T20I-Wêreldbeker

Die T20I-wêreldbeker (Engels: ICC T20 World Cup) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die twee jaar gehou word om die T20I-krieketwêreldkampioen te bepaal.

Dié toernooi is die tweede belangrikste en tweede bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.

T20I-wêreldbeker
T20I-wêreldbeker 2024
Sportsoort T20I-krieket
Gestig 2007
Eienaar Internasionale Krieketraad
Inwydingseisoen T20I-wêreldbeker 2007
Deelnemende lande wêreldwyd
Aantal spanne 20
Mees onlangse kampioen Vlag van Engeland Engeland (2022)
Verwante kompetisies Kampioenetrofee, Krieketwêreldbeker, o/19-krieketwêreldbeker, Wêreldtoetskampioenskap
T20I-Wêreldbeker
Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s in Londen

Tot op hede is agt toernooie uitgespeel en net Engeland en Wes-Indië het dié toernooi twee keer gewen. Die eerste T20I-wêreldbeker 2007 in Suid-Afrika is gewen deur Indië, nadat hulle Pakistan in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland is gewen deur die vorige naaswenner Pakistan wat Sri Lanka in die eindstryd op Lord’s geklop het. Die T20I-wêreldbeker 2010 in die lande van Wes-Indië is gewen deur Engeland, nadat hulle in die eindstryd op Barbados se Kensington-ovaal Australië geklop en sodoende hul eerste internasionale titel ingepalm het. Die T20I-wêreldbeker 2012 was die eerste in Asië met al die wedstryde wat in Sri Lanka aangebied is. Wes-Indië het met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd verslaan en sodoende hul eerste titel sedert die Kampioenetrofee 2004 ingepalm het. Die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj is gewen deur Sri Lanka, nadat hulle die eerste span geword het om in drie eindstryde te verskyn en Indië verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië is gewen deur Wes-Indië, nadat hulle Engeland verslaan en sodoende die eerste span geword het om om dié toernooi twee keer te wen. Die T20I-wêreldbeker 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate is gewen deur Australië, nadat hulle Nieu-Seeland verslaan het. Engeland is die huidige T20I-kampioen, nadat hulle in die T20I-wêreldbeker 2022 se eindstryd Pakistan verslaan en hul tweede T20I-titel ingepalm het.

In die agt kampioenskappe wat al aangebied is, het ses lande reeds die titel ingepalm. Engeland en Wes-Indië het al ’n rekord van twee keer gewen. Australië, Indië, Pakistan en Sri Lanka het elk een titel ingepalm. Daarbenewens het Bangladesj, Nieu-Seeland en Suid-Afrika aan al die T20I-wêreldbekertoernooie deelgeneem, maar hulle kon dit tot op hede nie wen nie.

Uitslae

Jaar Gasheerland(e) Eindstrydplek Eindstryd
Wenner Uitslag Naaswenner Deelnemende lande
2007
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Suid-Afrika Wanderersstadion, Johannesburg,
Suid-Afrika
T20I-Wêreldbeker  Indië
157/5 (20 boulbeurte)
Indië wen met vyf lopies
Telkaart
T20I-Wêreldbeker  Pakistan
152 almal uit (19.4 boulbeurte)
12
2009
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Engeland Lord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
T20I-Wêreldbeker  Pakistan
139/2 (18.4 boulbeurte)
Pakistan wen met agt paaltjies
Telkaart
T20I-Wêreldbeker  Sri Lanka
138/6 (20 boulbeurte)
12
2010
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Wes-Indië Kensington-ovaal, Bridgetown,
Barbados
T20I-Wêreldbeker  Engeland
148/3 (17 boulbeurte)
Engeland wen met sewe paaltjies
Telkaart
T20I-Wêreldbeker  Australië
147/6 (20 boulbeurte)
12
2012
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Sri Lanka R. Premadasa-stadion, Colombo,
Sri Lanka
T20I-Wêreldbeker  Wes-Indië
137/6 (20 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 36 lopies
Telkaart
T20I-Wêreldbeker  Sri Lanka
101 almal uit (18.4 boulbeurte)
12
2014
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Bangladesj Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion, Dhaka,
Bangladesj
T20I-Wêreldbeker  Sri Lanka
134/4 (17.5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met ses paaltjies
Telkaart
T20I-Wêreldbeker  Indië
130/4 (20 boulbeurte)
16
2016
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Indië Eden Gardens, Kolkata,
Indië
T20I-Wêreldbeker  Wes-Indië
161/6 (19.4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met vier paaltjies
Telkaart
T20I-Wêreldbeker  Engeland
155/9 (20 boulbeurte)
16
2021
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Oman
T20I-Wêreldbeker  Verenigde Arabiese Emirate
Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai,
Verenigde Arabiese Emirate
T20I-Wêreldbeker  Australië
173/2 (18.5 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies
Telkaart
T20I-Wêreldbeker  Nieu-Seeland
172/4 (20 boulbeurte)
16
2022
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Australië Melbourne-krieketveld, Melbourne,
Australië
T20I-Wêreldbeker  Engeland
138/5 (19 boulbeurte)
Engeland wen met vyf paaltjies
Telkaart
T20I-Wêreldbeker  Pakistan
137/8 (20 boulbeurte)
16
2024
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Verenigde State
T20I-Wêreldbeker  Wes-Indië
20
2026
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Indië
T20I-Wêreldbeker  Sri Lanka
20
2028
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Australië
T20I-Wêreldbeker  Nieu-Seeland
20
2030
Oorsig
T20I-Wêreldbeker  Engeland
T20I-Wêreldbeker  Ierland
T20I-Wêreldbeker  Skotland
20

Statistiek

Eerste rondte (ER), Gekwalifiseer (G)
Kwarteindrondte (KE), Super 6 (S6), Super 8 (S8), Super 10 (S10) of Super 12 (S12)
Halfeindrondte (HE)
Naaswenner (2)
Wenner (1)
nie 'n lid van die IKR nie
Span T20I 2007 T20I 2009 T20I 2010 T20I 2012 T20I 2014 T20I 2016 T20I 2021 T20I 2022 T20I 2024 T20I 2026 T20I 2028 T20I 2030 Deelnames
T20I-Wêreldbeker  Afghanistan ER ER ER S10 S12 S12 G 6
T20I-Wêreldbeker  Australië HE ER 2 HE S10 S10 1 S12 G G 8
T20I-Wêreldbeker  Bangladesj S8 ER ER ER S10 S10 S12 S12 G 8
T20I-Wêreldbeker  Engeland S8 S8 1 S8 S10 2 HE 1 G G 8
T20I-Wêreldbeker  Hongkong ER ER 2
T20I-Wêreldbeker  Ierland S8 ER ER ER ER ER S12 G 7
T20I-Wêreldbeker  Indië 1 S8 S8 S8 2 HE S12 HE G G 8
T20I-Wêreldbeker  Kenia ER 1
T20I-Wêreldbeker  Namibië S12 ER 2
T20I-Wêreldbeker  Nederland ER S10 ER ER S12 G 5
T20I-Wêreldbeker  Nepal ER 1
T20I-Wêreldbeker  Nieu-Seeland HE S8 S8 S8 S10 HE 2 HE G G 8
T20I-Wêreldbeker  Oman ER ER 2
T20I-Wêreldbeker  Pakistan 2 1 HE HE S10 S10 HE 2 G 8
T20I-Wêreldbeker  Papoea-Nieu-Guinee ER 1
T20I-Wêreldbeker  Skotland ER ER ER S12 ER G 5
T20I-Wêreldbeker  Sri Lanka S8 2 HE 2 1 S10 S12 S12 G G 8
T20I-Wêreldbeker  Suid-Afrika S8 HE S8 S8 HE S10 S12 S12 G 8
T20I-Wêreldbeker  Verenigde Arabiese Emirate ER ER 2
T20I-Wêreldbeker  Verenigde State G 0
T20I-Wêreldbeker  Wes-Indië ER HE S8 1 HE 1 S12 ER G 8
T20I-Wêreldbeker  Zimbabwe ER ER ER ER ER S12 6
Deelnemers 12 12 12 12 16 16 16 16 20 20 20 20

Eerste deelnames

Jaar Spanne
2007 T20I-Wêreldbeker  Australië, T20I-Wêreldbeker  Bangladesj, T20I-Wêreldbeker  Engeland, T20I-Wêreldbeker  Indië, T20I-Wêreldbeker  Kenia, T20I-Wêreldbeker  Nieu-Seeland, T20I-Wêreldbeker  Pakistan, T20I-Wêreldbeker  Skotland, T20I-Wêreldbeker  Sri Lanka, T20I-Wêreldbeker  Suid-Afrika, T20I-Wêreldbeker  Wes-Indië en T20I-Wêreldbeker  Zimbabwe
2009 T20I-Wêreldbeker  Ierland en T20I-Wêreldbeker  Nederland
2010 T20I-Wêreldbeker  Afghanistan
2012 geen
2014 T20I-Wêreldbeker  Hongkong, T20I-Wêreldbeker  Nepal en T20I-Wêreldbeker  Verenigde Arabiese Emirate
2016 T20I-Wêreldbeker  Oman
2021 T20I-Wêreldbeker  Namibië, T20I-Wêreldbeker  Papoea-Nieu-Guinee
2022 geen
2024 T20I-Wêreldbeker  Verenigde State
2026 N.v.t.
2028 N.v.t.
2030 N.v.t.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


T20I-wêreldbeker T20I-Wêreldbeker 

Suid-Afrika 2007Engeland 2009Wes-Indië 2010Sri Lanka 2012Bangladesj 2014Indië 2016Oman / Verenigde Arabiese Emirate 2021Australië 2022Verenigde State / Wes-Indië 2024Indië / Sri Lanka 2026Australië / Nieu-Seeland 2028Engeland / Ierland / Skotland 2030

Tags:

T20I-Wêreldbeker UitslaeT20I-Wêreldbeker StatistiekT20I-Wêreldbeker Eerste deelnamesT20I-Wêreldbeker Sien ookT20I-Wêreldbeker VerwysingsT20I-Wêreldbeker Eksterne skakelsT20I-WêreldbekerEngelsInternasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKrieketKrieketwêreldbekerTwintig20

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloutongsiekteOu Apostoliese KerkMeeueSatellietLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaGeweldPolisieLondenSeptimius AwardsPad na jou hartMartin Luther King jr.KrugerwildtuinAfrikanersMagnesiumEngelsVoornaamwoordAsemhaling16 NovemberSwangerskapHondSamestellingVlekvrye staalAfleiding (taalkunde)VormSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieElektrolietAardverwarmingMorfeemSeksGawes van die Heilige GeesBelastingDie Stem van Suid-AfrikaLong22 NovemberPropagandaIngrid JonkerMagnetismeOlimpiese SpeleKoppeltekenKrimpvarkieLys van Afrikaanse skrywersEerste WêreldoorlogDigtheidTuisbladMielieAbstraksie (rekenaarwetenskap)ProteïenEskomSendelingposisieBreinkaartAnneli van RooyenGeboorteNatuurrampKangaroeFotosinteseGoudkus (streek)GroepsdrukDrinkwatervoorsieningKersfeesJohannesburgBronsVingerseksNedersettingHidroëlektrisiteitLys van chemiese elemente volgens atoomgetalArendNatuurbewaringWoordSaartjie BaartmanGroot TrekKhoikhoiSoogdierSkoolErfenisdag (Suid-Afrika)🡆 More