Tsarskoje Selo

Tsarskoje Selo (Russies: Ца́рское село́; Tsaardorp) is ’n voormalige paleiskompleks van die keiserlike familie van Rusland.

    Vir ’n artikel oor die dorp sien Poesjkin.

Dit is 26 km suid van Sint Petersburg en is nou deel van die dorp Poesjkin.

Tsarskoje Selo
Die Katharina-paleis en –park.
Tsarskoje Selo
Die Aleksander-paleis.

Geskiedenis

In 1708 het Pieter die Grote die stuk grond aan sy vrou, die toekomstige keiserin Katharina I, geskenk. Sy het die Blagowesjtsjenskaja (Mariaboodskap)-kerk in 1724 daar gebou en die nedersetting se naam na Blagowesjtsjenskoje verander, maar dit was nie lank in gebruik nie.

Dit was Katharina wat dit as ’n landelike woning vir die keiserlike familie begin gebruik het. Haar dogter, Elisabeth, en haar argitek Bartolomeo Rastrelli was grootliks verantwoordelik vir die bou van die Katharina-paleis. Later het Katharina die Grote en haar argitek Charles Cameron die gebou vergroot. Daar is tans twee paleise op die terrein: die Katharina-paleis in ’n Barok-styl met die aangrensende Katharina-park, en die Nieu-klassieke Aleksander-paleis met die aangrensende Aleksander-park.

Teen die einde van die 18de eeu was Tsarskoje Selo ’n gewilde somertuiste van die adellikes. Die regimente van die paleiswag was suid van die dorp gestasioneer op ’n dorp wat Katharina die Grote in die 1770's gestig en Sofia (haar oorspronklike, Duitse naam) genoem het. In 1808 het Sofia en Tsarskoje Selo saamgesmelt en een dorp geword.

In 1811 het tsaar Aleksander I die vooraanstaande liseum daar geopen waar Aleksander Poesjkin een van die eerste studente was. Die dorp sou later, in die Sowjet-tyd, na hom genoem word. Hy het sy graad in 1817 gekry. In die 20ste eeu was die bekende digters Anna Achmatowa en Innokenti Annenski studente daar.

Die dorp het die nywerheidsontwikkelinge van die 19de eeu grootliks vrygespring, hoewel die eerste Russiese spoorlyn in 1837 tussen dié dorp en Sint Petersburg gebou is. In die lente van 1917 is tsaar Nikolaas II en sy gesin in die Aleksander-paleis aangehou. In 1918 het die Bolsjewiste die dorp se naam verander na Detskoje Selo (Kinderdorp) en in 1937 is dit weer hernoem na Poesjkin met die honderdste herdenking van die digter se dood.

Op 17 September 1941 het Nazi-Duitsland die dorp Poesjkin ingeneem en baie van die historiese geboue, monumente en kunswerke verwoes. Die Sowjetunie het die dorp op 24 Januarie 1944 bevry. Ná die oorlog het restourasiewerk aan Tsarskoje Selo begin. Baie kamers in die Katharina-paleis is al gerestoureer, maar werk aan die Aleksander-paleis en die kerk is steeds aan die gang.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Tsarskoye Selo

Verdere leesstof

  • King, Greg. The Court of the Last Tsar. Hoboken: John Wiley & Sons. pp. 559 bladsye. ISBN 978-0-471-72763-7.

Eksterne skakels

30°24′57″O / 59.72333°N 30.41583°O / 59.72333; 30.41583

Tags:

Tsarskoje Selo GeskiedenisTsarskoje Selo VerwysingsTsarskoje Selo Verdere leesstofTsarskoje Selo Eksterne skakelsTsarskoje SeloPoesjkinRuslandRussiesSint Petersburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vergelykings (taalkunde)SonnestelselHeidelberg, GautengBreinvliesontstekingSatellietTuberkuloseRooikatKatoenSebokengKoue OorlogIntensiewe vormLys van visseLieweheersbesieHondsdolheidMuisvoëlNoord-KaapHorlosieDiarreeChatGPTJamie MillerGeelslangPlagiaatHoutGewone kwikkieCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGewone mossieGawes van die Heilige GeesGetalJan BlohmEerste WêreldoorlogVerenigde koninkrykEugène MaraisChrista SteynRobert SobukweKoekie (rekenaarwetenskap)Anel AlexanderRobbeneilandMosesVan Pletzen (musiekgroep)NaaktheidTsoenamiKarlien van JaarsveldDesiré GardnerDemi Lee MooreRuhan du ToitDesimale breukeMadison IvyIslamitiese kalenderAnimeNierversakingRynManSoweto-opstandVaringNazi-DuitslandLys van Suid-Afrikaanse musikantePornografieGeweldNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKwaggaLongPegasus-projekPinkster1945LongontstekingMiskruierMaselsKuifkophoutkapperDomineeSteve BikoSeksposisieNaaldekokerLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsEwenaarGeografie van Suid-AfrikaOrania🡆 More