Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan

Die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan (Engels: Papua New Guinea national cricket team), met die bynaam Barramundis, is die nasionale krieketspan wat Papoea-Nieu-Guinee in internasionale krieket verteenwoordig.

Hulle word bestuur deur Krieket PNG (CPNG, van Engels: Cricket PNG) en het in 1973 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword. Ná hul vierde plek tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 is aan Papoea-Nieu-Guinee EDI-status toegeken. In Maart 2018 het Papoea-Nieu-Guinee beide hul EDI- en T20I-status verloor, nadat hulle in die uitspeelwedstryd van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 deur Nepal verslaan is, waardeur hul opponent op sy beurt EDI- en T20I-status ontvang het. Op 26 April 2019 het Papoea-Nieu-Guinee in die eindstryd van die Wêreldkrieketliga se afdeling twee Oman verslaan en sodoende in die vierde plek geëindig en hul EDI-status herwin.

Papoea-Nieu-Guinee
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan
Kenteken van die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan
BynaamBarramundis
KonferensieKrieket PNG (CPNG)
Personeel
KapteinAssad Vala
AfrigterVlag van Italië Carl Sandri
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1973)
IKR-streekOos-Asië-Pasifiek
IKR-ranglys Tans Beste rang tot dusver
EDI20ste16de (23 Mei 2019)
T20I22ste15de (9 September 2016)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Hongkong Hongkong op Riverway-stadion, Townsville; 8 November 2014
Laaste EDIt Vlag van Kanada Kanada op United Ground, Windhoek; 5 April 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel6614/51 (21,21%)
(1 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar133/10
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
10 (eerste in 1979)
Beste uitslag3de plek (in 1982)
Kampioenetrofee-verskynings0/8
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Ierland Ierland op Stormont, Belfast; 15 Julie 2015
Laaste T20It Vlag van Japan Japan op Aminipark, Port Moresby; 29 Julie 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel4927/21 (55,10%)
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar66/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings1/8 (eerste in 2021)
Beste uitslagEerste rondte (in 2021)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2012)
Beste uitslagKampioen (in 2023)
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan
EDI-klere

Papoea-Nieu-Guinee is die sterkste span sonder toetsstatus in die IKR Oos-Asië-Pasifiek-streek en hulle het die meeste plaaslike IKR-toernooie gewen en beskik oor ’n soortgelyke rekord in die Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi. Die span het ook aan elke Krieketwêreldbekerkwalifisering (voorheen die IKR-trofee genoem) deelgeneem, maar nog nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer nie. Papoea-Nieu-Guinee hou die wêreldrekord vir die hoogste telling in ’n EDI-wedstryd, nadat hulle in 2007 572/7 teen Nieu-Kaledonië aangeteken het.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Papoea-Nieu-Guinee ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Papoea-Nieu-Guinee is tans (Julie 2023) 20ste op die eendagranglys en 22ste op die Twintig20-wêreldranglys.

Beheerliggaam

Krieket PNG (Engels: Cricket PNG, CPNG) is in 1972 gestig en verantwoordelik vir die reëling van krieket in Papoea-Nieu-Guinee. In 1973 het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit. Talle nasionale spelers vervul verskeie rolle by die beheerliggaam.

Krieket PNG bestuur al die Papoea-Nieu-Guinee-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is CPNG verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Papoea-Nieu-Guinese span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Papoea-Nieu-Guinee oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis

Voor hul IKR-toetrede

Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan 
’n Krieketwedstryd op Kwato-eiland, Papoea-Nieu-Guinee, ca. 1905

Krieket is in die 1890’s deur Christelike predikante uit Engeland na die Territorium Papoea saamgebring. Dit is opgeneem deur verskeie inheemse stamme wat dit in hul eie variante beoefen het, waarby spanne met meer as vyftig spelers algemeen was. In die kolonie Duits-Nieu-Guinee was krieket egter heeltemal onbekend. Daar het die sport eers ’n verskyning begin maak, toe Australië in 1920 die Territorium Nieu-Guinee as ’n Volkebond-mandaat begin administreer het.

Sedertdien word krieket in landelike gebiede veral deur die inheemse bevolking uitgeoefen, terwyl dit in stedelike gebiede soos Port Moresby veral deur Britse en Australiese emigrante gespeel word. In 1937 is ’n toernooi vir klubs in dié stad van stapel gestuur. In 1972 is die eerste amptelike wedstryd op internasionale vlak teen ’n Australiese keurspan op Aminipark in Port Moresby gespeel. Vir Papoea-Nieu-Guinee het nege emigrante uit Australië en die Verenigde Koninkryk en twee inheemse spelers verskyn. Die dorp Hanuabada naby Port Moresby het in die sentrum van Papoea-Nieu-Guinese krieket ontwikkel, wat sedertdien baie spelers vir die nasionale span oplewer.

IKR-lidmaatskap en eerste wêreldbekerkwalifiseringstoernooie

In 1972 is die beheerliggaam Krieket PNG as Papoea-Nieu-Guinese Krieketbeheerraad (Engels: Papua New Guinea Cricket Board of Control, PNGCBC) gestig en dit het een jaar later ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword. Ná die land se onafhanklikheidswording in 1975 het die wêreldkampioen Wes-Indië op pad na Australië Papoea-Nieu-Guinee vir twee wedstryde besoek. Vir die gasheer het ses inheemse spelers verskyn en sedertdien word die span, wat die bynaam Barramundis dra, deur hulle oorheers.

Vir die eerste Krieketwêreldbeker 1975 is Papoea-Nieu-Guinee nie genooi nie. Die Papoeane het hul eerste internasionale verskyning gemaak tydens die IKR-trofee 1979 wat as kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 1979 gedien het. Hulle is egter in die eerste rondte uitgeskakel en het die hooftoernooi misgeloop. In dieselfde jaar het hulle tydens die eerste Suid-Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi die goue medalje gewen en sedertdien elke keer met dié medalje weggestap. Ná ’n toer na Australië in 1981 het Papoea-Nieu-Guinee tydens die IKR-trofee 1982 derde geëindig, nadat hulle in die halfeindstryd teen Bermuda verloor het, maar in die uitspeelwedstryd Bangladesj verslaan het. Nogtans het hulle die Krieketwêreldbeker 1983 misgeloop.

Tydens die IKR-trofee 1986 het Papoea-Nieu-Guinee weer versuim om vanaf die eerste rondte te vorder en sodoende die Krieketwêreldbeker 1987 misgeloop, hoewel die span teen Gibraltar die rekord vir die hoogste telling in die toernooigeskiedenis aangeteken het, toe hulle in hul eie beurt 455/9 opgestel en die wedstryd met 369 lopies gewen het. Hulle het daarvan herstel en die Suid-Stille-Oseaan-spele se kriekettoernooi die volgende jaar in Nieu-Kaledonië gewen. Tydens die IKR-trofee 1990 in Nederland het hulle die tweede rondte gehaal, maar nogtans die Krieketwêreldbeker 1992 misgeloop. Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi op eie bodem het hulle die goue medalje ingepalm.

Tydens die IKR-trofee 1994 in Nairobi het Papoea-Nieu-Guinee die “plate-eindstryd” (uitspeelwedstryd tussen die eerste rondte se derde en vierde spanne) gehaal, maar nie in dié wedstryd verskyn nie, nadat hul beheerliggaam reeds die vlug huis toe bespreek het, omdat hulle nie ’n kwalifisering verwag het nie. Om dié rede is die nasionale span uit die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 1996 geskakel. Dit is ’n algemene probleem vir Papoea-Nieu-Guinee, aangesien vlugte van en na die land net ongereeld voorkom. Die Papoeane het ook die AKR-trofee 1998 in Nepal vroeg verlaat, nadat hulle hul eerste twee wedstryde verloor en sodoende hul wedstryd teen die Maledive misgeloop het, omdat hulle andersins meer as ’n week vir die volgende vlug sou moes gewaag het. As gevolg daarvan het hulle selde oorsese toere buite amptelike internasionale toernooie onderneem, noemenswaardige uitsonderinge is ’n besoek aan Fidji in 1977, ’n toer na Hongkong in die vroeë 1980’s en die 1981-toer na Australië.

Moderne tydperk

Die AKR-trofee 1996 in Kuala Lumpur het vir Papoea-Nieu-Guinee ’n nuwe kans van internasionale deelname meegebring. Hulle het tot die halfeindstryd gevorder, maar hulle is deur Bangladesj verslaan. In 1998 het hulle weer aan dié toernooi deelgeneem, maar dit vroeg verlaat. Sedert die stigting van die IKR Oos-Asië-Pasifiek-ontwikkelingsstreek in 1996 het hulle nie meer aan die toernooi deelgeneem nie, aangesien hulle dienooreenkomstig die Asiatiese Krieketraad verlaat het. Sedert hul oorskakeling word die span as die sterkste in Oos-Asië-Pasifiek na die twee toetslande Australië en Nieu-Seeland beskou. Tussen die twee AKR-trofeë het Papoea-Nieu-Guinee tydens die IKR-trofee 1997 in die 13de plek geëindig, wat nie genoeg was om vir die Krieketwêreldbeker 1999 te kwalifiseer nie. Tydens die IKR-trofee 2001 in Ontario het die Papoeane versuim om vanaf die eerste rondte te vorder en sodoende die Krieketwêreldbeker 2003 misgeloop. Tydens die Pacifica-beker 2001 het hulle in die derde plek geëindig, en die Pacifica-beker 2002 het hulle met ’n oorwinning teen Tonga in die eindstryd beklink.

Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele 2003 se kriekettoernooi het Papoea-Nieu-Guinee weer die goue medalje ingepalm en in die uitspeelwedstryde vir die IKR-trofee 2005 het hulle in die eindstryd Fidji verslaan. Daarmee het die Papoeane vir die IKR-trofee 2005 gekwalifiseer, waar hulle slegs in die elfde plek geëindig en sodoende die Krieketwêreldbeker 2007 misgeloop het. Tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling drie in Darwin het die Papoeane in die derde plek geëindig. Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele 2007 se kriekettoernooi het hulle weer goud gewen. Tydens dié toernooi het hulle in die eendaagse wedstryd teen Nieu-Kaledonië ’n rekordtelling van 572/7 aangeteken.

In laat Januarie 2009 het Papoea-Nieu-Guinee vir die Wêreldkrieketliga se afdeling drie die Argentynse hoofstad Buenos Aires besoek, waar hulle die gasheer, die Kaaimanseilande, Uganda en die beste twee spanne van die Wêreldkrieketliga 2008 se afdeling vier – Afghanistan en Hongkong – ontmoet het. Dié toernooi se beste twee spanne kon vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering later die jaar in Suid-Afrika kwalifiseer, waarvandan hulle vir die Krieketwêreldbeker 2011 kon kwalifiseer. Die Papoeane het die kwalifisering net naelskraap misgeloop en weens hul swakker lopietempo in die derde plek na Afghanistan en Uganda geëindig (Afghanistan met +0.971, Uganda met +0.768 en Papoea-Nieu-Guinee met +0.665).

In April 2011 het die Papoeane aan die Wêreldkrieketliga se afdeling drie in die Verenigde Arabiese Emirate deelgeneem en in die derde plek geëindig, waarmee hulle vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 in Nieu-Seeland gekwalifiseer het. In Februarie 2013 het Papoea-Nieu-Guinee aan die IKR Oos-Asië-Pasifiek in Auckland deelgeneem, waar hulle gedurende die groepfase onoorwonne gebly en in die eindstryd Vanuatu verslaan het. Daarmee het hulle vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering in die Verenigde Arabiese Emirate in Oktober gekwalifiseer.

EDI- en T20I-status

Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan 
Die paaltjiewagter Geraint Jones het van 2004 tot 2006 vir Engeland en van 2012 tot 2014 vir Papoea-Nieu-Guinee gespeel

In die daaropvolgende Wêreldkrieketliga het hulle daarin geslaag om in afdeling drie vanaf die eerste rondte te vorder en hulle is ondanks die nederlaag in die eindstryd teen Hongkong opgegradeer. Tydens die afdeling twee het die Papoeane die derde plek gehaal en sodoende vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 gekwalifiseer. Hulle het vanaf die eerste rondte gevorder en die Super Ses in die vierde plek afgesluit. Daarmee het hulle die Krieketwêreldbeker 2015 misgeloop, maar vir hul vertoning EDI-status ontvang. In November dieselfde jaar het hulle tydens ’n reeks van twee wedstryde teen Hongkong in Australië in hul eerste EDI gespeel en hulle kon dié reeks beklink. Nadat die Papoeas die eerste EDI met vier paaltjies en die tweede met drie paaltjies gewen het, het hulle die eerste span geword, wat sy eerste twee EDIs kon wen.

Saam met EDI-status het die IKR aan Papoea-Nieu-Guinee ook T20I-status toegeken. In T20I het die Papoeane aan die kwalifiseringstoernooie vir die drie eerste T20I-wêreldbekertoernooie (in 2007, 2009 en 2010) nie deelgeneem nie. Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2012 het hulle die agtste plek gehaal, só ook in 2013 en 2015. Daarmee het hulle die T20I-wêreldbekertoernooie in 2012, 2014 en 2016 misgeloop. Tydens laasgenoemde kwalifiseringstoernooi sou Papoea-Nieu-Guinee op 13 Julie 2015 sy eerste T20I teen Hongkong speel. Dié wedstryd moes egter weens reën afgelas word. Twee dae later het hulle eindelik hul T20I-debuut teen Ierland gemaak en met twee paaltjies gewen. Met die oorwinning teen Nepal op 17 Julie het hulle as eerste span in die toernooi die uitspeelwedstryde behaal.

Met die EDI-status het Papoea-Nieu-Guinee tydens die Interkontinentale Beker 2015/2017 sy eerste eersterangse krieketwedstryde gespeel. Hulle het egter net in die sewende plek onder agt deelnemers geëindig. In EDI-krieket het die Papoeane destyds aan die Wêreldkrieketligakampioenskap 2015/17 deelgeneem. Met hul vierde plek het hulle regstreeks vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 gekwalifiseer. Tydens dié toernooi se eerste rondte is hulle egter in al hul wedstryde verslaan en het net die negende plek gehaal. Daarmee het Papoea-Nieu-Guinee sy EDI-status weer verloor. In September 2017 het die destydse hoofafrigter Jason Gillespie voorgestel dat Papoea-Nieu-Guinee aan die Australiese EDI-beker moet deelneem. Tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee 2019 het die Papoeane die vierde plek gehaal, waarmee hulle hul EDI-status teruggewen het.

Met die verkryging van EDI-status het Papoea-Nieu-Guinee gekwalifiseer vir die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 wat as kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2023 dien. Die eerste rondte in Skotland het die Papoeane na die gasheer en Oman in die derde plek afgesluit. Tydens die tweede rondte in die Verenigde State het hulle al die twee wedstryde elk teen die gasheer en Namibië verloor. Tydens die sewende rondte het hulle weer al die vier wedstryde verloor, dié keer teen Oman en Skotland. Tydens die tiende rondte in die Verenigde Arabiese Emirate het hulle vir die eerste keer ’n EDI in dié reeks gewen, toe hulle die vierde wedstryd teen die gasheer met ses paaltjies gewen het. Die elfte rondte sou oorspronklik in Papoea-Nieu-Guinee beslis word, maar vanweë reisbeperkings is dit na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif. Die Papoenae is weer in al hul wedstryde deur Oman en Skotland verslaan. In die 16de rondte het hulle een wedstryd teen die Verenigde State gewen, terwyl albei wedstryde teen Namibië in nederlae geëindig het; in die eerste wedstryd teen die Verenigde State het hulle gelykop gespeel. In die 17de rondte kon die span geen wedstryd teen Namibië en die Verenigde State wen nie. In die 20ste rondte kon Papoea-Nieu-Guinee twee wedstryde elk teen Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate wen. In die 21ste rondte teen dieselfde opponente kon hulle net een oorwinning teen die Verenigde Arabiese Emirate aanteken. Daarmee het die Papoeas die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 in die laaste plek afgesluit en die Krieketwêreldbeker-uitspeelrondte 2023 gehaal. Hulle het egter weer in die laaste plek geëindig en sodoende die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 vir die Krieketwêreldbeker 2023 misgeloop. As ’n troosprys het hulle die Wêreldkrieketliga 2 2023–2027 vir die Krieketwêreldbeker 2027 gehaal.

Eerste krieketwêreldbekerdeelnames

Op 30 Maart 2021 is Carl Sandri as nuwe hoofafrigter en hoëprestasiebestuurder vir al die drie nasionale spanne aangestel en hy is opdrag gegee om talente vir die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan te vind. Nadat hulle tydens die plaaslike kwalifisering vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering kon presteer, het hulle daarin geslaag om met hul eerste plek in die eerste rondte regstreeks vir die eerste keer vir ’n wêreldbeker te kwalifiseer. Tydens die T20I-wêreldbeker, wat na 2021 uitgestel en in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis is, het die Papoeane al hul drie wedstryde teen Bangladesj, Oman en Skotland swak verloor en is sodoende in die eerste rondte uitgeskakel. Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering se groep B 2022 het Papoea-Nieu-Guinee die derde plek gehaal, wat egter nie genoeg was om vir die T20I-wêreldbeker 2022 te kwalifiseer nie. Hulle het egter daarin geslaag om die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-kwalifisering vir die T20I-wêreldbeker 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië te wen.

Kleure, kenteken en bynaam

In EDI- en T20I-krieket dra Papoea-Nieu-Guinee rooi truie met swart kleuraksente, rooi moue, ’n swart V-halslyn en swart broeke. Veldwerkers dra ’n rooi bofbalpet of ’n rooi sonhoed. Die kolwers se helms is op ’n soortgelyke manier geverf. Gedurende IKR-toernooie verskyn die borg se embleem op die regtermou en die belettering PNG in die middel van die trui. Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 het die span ’n nuwe kleurskema met swart, geel en oranje gebruik.

Krieket PNG se kenteken toon ’n rooi krieketbal met geel bewegingslyne wat ’n paaltjie tref. Op die agtergrond is ’n paradysvoël, Papoea-Nieu-Guinee se wapendier, in ’n vereenvoudigde vorm uitgebeeld.

Die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan se bynaam is Barramundis, ontleen aan die gelyknamige visspesies, wat in die waters rondom Papoea-Nieu-Guinee voorkom.

Tuisstadion

Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan 
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan 
Aminipark
Ligging van Papoea-Nieu-Guinese krieketstadions

Papoea-Nieu-Guinee se enigste internasionale stadion is die Aminipark in Port Moresby wat deur Krieket PNG besit en sedert 1972 deur die nasionale span vir al hul tuiswedstryde gebruik word. Dit is genoem na die Amini-gesin wat talle nasionale spelers opgelewer het.

No. Stadion Plek Eerste wedstryd
1 Aminipark Port Moresby 6 Oktober 2017

Spelers

Spelerstatistieke

Altesaam het vir Papoea-Nieu-Guinee 29 spelers EDI- en 29 spelers T20I-krieket gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Papoea-Nieu-Guinese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Assad Vala 2014–hede 66 2 003 Tony Ura 2015–hede 45 1 384
Tony Ura 2014–hede 61 1 363 Assad Vala 2015–hede 49 1 020
Charles Amini 2014–hede 49 1 128 Charles Amini 2015–hede 46 0804
Sese Bau 2016–hede 57 1 089 Sese Bau 2016–hede 44 0696
Lega Siaka 2014–hede 47 0931 Norman Vanua 2015–hede 47 0640
Korrek teen: 29 Julie 2023 Korrek teen: 29 Julie 2023

Paaltjies

EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Chad Soper 2016–hede 56 70 Norman Vanua 2015–hede 47 57
Norman Vanua 2014–hede 57 61 Charles Amini 2015–hede 46 35
Assad Vala 2014–hede 66 55 Damien Ravu 2019–2022 24 31
Semo Kamea 2022–hede 22 33 Assad Vala 2015–hede 49 27
Charles Amini 2014–hede 49 32 Chad Soper 2016–2022 23 26
Korrek teen: 29 Julie 2023 Korrek teen: 29 Julie 2023

Spankapteins

Tot op hede was twee spelers reeds die kaptein vir Papoea-Nieu-Guinee tydens ’n EDI-wedstryd en twee tydens ’n T20I.

EDI T20I
No. Naam Tydperk Naam Tydperk
1 Chris Amini 2014 Jack Vare 2015–2016
2 Assad Vala 2016–hede Assad Vala 2016–hede

Rekords

EDI-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetslande
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Ierland 1 0 1 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Wes-Indië 1 0 1 0 0 0,00
t. Assosiaatlede
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Hongkong 8 4 4 0 0 50,00 8 November 2014
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Jersey 1 0 1 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Kanada 1 0 1 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Namibië 7 0 7 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Nepal 10 2 8 0 0 20,00 25 Maart 2022
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Oman 6 0 6 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Skotland 10 1 9 0 0 10,00 8 Oktober 2017
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Verenigde Arabiese Emirate 11 5 6 0 0 45,45 2 April 2017
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Verenigde State 10 2 7 1 0 20,00 27 April 2019
Algeheel 66 14 51 1 0 21,21 8 November 2014
Rekords volledig tot en met EDI #4572 op 2 Mei 2023. Laaste keer hersien op 2 Mei 2023. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Krieketwêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Nie gekwalifiseer nie
1979 Nie gekwalifiseer nie
1983 Nie gekwalifiseer nie
1987 Nie gekwalifiseer nie
1992 Nie gekwalifiseer nie
1996 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 Nie gekwalifiseer nie
2027 N.v.t.
2031 N.v.t.

Kampioenetrofeerekord

Jaar Uitslag
1998 Nie gekwalifiseer nie
2000 Nie gekwalifiseer nie
2002 Nie gekwalifiseer nie
2004 Nie gekwalifiseer nie
2006 Nie gekwalifiseer nie
2009 Nie gekwalifiseer nie
2013 Nie gekwalifiseer nie
2017 Nie gekwalifiseer nie
2025 N.v.t.
2029 N.v.t.

T20I-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste T20I-oorwinning
t. Toetslande
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Afghanistan 1 0 1 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Bangladesj 1 0 1 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Ierland 4 2 2 0 0 50,00 15 Julie 2015
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Zimbabwe 1 0 1 0 0 0,00
t. Assosiaatlede
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Bermuda 1 1 0 0 0 100,00 19 Oktober 2019
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Filippyne 4 3 0 0 1 75,00 22 Maart 2019
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Hongkong 1 0 1 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Japan 2 2 0 0 0 100,00 25 Julie 2023
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Kenia 1 1 0 0 0 100,00 27 Oktober 2019
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Maleisië 2 1 1 0 0 50,00 1 April 2022
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Namibië 3 2 1 0 0 66,67 20 Oktober 2019
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Nederland 3 1 2 0 0 33,33 24 Oktober 2019
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Nepal 4 1 3 0 0 25,00 17 Julie 2015
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Oman 1 0 1 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Samoa 2 2 0 0 0 100,00 8 Julie 2019
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Singapoer 3 2 1 0 0 66,67 25 Oktober 2019
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Skotland 3 0 3 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Uganda 1 1 0 0 0 100,00 12 Julie 2022
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Vanuatu 7 7 0 0 0 100,00 22 Maart 2019
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Verenigde Arabiese Emirate 3 0 3 0 0 0,00
Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan  Verenigde State 1 1 0 0 0 100,00 17 Julie 2022
Algeheel 49 27 21 0 1 55,10 15 Julie 2015
Rekords volledig tot en met T20I #2182 op 29 Julie 2023. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
2007 Nie gekwalifiseer nie
2009 Nie gekwalifiseer nie
2010 Nie gekwalifiseer nie
2012 Nie gekwalifiseer nie
2014 Nie gekwalifiseer nie
2016 Nie gekwalifiseer nie
2021 16de plek uit 16 spanne
2022 Nie gekwalifiseer nie
2024 gekwalifiseer
2026 N.v.t.
2028 N.v.t.
2030 N.v.t.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Papoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan BeheerliggaamPapoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan GeskiedenisPapoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan Kleure, kenteken en bynaamPapoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan TuisstadionPapoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan SpelersPapoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan RekordsPapoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan Sien ookPapoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan VerwysingsPapoea-Nieu-Guinese Nasionale Krieketspan Eksterne skakelsPapoea-Nieu-Guinese Nasionale KrieketspanEngelsInternasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKrieketKrieket PNGNepalese nasionale krieketspanOmaanse nasionale krieketspanPapoea-Nieu-GuineeTwintig20

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoppeltekenErfenisOorkruipersWillie JoubertCovid-19-pandemieMierStereotipeNierHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMigrasie van diereGedigDroogteTransatlantiese slawehandelNelson MandelaAkroniemKonjunktivitisNasionalismeOos-KaapToestand van materieDeelwoordHeks van HexrivierSkaakWikiquoteNoag se arkSlawernyRugbyVoorvoegselWhatsAppGriekwa-AfrikaansAngolese BurgeroorlogWêreldwye webProvinsies van Suid-AfrikaGriepHokkieItaliëEerste WêreldoorlogHondHartseerMenstruasieArabies-Israeliese konflik1990GetalNetbalBeesMalariaInfeksieKaapse florarykKlem-in-die-kaakGroot vyfKaartKunsmatige algemene intelligensieLabia (geslagsdele)VerkragtingVennootskapWapen van Suid-AfrikaWerkloosheidAardverwarmingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereFabelLongKultuurCorioliskragSebraWetenskapMadison IvyIdioomWoordeboekOu Apostoliese KerkJohannesburgFisiese oefeningMangelJakkalsAfvalbestuurGreen PornoEnkelvoudige sinPersoonlikheid🡆 More