Die koorsboom (Vachellia xanthophloea) is inheems aan Eswatini, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe is.
In Suid-Afrika kom dit in die provinsies KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Die boom se FSA-nommer is 189.
Koorsboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Vachellia |
Spesie: | V. xanthophloea |
Binomiale naam | |
Vachellia xanthophloea (Benth.) Banfi & Galasso., (2008) | |
Sinonieme | |
|
Dit is 'n boom wat tot 25 meter hoog kan groei. Die hoogste koorsboom in Suid-Afrika is egter 30,5 m hoog en staan op die plaas Antonvilla in die distrik Musina (volgens die eerste verslag: Operasie Boomreuse – 1971). Die baskleur is lemmetjiegroen tot geelgroen en is glad met 'n geel poeier op die oppervlakte. Die boom het lang, reguit dorings wat in pare voorkom. Die boom het dubbelveervormige, saamgestelde blare.
Vroeë pioniers in Suid-Afrika het geglo dat hierdie boom koors veroorsaak, aangesien die mense wat in die gebiede gereis het waar die bome voorkom, koors ontwikkel het. Die bome kom voor in gebiede wat moerasagtig is waar muskiete broei wat malaria dra wat wel die oorsaak van die koors was.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Koorsboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.