Mariaboodskap

Die fees Mariaboodskap of Verkondiging van die Here (Latyn: Annuntiatio Domini), ook Annunsiasie (afgelei van die Latynse naam), is die Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse herdenking van die verkondiging deur die aartsengel Gabriël aan die Maagd Maria, dat sy swanger en die moeder van Jesus (volgens Christene die Joodse Messias en Seun van God) sal word, wat Jesus se menswording aandui.

    Hierdie artikel handel oor die verkondiging dat Maria die moeder van Jesus sal word. Moenie verwar word met Onbevlekte Ontvangenis van Maria deur haar ouers nie.

Gabriël het vir Maria opdrag gegee om haar seun Jesus, letterlik "JHWH is verlossing", te noem.

Mariaboodskap
Die Verkondiging (1472–1475), skildery deur Leonardo da Vinci (1452–1519)
Mariaboodskap
Die Verkondiging (1655–1660), skildery deur Murillo (1617–1682), Hermitage, Sint Petersburg

Volgens die Evangelie volgens Lukas 1:26 het die aankondiging "in die sesde maand" van Elizabet se swangerskap met Johannes die Doper plaasgevind. Baie Christene herdenk hierdie gebeurtenis met die Fees van die Verkondiging op 25 Maart, nege maande voor Kersfees, 'n benadering aan die noordelike dag-en-nag-ewening in die lente, nege volle maande voor Kersfees, die seremoniële geboortedag van Jesus. Saam met die Mariaboodskap het pous Sergius I die Mariafeeste Mariageboorte, Marialigmis en Mariahemelvaart ingestel.

Die Aankondiging is 'n belangrike onderwerp in die Christelike kuns, maar ook in die Mariaanse kuns van die Rooms-Katolieke Kerk, veral van die Middeleeue en Renaissance. 'n Kunswerk wat die Aankondiging uitbeeld, word soms self Aankondiging genoem. Tientalle kerke is aan die leerstelling van Mariaboodskap gewy.

In die Koran

Die Verkondiging word ook in die Koran beskryf, in Soera 3:44.

44 Toe die engele gesê het: O Maria! Waarlik, Allah stuur u ’n blye tyding met ’n woord van Hom oor een wie se naam die Messias sal wees, Jesus, die Seun van Maria, geëerd in hierdie wêreld en in die Hiernamaals, en hy sal onder húlle wees wat in Allah se nabyheid sal vertoef.

Soera 19:17 verwys ook na die Verkondiging.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ChristeneGabriëlGodJHWHJesus van NasaretLatynMariaMessiasOosters-Ortodokse KerkRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DonderstormNelson MandelaBokmakierieSkaapAnton GoosenVlekvrye staalSamestellingSeekoeiKindersiektesOligopolieDroomMielieTsoenamiJan-Willem BreureDemi Lee MooreGeelsugMaatskappyKankerAfrikaanse Protestantse KerkGetalSwaweldioksiedAdolessensieKoue OorlogFiksieWatersuiweringHerfsVersamelnaamVarkgriepVaalrivierAprilJudaïsmeSelfoonVaginale kankerOrthopteraMaagdelikheidAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWinterAnrich HerbstBalletMaagWater (molekuul)HamerkopMaselsStaatstoelaeJeuksiekteAardedagSkerpioenGNU/FDL-lisensieDieregeluideGrondbesoedelingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Michael JacksonKrugerwildtuinKliniese depressieWaterstofBesoedelingCheslin KolbeEnsiklopedieElektriese geleierVerkleurmannetjieAardbewingMaanErektiele disfunksieNag van die lang messeDesmond TutuEpilepsieBonné de BodKernkragLionel MessiWikiquoteAnneli van RooyenBetonKonsentrasiekampMartin Luther King jr.Rivier🡆 More