Christa Steyn

Christa Steyn, gebore Christina Maria Schutte, (15 Junie 1958, Krugersdorp – 11 Junie 2012, Pretoria) was 'n komponis, pianis en Afrikaanse sangeres.

Sy is veral bekend vir haar werk saam met Jannie du Toit (onder andere in die produksie Jannie en die Tannie). Haar komposisies en verwerkings het verskeie kunstenaars, waaronder Anneli van Rooyen, Karin Hougaard en Jan de Wet help vestig.

Christa Steyn
Christa Steyn
Agtergrondinligting
GeboortenaamChristina Maria Schutte
Gebore15 Junie 1958
Krugersdorp, Suid-Afrika
Sterf11 Junie 2012 (op 53)
Wingate Park, Pretoria
Beroep(e)Komponis, musikant en sangeres
InstrumenteStem, klavier
Jare aktief1986–2011
AssosiasiesJannie du Toit
Webwerfchristasteyn.co.za

Biografie

Christa Steyn het by haar ma, Myra Schutte, leer klavier speel. Haar pa was die NG predikant dr. Ben Schutte wat onder andere drie verskillende gemeentes op Potchefstroom bedien het. In 1962, op vierjarige ouderdom, begelei sy reeds haar kleuterskool se koortjie wat Die Oukraalliedjie sing sonder dat haar ma daarvan weet.

Sy studeer musiek by die PU vir CHO en begin met klavierlesse by prof. Pieter de Villiers. Sy sukkel aanvanklik met musiekteorie, maar slaag haar teorie-eksamen in 1972 met lof.

In 1973 wen sy die Collegium Musicum-kompetisie vir 3 agtereenvolgende jare. In 1981 word haar eerste ses liedjies (as solosanger), onder ander Eerste Liefde en Bly By My, opgeneem. In 1982 en 1984 wen sy Crescendo se komposisieafdeling. In 1986 verskyn haar eerste plaat, Aan die Einde van die Reënboog.

In 1988 word sy as musiekregisseur van Crescendo aangestel waar sy diens doen tot 1993. In 1991 word sy aangestel as die kursusleier van die ATKV se Ligteliedjiewerkskool tot 2000. In 2004 word sy deur die ATKV aangewys as die Afrikaanse Liedjieskrywer van die jaar.

Vanaf 1986 werk sy vir die volgende 25 jaar as pianis en medekunstenaar saam met Jannie du Toit op die verhoog, in ateljees en as medeskrywer van liedjies. Hulle besoek saam 25 lande en tree in 21 van die lande op. Hulle gewildste verhoogproduksies sluit in Blik en Snaar (1986), Skadu's teen die muur (1992), De Kleine Man (1994), Musiek en Repliek – Klas van '79 (saam met Lucas Maree, 1999), De Kleine Man Spoorloos (2000), Nagkantoor (saam met verskeie ander kunstenaars onder regié van Sandra Prinsloo en met 'n teks van PG du Plessis, 2004), Jannie en die Tannie (2006), Hartsnaar (saam met haar seun, Douw Steyn, Mariëtte Galjaard en Werner Spies, 2008), Houtkruis (saam met verskeie kunstenaars, 2008) en Brel in Brooklyn (saam met Laurika Rauch en Sergio Zampolli, 2010).

Christa is op 11 Junie 2012 oorlede nadat sy byna presies 'n jaar vroeër met kanker gediagnoseer is.

Diskografie

  • Jannie en die Tannie, Twee Musikante – 20 Jaar DVD, 2005/2006 SELECT
  • My Treffers, 2004 EMI
  • Christa speel die "oldies", 2002
  • Rondo, 1999 ANZ/JNS
  • Baroque for Babies, 1997/1999
  • Strykers vir Snuiters kompilasie, 1996/1998 EMI
  • Christa speel die Meesters, 1996 JNS
  • Burlesque, 1994 JNS
  • Spirit of Ecstasy, 1989 JNS/BRIGADIERS
  • Christa Steyn TC/LP, 1987 VENUS
  • Neem My Hand My Vriend / Dapper Vrou 7", 198? VENUS
  • Aan Die Einde Van Die Reënboog TC/LP, 1986

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Christa Steyn BiografieChrista Steyn DiskografieChrista Steyn VerwysingsChrista Steyn Sien ookChrista Steyn Eksterne skakelsChrista Steyn11 Junie15 Junie19582012AfrikaansAnneli van RooyenJan de WetJannie du ToitKarin HougaardKlavierKomponisKrugersdorpPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Venda (taal)KaapstadKoos BekkerShine4Peach van PletzenGeldKambriese ontploffingLys van Suid-Afrikaanse T20I-krieketspelersGavin NewsomGeelsugOu Apostoliese KerkVlag van ArmeniëKykNETBorsteWikimedia-stigtingMusieksimboleVigsMuisvoëlEkonomie van Suid-AfrikaKlas (biologie)Kaapse AfrikaansTswanaBybelvertalingGuillain-Barré-sindroomSpekboomPlat AardeEjakulasieBoomAfrikaanse Protestantse KerkVoornaamwoordAfrikaanse woordelys en spelreëlsWes-KaapSiekteGeotermiese energieOu Cyrilliese alfabetBoeremusiekOnderwysBredasdorpKoggelmanderWhatsAppWladimir PoetinGroot vyfLewerTrigeminale neuralgieDuitsHoofkarakterDeon GrootLionel PetersonSydney SweeneyEucalyptusSuid-Afrikaanse randGewone luislangMensXhosaLys van argaïsmesOlienhoutAntjie SomersLeah van NiekerkMenseregteBelastingEkostelselAfrikaanse WikipediaRudi ClaaseIdioomKokerboomAartappelBipolêre gemoedsteuringSeksueel oordraagbare infeksieDie ontstaan van die dramaTropiese huisgeitjieWebblaaierDigvormBouwer BoschSelfstandige naamwoord🡆 More