Aleksander Poesjkin: Russiese skrywer, dramaturg en digter; een van die belangrikste skrywers van Russiese letterkunde

Aleksander Sergejewitsj Póésjkin (Russies: Александр Серге́евич Пу́шкин luister (hulp·inligting)), wetenskaplike transliterasie: Aleksandr Sergeevič Puškin; 6 Junie 1799 tot 10 Februarie 1837), was ’n Russiese Romantieke skrywer wat beskou word as die grootste Russiese digter en die vader van moderne Russies.

26 Mei] 1799 tot 10 Februarie [O.S. 29 Januarie] 1837), was ’n Russiese Romantieke skrywer wat beskou word as die grootste Russiese digter en die vader van moderne Russies.

Aleksander Poesjkin
Aleksander Poesjkin: Biografie en afkoms, Invloed op die taal, Werke
Portret van Aleksander Poesjkin deur Wasilij Tropinin
Gebore
Aleksander Sergejewitsj Poesjkin

6 Junie 1799
Sterf10 Februarie 1837 (op 37)
Sint Petersburg, Russiese Ryk
NasionaliteitVlag van Rusland Rusland
BeroepDigter, romanskrywer, dramaturg
Bekend virEugene Onegin, Die Kaptein se Dogter, Boris Godoenof, Roeslan en Ljoedmila
EggenootNatalja Poesjkina (1831–1837)
KindersAleksander, Grigori, Maria en Natalja
Ouer(s)Sergei Lwowitsj Poesjkin
Nadezjda Ossipowna Gannibal
Handtekening
Aleksander Poesjkin: Biografie en afkoms, Invloed op die taal, Werke

Hy het voorbrand gemaak vir die gebruik van omgangstaal in sy gedigte en toneelstukke en so ’n storie-styl – drama, romanse en satire gemeng – geskep wat sedertdien met die Russiese letterkunde verbind word en wat ’n groot invloed op latere Russiese skrywers gehad het.

Poesjkin is in Moskou gebore en het op 15-jarige ouderdom sy eerste gedig gepubliseer. Hy is wyd in die letterkundige wêreld erken teen die tyd dat hy aan die Keiserlike Liseum in Tsarskoje Selo gegradueer het. Hy het sosiale hervorming voorgestaan en het in die vroeë 1820's met die regering gebots. Daarvoor is hy na Suid-Rusland verban. Terwyl hy streng deur regeringsensors dopgehou is en nie toegelaat is om te reis en te skryf soos hy wou nie, het hy sy beroemdste toneelstuk, die drama Boris Godoenof, geskryf, maar hy kon dit eers jare later publiseer. Sy rymroman Eugene Onegin het van 1825 tot 1832 in dele verskyn.

Poesjkin en sy vrou, Natalja Nikolajewna Gontsjarow, met wie hy in 1831 getroud is, het later in hoë sosiale kringe beweeg. In 1837, terwyl sy skuld al hoe groter geword het te midde van gerugte dat sy vrou ’n buite-egtelike verhouding het, het Poesjin haar vermeende minnaar, Georges d'Anthès, tot ’n tweegeveg uitgedaag. Poesjkin is noodlottig gewond en het twee dae later gesterf.

Biografie en afkoms

Poesjkin se pa, Sergei Lwowitsj Poesjkin, stam af van ’n vooraanstaande adellike familie en sy ma, Nadezjda Ossipowna Gannibal, van Duitse en Skandinawiese adel.

Haar pa se pa, dus Poesjkin se oupagrootjie, wat deur Pieter die Grote grootgemaak is, was Abram Gannibal, ’n Afrikaan. Volgens een teorie het hy gekom van ’n dorpie met die naam Logon in Noord-Ethiopië (toe bekend as Abissinië). Meer onlangse navorsing toon egter dat hy van Kameroen was. Nadat hy in Frankryk ’n militêre ingenieur geword het, het hy goewerneur van Rewal geword en eindelik hoof van die bou van seeforte en kanale in Rusland.

Poesjkin het vier kinders uit sy huwelik met Natalja gehad: Aleksander, Grigori, Maria en Natalja.

Invloed op die taal

Aleksander Poesjkin word beskou as die vader van die Russiese letterkunde. Hy het nie net die hoogs genuanseerde vlak van taal geskep wat Russiese letterkunde ná hom kenmerk nie, hy het ook die Russiese leksikon aansienlik aangevul. Waar daar gapings in die Russiese woordeskat was, het hy leenwoorde geskep.

Sy ryk woordeskat en hoogs sensitiewe styl is die grondslag van die moderne Russiese letterkunde. Die Russiese letterkunde begin in werklikheid by Poesjkin. Hy het Rusland bekend gestel aan al die Europese letterkundige genres asook ’n groot aantal Wes-European skrywers. Hoewel hy jonk dood is, het hy voorbeelde nagelaat van feitlik elke letterkundige genre van sy tyd: die liriese gedig, die roman, die kortverhaal, die drama, die kritiese essay en selfs die persoonlike brief. Sy werke het feitlik al die skrywers ná hom beïnvloed, van Leo Tolstoi tot Maksim Gorki.

Werke

Aleksander Poesjkin: Biografie en afkoms, Invloed op die taal, Werke 
Gedenkteken vir Poesjkin in Sjanghai, China

Baie van sy werke word as meesterstukke beskou, soos die gedig Die Brons Ruiter en die drama Die Klipgas, ’n verhaal oor die val van Don Juan. Sy poëtiese kort drama Mozart en Salieri was die inspirasie vir Peter Shaffer se Amadeus.

Poesjkin se werke het ook materiaal verskaf vir onder andere Russiese komponiste. Michail Glinka se Roeslan en Ljoedmila is die vroegste belangrike opera wat deur Poesjkin geïnspireer is en ’n mylpaal in die tradisie van Russiese musiek. Pjotr Tsjaikofski se operas Eugene Onegin (1879) en Die Skoppensvrou (1890) het dalk buite Rusland beter bekend geword as Poesjkin se eie werke met dieselfde name. Modest Mussorgsky se grootse Boris Godoenof (twee weergawes, 1868-9 en 1871-2) tel onder die heel beste en oorspronklikste Russiese operas.

Van sy werke sluit in:

    Gedigte
  • 1820 – Руслан и Людмила; Roeslan en Ljoedmila
  • 1820–1821 – Кавказский пленник; Die Gevangene van die Kaukasus
  • 1821–1822 – Братья разбойники; Die Diewebroers
  • 1824 – Цыганы; Die Sigeuners
  • 1825 – Граф Нулин; Graaf Noelin
  • 1833 – Медный всадник; Die Brons Ruiter
    Dramas
  • 1825 – Борис Годунов Boris Godoenof
    • Каменный гость; Die Klipgas
    • Моцарт и Сальери; Mozart en Salieri
    Drama in rymvorm
  • 1825–1832 – Евгений Онегин; Eugene Onegin
    Prosa
  • 1831 – Повести покойного Ивана Петровича Белкина; Die Verhale van Wyle Iwan Petrowitsj Belkin
    • Гробовщик; Die Begrafnisondernemer (kortverhaal)
    • Станционный смотритель; Die Stasiemeester (kortverhaal)
  • 1834 – Пиковая дама; Die Skoppensvrou (kortverhaal)
  • 1836 – Капитанская дочка; Die Kaptein se Dogter (roman)
  • 1837 – Арап Петра Великого; Pieter die Grote se Neger (onvoltooide roman oor sy oupagrootjie)
  • 1837 – Египетские ночи; Egiptiese Nagte (onvoltooide kortverhaal)
    Verhale in digvorm
  • 1831 – Сказка о царе Салтане; Die Verhaal van Tsaar Saltan
  • 1833 – Сказка о рыбаке и рыбке; Die Verhaal van die Visserman en die Vis
  • 1833 – Сказка о мертвой царевне; Die Verhaal van die Dooie Prinses

Verwysings

Verdere leesstof

  • Elaine Feinstein (red.): After Pushkin: versions of the poems of Alexander Sergeevich Pushkin by contemporary poets. Manchester: Carcanet Press; Londen: Folio Society, 1999 ISBN 1-85754-444-7
  • Serena Vitale: Pushkin's button; vertaal uit Italiaans deur Ann Goldstein. New York: Farrar, Straus & Giroux, 1998 ISBN 1-85702-937-2
  • T. J. Binyon: Pushkin: A Biography (Londen: HarperCollins, 2002; ISBN 0-00-215084-0); VSA-uitgawe: New York: Knopf, 2003; (ISBN 1-4000-4110-4).

Eksterne skakels

Tags:

Aleksander Poesjkin Biografie en afkomsAleksander Poesjkin Invloed op die taalAleksander Poesjkin WerkeAleksander Poesjkin VerwysingsAleksander Poesjkin Verdere leesstofAleksander Poesjkin Eksterne skakelsAleksander PoesjkinDigterLêer:Ru-Pushkin.oggOu Styl en Nuwe Styl datumsRomantiekRu-Pushkin.oggRussiesWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WoestynJode in Suid-AfrikaSonenergieReënSamestellende afleidingHipoteseUitwerking van klimaatsveranderingKoolstofMonumentLys van Griekse mitologiese figureInsekKaartLys van visseEkotoerismeSwart menseVier temperamenteMetafoorPlaattektoniekAfrican National CongressParoniemIndo-Europese taleKwikDemi Lee MooreCholesterolOogproblemePêrelWekkerNatriumKrokodilJosef StalinMobutu Sese SekoNatuurbewaringWatersuiweringProteïenNedersettingMangelBaarmoederCarles PuigdemontPoesPortugeesAnilingusAborsieChristus die VerlosserPersoon (taalkunde)Direkte en Indirekte redeAardbewingVoegwoordLidwoordDysselsdorpSeekoeiNederduitsch Hervormde KerkAustraliëBruin menseDolfynBernice WestKlereMaatskappyAnrich HerbstLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSpysverteringstelselSelfstandige naamwoordIsraelLuiperdLiefdeVerenigde State van AmerikaLiesbreukGroepsdrukKolonoskopieVermenigvuldigingLys van nedersettings in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse InkomstediensHolocaustAnglisismePrikkelbaarheid (biologie)HeuningbySelfoonGeskiedenis van AfrikaansTegnologie🡆 More