rusland (die Russiese kerngebied) voor.

’n Romantiese interpretasie koppel wit aan helderheid en die boonste baan aan die toekoms; tesame dus ’n helder toekoms. Die stel dan ’n bewolkte hede voor en die rooi stel ’n bloedige verlede voor.

Ontwerp

Vlag Van Rusland 
Konstruksietekening

Kleure

Vlag Van Rusland 
Wapperende vlag van Rusland

Die tabel bevat die kleurskemawaardes vir die kleure van die Russiese vlag:

Vlag Van Rusland  Wit Blou Rooi
RGB 255, 255, 255 0, 57, 166 213, 43, 30
Heksadesimaal FFFFFF 0039A6 D52B1E
Pantone Wit 286 C 485 C

Oorsprong

Daar is twee vertellings van die oorsprong van die vlag wat dit verbind met die driekleur wat deur die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande gebruik is; albei is egter spekulatief en die waarheid bly onseker.

Die vroegste vermelding van die vlag was tydens die heerskappy van Aleksei I in 1668 en is verwant aan die konstruksie van die eerste Russiese vlootskip, die Orjol. Volgens een bron het die Nederlandse hoofingenieur van die skip die behoefte aan ’n vlag gehad en ’n versoek aan die Doema gerig om “…te Sy Koninklike Hoogheid te vra (soos die gebruik van ander lande was) welke vlag op die skip vertoon moet word.” Die amptelike antwoord het bloot aangedui dat, aangesien hierdie saak vir die eerste maal voorkom, en hoewel grondmagte (blykbaar verskillende) vlagte gebruik, die tsaar beveel het dat die hoofingenieur se mening oor die saak ingewin moet word, en het spesifiek gevra na die bestaande gebruik in Nederland.

’n Ander vertelling trek die oorsprong van die Russiese vlag terug na tsaar Pieter die Grote se besoek aan Archangelsk in 1693 en 1694. Pieter het ’n lewendige belangstelling in skeepsbou in die Europese styl gehad, wat verskil het van die barge wat in die tyd in Rusland gebou is. In 1693 het Pieter ’n Nederlandse fregat uit Amsterdam bestel. Toe dit in 1694 aangekom het, het die Nederlandse rooi-wit-en-blou banier aan die agterstewe gehang. Pieter het besluit om Rusland se vlootvlag op hierdie banier te skoei en die volgorde van die kleure verander.

Die Nederlandse vlagboek van 1695 deur Carel Allard, wat slegs ’n jaar na Peter se besoek aan Wes-Europa uitgegee is, beskryf die driekleur met ’n tweekoparend met ’n skild op sy bors en ’n goue kroon op albei koppe.

Geskiedenis

In die vlagboek deur Carel Allard wat in 1695 gepubliseer is, word drie vlae vir die tsaar van Moskowië aangetoon. Die driekleur met die tweekoparend met ’n skild op sy bors ’n goue kroon op elke kop, die driekleur met ’n blou skuinskruis en ’n derde in rooi en wit kwarte gedeel met ’n blou kruis daaroor.

Die Russiese driekleur is in 1705 aanvaar as rivierhandelsvlag.

Die kleure van die Russiese vlag is het gedien as inspirasie vir die Pan-Slawiese kleure wat in 1848 deur die Praagse Slawiese Kongres aanvaar is. Slowakye en Slowenië se vlae is soortgelyk aan dié van Rusland maar elk het ’n wapenskild om hulle van mekaar en die Russiese vlag te onderskei.

Op 7 Mei 1883 is die Russiese vlag goedgekeur vir gebruik op land en het die amptelike nasionale vlag geword voor die kroning van tsaar Nikolaas II van Rusland in 1896.

Na die val van die tsaar tydens die Februarie-rewolusie is die vlag steeds gebruik deur die Russiese Voorlopige Regering en is eers verander na die Oktoberrewolusie toe die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek opgerig is. Sedert daardie tydperk is ’n rooi vlag met die afkorting van die nuwe land, “RSFSR” (“РСФСР”) gebruik totdat dit in 1954 vervang is met die universele ontwerp van die Sowjetvlag met ’n blou baan aan die vlagpaalkant. Eers in 1991, na die ontbinding van die Sowjetunie, is die driekleur weer as vlag van die nuwe Russiese Federasie aanvaar. Die huidige vlag is in 1993 effens gewysig in terme van dimensies en is sedert 2000 amptelik.

Variante

’n Variant van die vlag is voor die Eerste Wêreldoorlog vir privaatgebruik deur tsaar Nikolaas II; ’n groot Staatsadelaar op ’n geel veld is aan die skildhoek toegevoeg. Hierdie variant is nooit as amptelike staaatsvlag gebruik nie.

Tor dir Bolsjewiste in 1917 aan bewind gekom het, is die driekleur afgeskaf en ’n definitiewe nuwe vlag is vir die SFSR (een van die samestellende republieke van die Sowjetunie) is in 1954 ingestel, wat die vlag van die republiek was tot en met die val van die Sowjetunie in 1991. Al die Sowjetrepubliekvlae is geskep deur ’n klein dog opmerkbare verandering aan die vlag van die Sowjetunie aan te bring. In hierdie geval was die verandering die toevoeging van ’n vertikale blou baan aan die wapperkant. Die Sowjetontwerp was verskillend; ’n eenvoudige rooi baan met verskillende afkortings van “RSFSR” in die skildhoek.

Die driekleur is tydens die Burgeroorlog deur die anti-kommunistiese magte, bekend as die Witbeweging, gebruik. Dit is in verskeie lande Witemigrante as die Russiese vlag gebruik omdat hulle nie die Bolsjewistiese regering in Moskou as legitiem geag het nie. Die driekleur is in Sowjet-Rusland en emigrantgemeenskappe verbind met ’n simbool van die tradisionele tsaristiese Ortodokse Rusland. Hierdie vlag en die Vlootvaandel van die keiserlike Russiese Vloot is deur anti-kommunistiese Russiese troepe onder Duitse beheer gedurende die Tweede Wêreldoorlog gebruik. Albei vlae kan in ’n paar Ortodokse kerke, wat deur sodanige Russiese gemeenskappe in die Weste opgerig is, gesien word. In die Sowjetunie is hierdie vlag gebruik in die pre-Rewolusionêre tydperk en is dit gesien as ’n historiese vlag, veral na die 1940’s.

Hierdie vlag, eerder as die swart-geel-wit-vlag, is op 22 Augustus 1991 deur Rusland heraangeneem. Hierdie datum word jaarliks as die nasionale vlagdag gevier.

Ander vlae

Die president van Rusland gebruik ’n Presidensiële Standaard ((ru) Штандарт Президента) wat amptelik gedefinieer word as die driekleur met die wapenskild (in hierdie geval die tweekoparend sonder die skild) in die middel. Ander vlae in gebruik in Rusland sluit in:

Vlootvaandel

Die St. Andriesvlag ((ru) Андреевский флаг) het ’n wit agtergrond met twee diagonale bane wat ’n skuinskruis vorm wat met St. Andries verbind word. Die verhouding van die vlag is 2:3 en die wydte van die blou baan is een tiende van die lengte van die vlag.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Rusland SimboliekVlag Van Rusland OntwerpVlag Van Rusland OorsprongVlag Van Rusland GeskiedenisVlag Van Rusland Ander vlaeVlag Van Rusland VerwysingsVlag Van Rusland Eksterne skakelsVlag Van Rusland11 Desember1993Rusland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ron Thompson (akteur)Harry PotterBesoedelingDrinkwatervoorsieningMisdaadDeon MeyerNiemetaalPapierKoorsLys van Islamitiese feeste en herdenkingsVratSportMateriaalRyno HattinghPornografieNazi-DuitslandBaälSmall HandsAfrican Movement CongressWoordeboek van die Afrikaanse TaalPadtekens in Suid-AfrikaSnoekerGeweldDepressie (gemoedstoestand)Lys van elemente volgens simboolPoësiePinksterSann de LangeEugenetikaAardeTweede WêreldoorlogMIVGroepsdrukGlenys LynneGalblaasMieliestronkProvinsies van Suid-AfrikaChris HaniEpilepsieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)OorstromingAborsie in Suid-AfrikaOlifantLys van medisinale kruieGeldJoe NiemandNatuurlike hulpbronLetterlike en figuurlike taalgebruikGenadedoodKoolhidraatEnsiklopedieVerbondsarkUilDemokrasieAntoniemVermenigvuldigingPrimêre sektor van die ekonomieVars waterSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Impakte van toerismeAngolese BurgeroorlogLettergreepSteve BikoAktuarisSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureRooikatPiet ByleveldIngenieursweseSendelingposisieEwenaarNarsistiese persoonlikheidsteuringKoringPieter DuvenageKortverhaalBees🡆 More