Ryn: Rivier in Wes-Europa

Die Ryn (Duits: Rhein, Frans: Rhin, Italiaans: Reno, Retoromaans: Rain, Nederlands: Rijn, Latyn: Rhenus) is 'n rivier in Europa met 'n lengte van 1 238,8 kilometer.

Rynrivier
Die Loreley in Rynland-Palts.
Die Loreley in Rynland-Palts.
Die Loreley in Rynland-Palts.
Ryn: Die loop van die rivier, Regterkantse syriviere van die Ryn, Linkerkantse syriviere van die Ryn

Die stroomgebied van die Ryn.

Oorsprong Voorryn en Agterryn (Sankt-Gotthard-Massiv (Switserland
Monding Ryn-delta, Nederland
Noordsee
Stroomgebied Switserland, Oostenryk, Liechtenstein, Duitsland, Frankryk, Nederland
Lengte 1 238,8 km (766 myl)
Oorspronghoogte 2 345 m (7 694 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 2 000 m³/s (70 629 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 185 300 km² (65 637 myl²)
Kaart van die Ryn-bekken in Europa.
Kaart van die Ryn-bekken in Europa.

Die naam Ryn is van Keltiese oorsprong en beteken vloeiend. Tesame met die Donau het die Ryn die grootste gedeelte van die noordelike grens van die Romeinse Ryk gevorm. Die Romeine het die rivier Rhenus genoem. Sedert die antieke tydperk is die Ryn 'n besige waterweg.

Met jaarliks sowat 300 miljoen ton se vrag, wat hier vervoer word, is die Ryn die belangrikste waterweg in Europa. Tagtig persent van alle goedere, wat op Europese waterweë vervoer word, word op Rynskepe gelaai. As waterweg verbind die rivier groot nywerheidsgebiede langs sy oewer met mekaar en bly danksy 'n gesofistikeerde radarstelsel 365 dae per jaar bevaarbaar – selfs in digte mis.

Die Ryn is daarnaas een van die hoofare van Europese kultuur wat die Alpegebied met die Noordsee verbind en oor 'n lang afstand die grenslyn tussen die oorspronklik Romeins-oorheerste gebiede van Suid- en Wes-Europa en streke onder Germaanse invloed vorm. So het die meeste stedelike nedersettings langs die Ryn aan sy linkeroewer ontstaan. Van hul beskeie begin as militêre kampe het hulle gegroei tot vroeg-Christelike biskopsetels en uiteindelik tot Middeleeuse handelspilpunte.

Die loop van die rivier

Sy twee bronriviere, die Vorderrhein (Duits: "Voorryn") en Hinterrhein ("Agterryn"), ontspring in die Sankt-Gotthard-bergmassief (Kanton Graubünden) in die Switserse Alpe.

Ryn: Die loop van die rivier, Regterkantse syriviere van die Ryn, Linkerkantse syriviere van die Ryn 
Die Middelrynvallei het in die 19de eeu 'n trekpleister vir kunstenaars, die sogenaamde Rynromantici, geword. Die landskap is tot Unesco-wêrelderfenis verklaar

Hierna vloei die rivier deur die Bodenmeer na die weste en vorm 'n rukkie die Duits-Switserse grens. Naby Schaffhausen is die Ryn-waterval en naby Basel draai dit na die noorde en kom uit in die vlakte van die Bo-Ryn, waar dit die Frans-Duitse grens vorm. Naby Bingen ontmoet die rivier die Duitse middelgebergte en vorm die pragtige Middelrynvallei. Ná Bonn bereik die Ryn vlakker gebied.

Die Ryn se monding is in Nederland waar die rivier in drie arms vertak, die noordelike Yssel -wat na die Ysselmeer stroom-, die eintlike Ryn en die groter suidelike Waal. Oorspronklik het die Ryn self naby Katwyk in die Noordsee uitgemond, maar vandag is dié Oude Rijn net 'n klein riviertjie, omrede dit in 1122 naby Wijk bij Duurstede afgesluit is. Die meeste water gaan nou deur die Lek en die Waal. Albei dié rivierarms vorm saam met die Maasrivier 'n uitgestrekte delta, die Ryn-Maas-delta, voordat hulle in die nabyheid van Rotterdam in die Noordsee uitmond. Die Waal en die Maas het tot 1904 saamgekom naby Woudrichem en het daar die Merwede of Merwe (Middelnederlands: Merowe) gevorm, wat bekend is van die Afrikaanse van Van der Merwe, maar waarskynlik ook van die Merovinge.

Regterkantse syriviere van die Ryn

  • uit die Swartwoud (Schwarzwald) (van die bron na die noorde):
    • Wutach
    • Wiese
    • Dreisam
    • Elz
    • Kinzig
    • Rench
    • Murg
    • Alb
  • Neckar
  • Main
  • Murg
  • Lahn
  • Wied
  • Sieg
  • Wupper
  • Düssel
  • Ruhr
  • Emscher
  • Lippe

Linkerkantse syriviere van die Ryn

  • Thur
    • Murg
    • Necker
    • Sitter
  • Töss
  • Glatt
  • Aare
  • Birs
  • Ill
  • Nahe
  • Moesel
  • Nette
  • Ahr
  • Erft

Stede langs die Ryn

(L vir stede wat links geleë is, R vir stede wat regs geleë is. Links staan ewe aan "wes" en regs staan ewe aan "oos".)

  • Ilanz
  • Chur
  • Kreuzlingen (L)
  • Konstanz (R)
  • Stein am Rhein
  • Schaffhausen (R)
  • Rheinau
  • Eglisau
  • Kaiserstuhl (Aargau) (L)
  • Waldshut (R)
  • Laufenburg (Baden) (R)
  • Laufenburg (Schweiz) (L)
  • Bad Säckingen (R)
  • Rheinfelden (Baden) (R)
  • Rheinfelden (Schweiz) (L)
  • Basel (L)
  • Kleinbasel (R)
  • Mülhausen (L)
  • Breisach am Rhein (R)
  • Straatsburg (L)
  • Kehl (R)
  • Karlsruhe (R)
  • Wörth am Rhein (L)
  • Germersheim (L)
  • Speyer (L)
  • Ludwigshafen (L)
  • Mannheim (R)
  • Gernsheim (R)
  • Mainz (L)
  • Wiesbaden (R)
  • Rüdesheim am Rhein (R)
  • Bingen (L)
  • Sankt Goarshausen (R)
  • Sankt Goar (L)
  • Boppard (L)
  • Lahnstein (R)
  • Koblenz (L,R)
  • Bendorf (R)
  • Neuwied (R)
  • Weißenthurm (L)
  • Andernach (L)
  • Bad Hönningen (R)
  • Bad Breisig (L)
  • Sinzig (L)
  • Linz am Rhein (R)
  • Remagen (L)
  • Unkel (R)
  • Bad Honnef (R)
  • Bonn (L,R)
  • Königswinter (R)
  • Niederkassel (R)
  • Wesseling (L)
  • Keulen (L,R)
  • Dormagen (L)
  • Monheim am Rhein (R)
  • Düsseldorf (R,L)
  • Neuss, (L)
  • Krefeld-Uerdingen (L)
  • Duisburg (R,L)
  • Rheinberg (L)
  • Wesel (R,L)
  • Xanten (L)
  • Rees (R)
  • Emmerik aan die Ryn (R)
  • Lobith (R)
  • Arnhem (R)
  • Wijk bij Duurstede (R)

In 1122 is die Ryn naby Wijk bij Duurstede afgesluit en sy water het sedert dié tyd deur die Lek sy pad na die see gevind. Aan die Oude Rijn is nog geleë:

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ryn Die loop van die rivierRyn Regterkantse syriviere van die Ryn Linkerkantse syriviere van die Ryn Stede langs die Ryn VerwysingsRyn Eksterne skakelsRynDuitsEuropaFransItaliaansLatynNederlandsRetoromaansRivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Oos-KaapDiamantOu Apostoliese KerkKlinkerPornografieKrygkorDeelwoordKolitisVerenigde State van AmerikaLuiperdKartografieGeloftedagHibernasieEkotoerismeEuropaE-posSteve BikoKlimaatPinksterRelatiwiteitsteorieVrymesselaryBreinvliesontstekingJan van RiebeeckOmtrek, oppervlakte en volumeWoordeboek van die Afrikaanse TaalNierversakingSelfstandige naamwoordElon MuskOrale seksPenisGeskiedenis van die BoererepubliekeGoudkus (streek)GeelsugTsoenamiWikiquoteSpringbokkeWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaGrondwetReënPerdPornhubJeuksiekteViëtnamoorlogWoordMeningsverskil oor aardverwarmingSoutsuurDurbanBosluisbytkoorsRugbySneeuBesoedelingKlankSteenkoolTatoeëermerkKoorsblaarWaatlemoenIdioomOogproblemeKunsmatige intelligensieKnieTienie HollowayHomofoonInvloed van vigs op die ekonomieHokkieDirekte en Indirekte redeGemeenskapThe CranberriesAnglisismeKriekLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LidwoordVerkleinwoordWhatsAppKewerAnale seksSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Tuberkulose🡆 More