T20I-Wêreldbeker 2007

Die T20I-wêreldbeker 2007 (Engels: 2007 ICC World Twenty20) is van 11 tot 24 September 2007 in Suid-Afrika beslis.

Dit was die eerste T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2007 genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend. Ná die Krieketwêreldbeker 2007 in Maart en April in Wes-Indië was dit die tweede groot kriekettoernooi in 2007. Daarbenewens was dit ná die Krieketwêreldbeker 2003 die tweede groot kriekettoernooi in Suid-Afrika; dié land sou twee jaar later ook die Kampioenetrofee 2009 aanbied, waarmee Suid-Afrika die eerste land geword het wat al drie vername kriekettoernooie gehuisves het.

T20I-wêreldbeker 2007
T20I-Wêreldbeker 2007
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2007
Datums 11 September – 24 September
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Twintig20 (T20I)
Toernooiformaat Eerste rondte, Super Agt en uitklopfase
Gashere Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Kampioen Vlag van Indië Indië (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Pakistan Pakistan
Deelnemers 12 (16 kwalifiseer)
Wedstryde gespeel 27
Speler van die reeks Vlag van Pakistan Shahid Afridi
Meeste lopies Vlag van Australië Matthew Hayden (265)
Meeste paaltjies Vlag van Pakistan Umar Gul (13)
← Geen
2009
T20I-Wêreldbeker 2007
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is

Twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2007 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die Wêreldkrieketliga se afdeling een 2007-wenners (Kenia en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2007 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde in die eindstryd ontmoet het.

Australië, Indië, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Pakistan het Nieu-Seeland en Indië het Australië geklop, waardeur die twee aartsvyande Indië en Pakistan in die eindstryd ontmoet het. Indië het Pakistan in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg met vyf lopies verslaan en sodoende die eerste T20I-wêreldbekerwenner geword. Saam met hul oorwinnings tydens die Krieketwêreldbeker 1983 en die gedeelde titel met Sri Lanka tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Indië se derde internasionale kriekettitel. Die gasheer Suid-Afrika is in die Super Agt uitgeskakel.

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Suid-Afrika as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2007 aangewys. Saam met die Krieketwêreldbeker 2003 en die Kampioenetrofee 2009 was dit een van drie groot kriekettoernooie wat in die 2000’s in Suid-Afrika aangebied is.

Deelnemers

Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2007 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika (gasheer), Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2007 gekwalifiseer. Kenia en Skotland het as wenners van die Wêreldkrieketliga se afdeling een 2007 vir dié toernooi gekwalifiseer.

T20I-Wêreldbeker 2007 
Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2007-kwalifisering; altesaam 16 lande het deelgeneem.

   Gasheer

   Volle lede van die Internasionale Krieketraad (IKR)

   Wenner van die kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Vorige beste prestasie
T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika Gasheer Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Australië Volle lede Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Wes-Indië Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Zimbabwe Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Kenia Wêreldkrieketliga se afdeling een 2007 Debuut
T20I-Wêreldbeker 2007  Skotland Debuut

Stadions

Die eerste T20I-wêreldbeker is op drie Suid-Afrikaanse stadions beslis. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2007 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Kaapstad Durban Johannesburg
Nuweland Kingsmead Wanderers
33°58′25.32″S 18°28′8.16″O / 33.9737000°S 18.4689333°O / -33.9737000; 18.4689333 (Nuweland) 29°51′0.21″S 31°1′40.13″O / 29.8500583°S 31.0278139°O / -29.8500583; 31.0278139 (Kingsmead) 26°7′52.17″S 28°3′26.69″O / 26.1311583°S 28.0574139°O / -26.1311583; 28.0574139 (Wanderers)
Kapasiteit: 22 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 34 000
T20I-Wêreldbeker 2007  T20I-Wêreldbeker 2007  T20I-Wêreldbeker 2007 
T20I-wêreldbeker 2007 (Suid-Afrika)

Formaat

Die T20I-wêreldbeker 2007 is oor 14 dae tussen twaalf verskillende nasies oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 11 September 2007 op Wanderers in Johannesburg met die openingswedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Wes-Indië begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 24 September met die eindstryd tussen Indië en Pakistan, waartydens Indië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2007 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Eerste rondte
September
Di
11
Wo
12
Do
13
Vr
14
Sa
15
Groep A 1 1 1
Groep B 1 1 1
Groep C 1 1 1
Groep D 1 1 1
Super Agt
September
So
16
Ma
17
Di
18
Wo
19
Do
20
Groep E 2 1 2 1
Groep F 1 1 2 2
Uitklopfase
September
Vr
21
Sa
22
So
23
Ma
24
Uitklopfase 2 1
Verklaring

   Eerste rondte

   Super Agt

   Uitklopfase

   Eindstryd

Groepe

Groep A Groep B Groep C Groep D

T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika
T20I-Wêreldbeker 2007  Wes-Indië
T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj

T20I-Wêreldbeker 2007  Australië
T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland
T20I-Wêreldbeker 2007  Zimbabwe

T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland
T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka
T20I-Wêreldbeker 2007  Kenia

T20I-Wêreldbeker 2007  Indië
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan
T20I-Wêreldbeker 2007  Skotland

Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel:

  • Groep A: Johannesburg en Kaapstad
  • Groep B: Kaapstad
  • Groep C: Durban en Johannesburg
  • Groep D: Durban

Eerste rondte en Super Agt

Die T20I-wêreldbeker 2007 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n uitboul beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi. Die uitboul is ingespan vir die beslissing van een wedstryd, dié tussen Indië en Pakistan in Groep D op 14 September.

Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n uitboul bepaal.

Skeidsregters en wedstrydbeamptes

’n Paneel van nege skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.

Skeidsregters

Wedstrydbeamptes

Wedstryde

Kwalifiseer vir die Super Agt.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is bepaal volgens die IKR se T20I-ranglys soos op 1 Maart 2007.

Eerste rondte

Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.

Groep A

T20I-Wêreldbeker 2007 
Wedstryd tussen Bangladesj en Suid-Afrika in Kaapstad tydens die T20I-wêreldbeker 2007
Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika 2 2 0 0 4 +0.974
T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj 2 1 1 0 2 +0.149
T20I-Wêreldbeker 2007  Wes-Indië 2 0 2 0 0 −1.233
11 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Wes-Indië
205/6 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika
208/2 (17.4 boulbeurte)
Chris Gayle 117 (57)
Johan van der Wath 2/33 (4 boulbeurte)
Herschelle Gibbs 90* (55)
Fidel Edwards 1/21 (3 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met agt paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Vernon Philander en Morné Morkel (albei RSA), asook Ramnaresh Sarwan en Fidel Edwards (albei WI) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Chris Gayle (WI) slaan die eerste honderdtal in ’n amptelike T20I en die eerste T20I-wêreldbekerhonderdtal. Hy slaan ook die destyds meeste sesse in ’n T20I-beurt (tien).
  • Sy honderdtal is ook die destyds vinnigste in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd van slegs 50 aflewerings (later oortref deur homself in slegs 47 aflewerings tydens die 2016-toernooi).
  • Die Wes-Indiese vennootskap om die eerste paaltjie met 145 lopies tussen Chris Gayle en Devon Smith is die destyds hoogste in T20I-krieket.
  • Met 28 breek Wes-Indië hul eie rekord van afgestane ekstras in ’n T20I-wedstryd (vier loslopies, 23 wydlopers en een geenbal).
13 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Wes-Indië
164/8 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj
165/4 (18 boulbeurte)
Devon Smith 51 (52)
Shakib Al Hasan 4/34 (4 boulbeurte)
Aftab Ahmed 62* (49)
Ramnaresh Sarwan 2/10 (2 boulbeurte)
Bangladesj wen met ses paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohammad Ashraful (Ban)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Mohammad Ashraful (Ban) slaan die destyds vinnigste vyftigtal in ’n T20I-wedstryd van slegs 20 aflewerings (later oortref deur Yuvraj Singh in slegs twaalf aflewerings in dieselfde toernooi).
  • Suid-Afrika en Bangladesj vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
15 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj
144 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika
146/3 (18.5 boulbeurte)
Aftab Ahmed 36 (14)
Shaun Pollock 3/40 (3.3 boulbeurte)
Albie Morkel 41 (29)
Abdur Razzak 2/26 (4 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met sewe paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Morné Morkel (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • JP Duminy (RSA) het sy T20I-debuut gemaak.

Groep B

Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2007  Australië 2 1 1 0 2 +0.987
T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland 2 1 1 0 2 +0.209
T20I-Wêreldbeker 2007  Zimbabwe 2 1 1 0 2 −1.196
12 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Australië
138/9 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Zimbabwe
139/5 (19.5 boulbeurte)
Brad Hodge 35* (22)
Elton Chigumbura 3/20 (3 boulbeurte)
Brendan Taylor 60* (45)
Stuart Clark 2/22 (4 boulbeurte)
Zimbabwe wen met vyf paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Brendan Taylor (Zim)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Tatenda Taibu, Vusi Sibanda en Tawanda Mupariwa (almal Zim), asook Brad Hodge en Mitchell Johnson (albei Aus) het hul T20I-debuut gemaak.
13 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland
188/9 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Zimbabwe
138/7 (20 boulbeurte)
Kevin Pietersen 79 (37)
Elton Chigumbura 4/31 (4 boulbeurte)
Brendan Taylor 47 (39)
Dimitri Mascarenhas 3/18 (4 boulbeurte)
Engeland wen met 50 lopies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Kevin Pietersen (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Luke Wright, Darren Maddy en Chris Schofield (almal Eng) het hul T20I-debuut gemaak.
14 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland
135 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Australië
136/2 (14.5 boulbeurte)
Andrew Flintoff 31 (19)
Nathan Bracken 3/16 (4 boulbeurte)
Matthew Hayden 67* (43)
Andrew Flintoff 1/25 (4 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Ian Howell (RSA)
Speler van die wedstryd: Nathan Bracken (Aus)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • James Kirtley (Eng) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Australië en Engeland vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep C

Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka 2 2 0 0 4 +4.721
T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland 2 1 1 0 2 +2.396
T20I-Wêreldbeker 2007  Kenia 2 0 2 0 0 −8.047
12 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Kenia
73 (16.5 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland
74/1 (7.4 boulbeurte)
Collins Obuya 18 (25)
Mark Gillespie 4/7 (2.5 boulbeurte)
Lou Vincent 27 (20)
Thomas Odoyo 1/22 (3 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met nege paaltjies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Mark Gillespie (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Nehemiah Odhiambo en Maurice Ouma (albei Ken), asook Chris Martin en Daniel Vettori (albei NZ) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Kenia se telling van 73 almal uit is die destyds laagste in ’n T20I-wedstryd.
14 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka
260/6 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Kenia
88 (19.3 boulbeurte)
Sanath Jayasuriya 88 (44)
Jimmy Kamande 3/48 (4 boulbeurte)
Alex Obanda 21 (25)
Tillakaratne Dilshan 2/4 (1.3 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 172 lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Sanath Jayasuriya (SL)
  • Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Jehan Mubarak en Gayan Wijekoon (albei SL) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Sri Lanka se telling van 260/6 was die destyds hoogste in ’n T20I-wedstryd. Hulle het ook die hoogste T20I-wentelling aangeteken.
  • Sri Lanka en Nieu-Seeland vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
15 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland
164/7 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka
168/3 (18.5 boulbeurte)
Ross Taylor 62 (43)
Dilhara Fernando 2/31 (4 boulbeurte)
Sanath Jayasuriya 61 (44)
Daniel Vettori 2/23 (4 boulbeurte)
Sri Lanka wen met sewe paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Sanath Jayasuriya (SL)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Groep D

Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië 2 1 0 1 3 +0.000
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan 2 1 1 0 2 +1.275
T20I-Wêreldbeker 2007  Skotland 2 0 1 1 1 −2.550
12 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan
171/9 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Skotland
120 (19.5 boulbeurte)
Younis Khan 41 (29)
Craig Wright 3/29 (4 boulbeurte)
Fraser Watts 46 (35)
Shahid Afridi 4/19 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met 51 lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Shahid Afridi (Pak)
  • Skotland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit is Skotland se eerste T20I-wedstryd.
  • Fraser Watts, Ryan Watson, Navdeep Poonia, Gavin Hamilton, Neil McCallum, Dougie Brown, Colin Smith, Majid Haq, Craig Wright, John Blain en Dewald Nel (almal Sco) het hul T20I-debuut gemaak.
13 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
t
Wedstryd afgelas sonder dat ’n bal geboul is.
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Simon Taufel (Aus)
  • Skotland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Gautam Gambhir, R. P. Singh, Robin Uthappa en Yuvraj Singh (almal Ind) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Dit is die eerste T20I-wêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.
  • Pakistan vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.
14 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië
141/9 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan
141/7 (20 boulbeurte)
Robin Uthappa 50 (39)
Mohammad Asif 4/18 (4 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 53 (35)
Irfan Pathan 2/20 (4 boulbeurte)
Gelykop – Indië wen die uitboul met 3–0
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Mohammad Asif (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Sohail Tanvir (Pak) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Dit is die eerste T20I-wêreldbekerwedstryd wat in ’n gelykop geëindig het.
  • Nadat die wedstryd gelykop geëindig het, is die wenner deur ’n uitboul bepaal. Indië het die uitboul gewen en vorder hiermee tot die Super Agt.

Super Agt

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep E

Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië 3 2 1 0 4 +0.750
T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland 3 2 1 0 4 +0.050
T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika 3 2 1 0 4 −0.116
T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland 3 0 3 0 0 −0.700
16 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland
190 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië
180/9 (20 boulbeurte)
Brendon McCullum 45 (31)
Harbhajan Singh 2/24 (4 boulbeurte)
Gautam Gambhir 51 (33)
Daniel Vettori 4/20 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met tien lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Daniel Vettori (NZ)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
16 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika
154/8 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland
135/7 (20 boulbeurte)
Albie Morkel 43 (20)
Stuart Broad 3/37 (4 boulbeurte)
Owais Shah 36 (31)
Albie Morkel 2/12 (2 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 19 lopies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Albie Morkel (RSA)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Jeremy Snape (Eng) het sy T20I-debuut gemaak.
18 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland
164/9 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland
159/8 (20 boulbeurte)
Craig McMillan 57 (31)
James Anderson 2/24 (4 boulbeurte)
Darren Maddy 50 (31)
Shane Bond 2/20 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vyf lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Craig McMillan (NZ)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
19 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland
153/8 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika
158/4 (19.1 boulbeurte)
Craig McMillan 48* (25)
Morné Morkel 4/17 (4 boulbeurte)
Justin Kemp 89* (56)
Mark Gillespie 2/11 (3.1 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met ses paaltjies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Justin Kemp (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Nathan McCullum (NZ) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
19 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië
218/4 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland
200/6 (20 boulbeurte)
Virender Sehwag 68 (52)
Chris Tremlett 2/45 (4 boulbeurte)
Vikram Solanki 43 (31)
Irfan Pathan 3/37 (4 boulbeurte)
Indië wen met 18 lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Yuvraj Singh (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Rohit Sharma, Joginder Sharma (albei Ind) en Chris Tremlett (Eng) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Yuvraj Singh (Ind) slaan die vinnigste vyftigtal in ’n T20I-wedstryd van slegs twaalf aflewerings (die vorige beste was in 20 aflewerings deur Mohammed Ashraful in dieselfde toernooi) en hy word ook die vierde krieketspeler in al die amptelike krieket en die eerste in T20I wat ses sesse in een boulbeurt slaan. Stuart Broad was die bouler.
  • Dit was die hoogste telling teen ’n toetsland tydens die toernooi.
20 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië
153/5 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika
116/9 (20 boulbeurte)
Rohit Sharma 50* (40)
Shaun Pollock 2/17 (4 boulbeurte)
Albie Morkel 36 (37)
R. P. Singh 4/13 (4 boulbeurte)
Indië wen met 37 lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Rohit Sharma (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Suid-Afrika moes 126 lopies aanteken om vir die halfeindrondte te kwalifiseer.
  • Nadat drie spanne op gelyke punte eindig vorder Nieu-Seeland en Indië met ’n beter lopietempo tot die halfeindrondte.
  • Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep F

Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan 3 3 0 0 6 +0.843
T20I-Wêreldbeker 2007  Australië 3 2 1 0 4 +2.256
T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka 3 1 2 0 2 −0.697
T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj 3 0 3 0 0 −2.031
16 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj
123/8 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Australië
124/1 (13.5 boulbeurte)
Tamim Iqbal 32 (40)
Brett Lee 3/27 (4 boulbeurte)
Matthew Hayden 73* (48)
Mashrafe Mortaza 0/27 (3.5 boulbeurte)
Australië wen met nege paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Ian Howell (RSA)
Speler van die wedstryd: Brett Lee (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Brett Lee (Aus) neem die eerste driekuns in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.
17 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan
189/6 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka
156/9 (20 boulbeurte)
Shoaib Malik 57 (31)
Lasith Malinga 3/43 (4 boulbeurte)
Chamara Silva 38 (27)
Shahid Afridi 3/18 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met 33 lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Younis Khan (Pak)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
18 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Australië
164/7 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan
165/4 (19.1 boulbeurte)
Michael Hussey 37 (25)
Sohail Tanvir 3/31 (4 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 66* (42)
Stuart Clark 3/27 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met ses paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Misbah-ul-Haq (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
18 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka
147/5 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj
83 (15.5 boulbeurte)
Jehan Mubarak 31* (19)
Mahmudullah 1/19 (4 boulbeurte)
Aftab Ahmed 18 (11)
Sanath Jayasuriya 2/4 (1.5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 64 lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Dilhara Fernando (SL)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
20 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka
101 (19.3 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Australië
102/0 (10.2 boulbeurte)
Jehan Mubarak 28 (26)
Stuart Clark 4/20 (4 boulbeurte)
Matthew Hayden 58* (38)
Dilhara Fernando 0/12 (3 boulbeurte)
Australië wen met tien paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Ian Howell (RSA)
Speler van die wedstryd: Stuart Clark (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit is die eerste suksesvolle lopiejag met al die tien paaltjies in hande tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi en die hoogste wenuitslag volgens aantal paaltjies.
  • Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
20 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj
140 (19.4 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan
141/6 (19 boulbeurte)
Junaid Siddique 71 (49)
Shoaib Malik 2/15 (2 boulbeurte)
Shahid Afridi 39 (15)
Abdur Razzak 2/16 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met vier paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Ian Howell (RSA) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Junaid Siddique (Ban)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Junaid Siddique (Ban) het sy T20I-debuut gemaak.

Uitklopfase

  Halfeindrondte Eindrondte
             
22 September – Kaapstad
 T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland 143/8  
 T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan 147/4   24 September – Johannesburg
     T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan 152
22 September – Durban    T20I-Wêreldbeker 2007  Indië 157/5
 T20I-Wêreldbeker 2007  Indië 188/5
 T20I-Wêreldbeker 2007  Australië 173/7  

Halfeindrondte

22 September 2007
13:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland
143/8 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan
147/4 (18.5 boulbeurte)
Ross Taylor 37* (23)
Umar Gul 3/15 (4 boulbeurte)
Imran Nazir 59 (41)
Scott Styris 1/14 (3.5 boulbeurte)
Pakistan wen met ses paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Bywoning: 18 734
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Umar Gul (Pak)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
22 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië
188/5 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Australië
173/7 (20 boulbeurte)
Yuvraj Singh 70 (30)
Mitchell Johnson 2/31 (4 boulbeurte)
Matthew Hayden 62 (47)
S. Sreesanth 2/12 (4 boulbeurte)
Indië wen met 15 lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Mark Benson (Eng)
Speler van die wedstryd: Yuvraj Singh (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Eindstryd

24 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië
157/5 (20 boulbeurte)
t
T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan
152 (19.3 boulbeurte)
Gautam Gambhir 75 (54)
Umar Gul 3/28 (4 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 43 (38)
Irfan Pathan 3/16 (4 boulbeurte)
Indië wen met vyf lopies
Wanderers, Johannesburg
Bywoning: 32 217
Skeidsregters: Simon Taufel (Aus) en Mark Benson (Eng)
Speler van die wedstryd: Irfan Pathan (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Yusuf Pathan (Ind) het sy T20I-debuut gemaak.


T20I-wêreldkampioen 2007
T20I-Wêreldbeker 2007  Indië

Statistiek

Finale puntestand

T20I-Wêreldbeker 2007 
Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2007:

   Kampioen

   Naaswenner

   Halfeindrondte

   Super Agt

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2007.

Rang Span Groep S W O V LV LT +/– P LT
Finaliste
1 T20I-Wêreldbeker 2007  Indië D/E 7 5 1 1 1037 972 +65 11
2 T20I-Wêreldbeker 2007  Pakistan D/F 7 5 0 2 1106 1021 +85 10
In die halfeindrondte uitgeskakel
3 T20I-Wêreldbeker 2007  Australië B/F 6 3 0 3 837 851 –14 6
4 T20I-Wêreldbeker 2007  Nieu-Seeland C/E 6 3 0 3 888 885 +3 6
In die Super Agt uitgeskakel
5 T20I-Wêreldbeker 2007  Suid-Afrika A/E 5 4 0 1 782 790 –8 8
6 T20I-Wêreldbeker 2007  Sri Lanka C/F 5 3 0 2 832 626 +206 6
7 T20I-Wêreldbeker 2007  Engeland B/E 5 1 0 4 817 810 +7 2
8 T20I-Wêreldbeker 2007  Bangladesj A/F 5 1 0 4 655 722 –67 2
In die eerste rondte uitgeskakel
9 T20I-Wêreldbeker 2007  Zimbabwe B 2 1 0 1 277 326 –49 2 −1.196
10 T20I-Wêreldbeker 2007  Skotland D 2 0 1 1 120 171 –51 1 −2.550
11 T20I-Wêreldbeker 2007  Wes-Indië A 2 0 0 2 369 373 –4 0 −1.233
12 T20I-Wêreldbeker 2007  Kenia C 2 0 0 2 161 334 –173 0 −8.047

Meeste lopies en paaltjies

Meeste lopies:
Naam Lopies
1 T20I-Wêreldbeker 2007  Matthew Hayden 265
2 T20I-Wêreldbeker 2007  Gautam Gambhir 227
3 T20I-Wêreldbeker 2007  Misbah-ul-Haq 218
4 T20I-Wêreldbeker 2007  Shoaib Malik 195
5 T20I-Wêreldbeker 2007  Kevin Pietersen 178
Meeste paaltjies:
Naam Paaltjies
1 T20I-Wêreldbeker 2007  Umar Gul 13
2 T20I-Wêreldbeker 2007  Stuart Clark 12
T20I-Wêreldbeker 2007  RP Singh
T20I-Wêreldbeker 2007  Shahid Afridi
5 T20I-Wêreldbeker 2007  Daniel Vettori 11

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


T20I-wêreldbeker T20I-Wêreldbeker 2007 

Suid-Afrika 2007Engeland 2009Wes-Indië 2010Sri Lanka 2012Bangladesj 2014Indië 2016Oman / Verenigde Arabiese Emirate 2021Australië 2022Verenigde State / Wes-Indië 2024Indië / Sri Lanka 2026Australië / Nieu-Seeland 2028Engeland / Ierland / Skotland 2030

Tags:

T20I-Wêreldbeker 2007 ToewysingT20I-Wêreldbeker 2007 DeelnemersT20I-Wêreldbeker 2007 StadionsT20I-Wêreldbeker 2007 FormaatT20I-Wêreldbeker 2007 Skeidsregters en wedstrydbeamptesT20I-Wêreldbeker 2007 WedstrydeT20I-Wêreldbeker 2007 StatistiekT20I-Wêreldbeker 2007 Sien ookT20I-Wêreldbeker 2007 VerwysingsT20I-Wêreldbeker 2007 Eksterne skakelsT20I-Wêreldbeker 2007EngelsInternasionale KrieketraadKampioenetrofee 2009KrieketKrieketwêreldbeker 2003Krieketwêreldbeker 2007Suid-AfrikaT20I-wêreldbekerT20I-wêreldbeker 2021Twintig20Wes-Indië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaToekoms van die AardeKlimaatveranderingGoudkus (streek)AmateurradioDierTaalDroogteEkonomieUnited Democratic FrontWilna SnymanOnderwysVergelykings (taalkunde)ToerismeSpinnekopMiskruierPoesBruin menseLys van Afrikaanse rolprenteKindersiektesKolitisDoopElon MuskSuikersiekteEskomHomofoonWêreldboekedagTswanaHondYouTubeLys van politieke partye in Suid-AfrikaLatynSprokieWapen van Suid-AfrikaPornografieOlimpiese SpeleNedersettingHernubare energieMateriaalAfrikanernasionalismeLys van elemente volgens simboolChroniese siektePreseminale vloeistofGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogRacheltjie de BeerSlangWitbloedselWapen van NamibiëSowjetunieNierRoesNatuurbewaringVerlede tydNierversakingWaterGawes van die Heilige GeesSirkelMurunwa MakwarelaLongontstekingSpysverteringstelselBybelWikiquoteSikloonStedelike hitte-eilandAustraliëKerngeneeskundeStereotipeErosietipesLWeer (meteorologie)Hector PietersonMiltLys van chemiese elemente volgens atoomgetalInfeksieBurgerregteBloutongsiekteVeelvoudige sin🡆 More