Skotse Nasionale Krieketspan

Die Skotse nasionale krieketspan (Engels: Scotland national cricket team; Skots-Gaelies: Sgioba nàiseanta criogaid na h-Alba; Skots: Scotland naitional cricket team) is die nasionale krieketspan wat Skotland in internasionale krieket verteenwoordig.

Krieket word in Skotland deur Krieket Skotland (CS, van Engels: Cricket Scotland) beheer. Skotland speel sy tuiswedstryde meestal op The Grange Club, Edinburg. Saam met Nederland is Skotland tradisioneel een van die sterker Europese nasionale krieketspanne na die toetslande Engeland en Ierland.

Skotland
Skotse Nasionale Krieketspan
Kenteken van die Skotse nasionale krieketspan
BynaamSkotse Saltires (2010–2013)
KonferensieKrieket Skotland (CS)
Personeel
KapteinRichie Berrington
AfrigterVlag van Suid-Afrika Doug Watson
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1994)
IKR-streekEKR (Europa)
IKR-ranglys Tans Beste rang tot dusver
EDI12de12de (16 April 2022)
T20I14de11de (2 Mei 2017)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Australië Australië op New Road, Worcester; 16 Mei 1999
Laaste EDIt Vlag van Nederland Nederland op Queens Sportklub, Bulawayo; 6 Julie 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel15368/77 (44,44%)
(1 gelykop, 7 onbeslis)
Vanjaar117/4
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings3/13 (eerste in 1999)
Beste uitslagGroepfase (in 1999, 2007 en 2015)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
8 (eerste in 1997)
Beste uitslagKampioen (in 2005 en 2014)
Kampioenetrofee-verskynings0/8
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Pakistan Pakistan op Kingsmead, Durban; 12 September 2007
Laaste T20It Vlag van Ierland Ierland op The Grange Club, Edinburg; 28 Julie 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel8941/44 (46,06%)
(1 gelykop, 3 onbeslis)
Vanjaar66/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings5/8 (eerste in 2007)
Beste uitslagSuper Twaalf (in 2021)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2008)
Beste uitslagKampioen (in 2015 en 2023)
Skotse Nasionale Krieketspan
Skotse Nasionale Krieketspan
Skotse Nasionale Krieketspan
Skotse Nasionale Krieketspan
Skotse Nasionale Krieketspan
Skotse Nasionale Krieketspan
Skotse Nasionale Krieketspan
EDI- en T20I-klere

Wedywering met Ierland is gestig toe die eerste spanne in 1888 teen mekaar gespeel het. Tot in die vroeë 1990’s is Skotland (net soos Ierland) in internasionale krieket amptelik verteenwoordig deur die Engelse nasionale krieketspan wat as ’t ware die span van die hele Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland was. Skotland het ná die verbreking van bande met die Engelse nasionale krieketspan twee jaar vroeër in 1994 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad geword. Sedertdien het hulle aan drie krieketwêreldbekertoernooie (in 1999, 2007 en 2015) en vyf T20I-wêreldbekertoernooie (in 2007, 2009, 2016, 2021 en 2022) deelgeneem. Hul eerste oorwinning in enige van hierdie toernooie het egter eers gekom nadat hulle Hongkong tydens die T20I-wêreldbeker 2016 verslaan het. Daarbenewens het Skotland twee wedstryde tydens die 1999-toernooi tuis gespeel en sodoende die eerste assosiaatland geword om wêreldbekerwedstryde aan te bied. Skotland het aan al die IKR Interkontinentale Bekertoernooie deelgeneem en ook die eerste toernooi in 2004 gewen. Tussen 2010 en 2013 het die span aan die ECB 40 as die Skotse Saltires meegeding.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Skotland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Skotland is tans (Julie 2023) twaalfde op die eendagranglys en 14de op die Twintig20-wêreldranglys.

Beheerliggaam

Skotse Nasionale Krieketspan 
’n Krieketwedstryd by die Birkmyrepark, Kilmacolm, 1903

Krieket Skotland (Engels: Cricket Scotland, CS) is in 1908 as die Skotse Krieketunie (Scottish Cricket Union, SCU) gestig en verantwoordelik vir die reëling van krieket in Skotland. In 1994 het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit.

Krieket Skotland bestuur al die Skotland-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is CS verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Skotse span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Skotland oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis

Voor hul toetreding tot die IKR

Skotse Nasionale Krieketspan 
Leslie Balfour-Melville, Skotse krieketkaptein en president van die Skotse Krieketunie, ca. 1891

Krieket is vanuit die naburige Engeland taamlik vroeg na Skotland geneem met die eerste bekende krieketwedstryd in Skotland wat in 1785 in Alloa tussen twee aristokratespanne – Duke of Athol’s XI v Hon. Col. Talbot’s XI – gespeel is. Dit sou egter nog tot in die middel van die 19de eeu duur totdat die Skotse krieket se ontwikkeling momentum verkry het: In 1849 het ’n Engelse span Skotland besoek wat die bevolking se belangstelling aansienlik verhoog en tot die stigting van ’n aantal krieketklubs gelei het. Dit was die eerste internasionale krieketwedstryd van ’n Skotse span nog, wat uit 22 spelers bestaan en in Edinburg teen die Engelse te staan gekom het. Charles Lawrence het in die tweede Engelse beurt al die paaltjies vir Skotland geneem. Die eerste wedstryd van ’n Skotse span dateer uit 1846, teen Perth. Die eerste volle internasionale wedstryd is in 1865 op die Londense The Oval teen Surrey gespeel en deur Skotland met 172 lopies gewen; daarna is hulle egter deur die Marylebone-krieketklub (MKK) verslaan.

In 1874 het Skotland teen die MKK op Lord’s geseëvier. In 1878 het Australië tydens sy eerste toer na die Britse Eilande Skotland besoek en in Glasgow teen ’n Wes-Skotse keurspan te staan gekom. In 1879 is met die Skotse Krieketunie (Scottish Cricket Union, SCU) die eerste beheerliggaam gestig, wat weens finansiële moeilikhede en ’n dalende ledetal egter net vier jaar bestaan het. In 1880 het Skotland Australië in Edinburg verwelkom en hulle het met agt paaltjies verloor. In 1882 het die nasionale span Australië met sewe paaltjies verslaan. Ná die ontbinding van die eerste Skotse beheerliggaam het die Grange-krieketklub tot in 1909 al die krieket bestuur. In 1888 het die eerste wedstryd teen Ierland in Dublin gevolg en dit is deur die gasheer gewen. In 1894 het hulle vir die eerste keer Suid-Afrika ontmoet, in 1906 Wes-Indië, in 1911 ’n gesamentlike Indiese span en in 1927 Nieu-Seeland. In 1908 is die Skotse Krieketunie opnuut gestig en van 1909 af is ’n jaarlikse eersterangse wedstryd teen Ierland gespeel.

In 1948 het Australië, ná die afsluiting van hul toer om die As na Engeland, Skotland vir twee wedstryde besoek. Albei wedstryde, wat deur Australië gewen is, was die laaste internasionale wedstryde vir Donald Bradman. Hy het in sy tipiese styl gespeel en ’n onoorwonne 123 lopies in sy beurt vir die Australiese oorwinning aangeteken. In 1954 het die Skotte in Edinburg vir die eerste keer teen Pakistan te staan gekom. Ná die Tweede Wêreldoorlog was die vestiging in die Engelse nasionale kriekettoernooie die belangrikste stap in die Skotse krieket se ontwikkeling. Die Skotte en die Iere het destyds veral met Sri Lanka om die titel as die beste nietoetslande meegeding. Skotland, saam met Ierland en Nederland, is soms vir deelname aan die toernooie vir Engelse countyspanne, insluitende die Benson & Hedges-beker en die Friends Provident-trofee (voorheen die C&G-trofee), genooi. Aangesien in countykrieket geen beperkings rakende nasionaliteit bestaan nie, kon gedurende die toernooi nie-Skotte vir die Skotse span speel. Byvoorbeeld het die Pakistani Yasir Arafat in 2004 en 2005 vir Skotland gespeel. In 1980 het Skotland vir die eerste keer aan die Benson & Hedges-beker deelgeneem en van 1983 af ook aan die NatWest-trofee; hul eerste oorwinning in dié toernooi het hulle in 1986 teen Lancashire aangeteken.

Voor Skotland se eie lidmaatskap in die Internasionale Krieketraad (IKR) is die spelers en spanne – net soos in Ierland – deur die Engelse beheerliggaam verteenwoordig. Skotse spelers het goeie bydrae vir ander spanne gelewer, veral vir die Engelse nasionale krieketspan. Sir Arthur Conan Doyle, onder andere die skrywer van Sherlock Holmes, het vir die Engelse 1891-span verskyn. Van die bekendste krieketspelers uit Skotland is waarskynlik die voormalige Engelse kaptein Mike Denness, Warwickshire se veelsydige Dougie Brown en die voormalige Engelse toetsspeler Gavin Hamilton. ’n Ander bekende Skotse krieketspeler is Brian Hardie, wat gedurende die 1970’s en 1980’s belangrike bydrae vir die suksesvolle Essex-span gelewer het. Dalk een van die beste draaiers en later joernalis was Ian Peebles wat in 1931 saam met Donald Bradman as “krieketspelers van die jaar” aangewys is. Een van die berugste spelers, Douglas Jardine, was ’n Skot en hy het die “lyfteorie” uitgedink. Dié in Australië verguisde speelmanier het as “lyfkrieket” bekend geword.

Aansluiting by die IKR

Skotse Nasionale Krieketspan 
The Grange Club, Skotland se tuisstadion in Glasgow. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1999 vir twee Skotse wedstryde ingespan

Behalwe vir wedstryde teen besoekende spanne soos Australië, Australië ‘A’ of Nieu-Seeland, en onreëlmatige wedstryde teen Engelse eersterangse countyspanne of die MKK het Skotland sedert 1909 amper jaarliks in ’n eersterangse wedstryd teen Ierland gespeel. In 1992 het Skotland sy bande met die Engelse beheerliggaam Toets- en Countykrieketraad verbreek en aansoek gedoen vir eie lidmaatskap in die IKR, wat in 1994 goedgekeur is, een jaar later as Ierland. In 1992 het Skotland ook sy eerste oorsese toer onderneem en Suid-Afrika (meer spesifiek Johannesburg en Pretoria) besoek. In 1994 het ’n verdere toer na Suid-Afrika gevolg, dié keer na Kaapstad. In 1996 het hulle vir die eerste keer aan die Europese Kampioenskap deelgeneem. Tydens hul eerste deelname aan die IKR-trofee het Skotland tot die halfeindrondte gevorder, die klein finale om die derde plek teen Ierland gewen en sodoende vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer. In 1998 het Skotland aan die Statebondspele se kriekettoernooi in Kuala Lumpur, Maleisië, deelgeneem, maar hulle het in hul groep in die laaste plek geëindig. Die Krieketwêreldbeker 1999 het vir Skotland teleurstellend verloop en ná nederlae teen Australië, Pakistan, Bangladesj, Wes-Indië en Nieu-Seeland is hulle in die groepfase uitgeskakel. Nietemin het hulle die twee groepwedstryde teen Bangladesj en Nieu-Seeland voor tuisskare op The Grange Club gespeel. Die Skotte het tot in 1999 jaarlikse eersterangse wedstryde teen die Iere gespeel, net onderbroke deur die wêreldoorloë, maar al hul ander krieketwedstryde was van besoekende internasionale spanne afhanklik.

In 2001 is die beheerliggaam in Krieket Skotland hernoem wat met strukturele hervormings gepaard gegaan het. Tydens die IKR-trofee 2001 het Skotland die beslissende wedstryd teen Kanada verloor en sodoende die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika misgeloop. In 2004 het Skotland as een van die leidende assosiaatlede gevestig, nadat hulle die eerste Interkontinentale Beker gewen het. Tydens die 2005-toernooi het hulle egter nie daarin geslaag om tot die tweede rondte te vorder nie. Tydens die IKR-trofee 2005 het hulle die eindstryd teen die gasheer Ierland gewen en sodoende weer vir die krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer.

In Maart 2006 het Skotland ’n toer na Barbados onderneem. Hulle het goed vertoon, hoewel hulle net een – teen die gasheer – van hul ses wedstryde gewen het. Veral Dougie Brown het tot Skotland se prestasie bygedra, nadat hy in 2004 weer vir die Skotse span in aanmerking gekom het. Aansluitend het hulle aan die Cheltenham-en-Gloucester-trofee deelgeneem. Tydens dié toernooi het Skotland beter gevaar as verwag en drie van hul nege wedstryde gewen, waardeur hulle in die agtste plek van die Noordelike konferensie geëindig het.

Verkryging van EDI-status

Skotse Nasionale Krieketspan 
Dougie Brown het op 36 vir Skotland verskyn en hy het in 2007 tydens die Krieketwêreldbeker en die T20I-wêreldbeker vir Skotland gespeel

In Junie dieselfde jaar het Skotland in sy eerste EDI-wedstryd sedert die Krieketwêreldbeker 1999 gespeel, toe hulle teen Pakistan in Edinburg te staan gekom het. Dié wedstryd, wat die Skotte sonder die twee sleutelspelers Dougie Brown en Navdeep Poonia moes speel, het hulle met vyf paaltjies verloor. In Augustus 2006 het Skotland in die Europese Kampioenskap se afdeling een teen Denemarke, Italië, Ierland en Nederland gespeel, met die wedstryde teen Ierland en Nederland wat ODI-status geniet het. Skotland het eindelik sy eerste oorwinning aangeteken, toe hulle Nederland in ’n weens reën verkorte wedstryd verslaan het. Van hul wedstryde moes hulle egter weer sonder ’n aantal sleutelspelers speel en ná hul nederlaag teen Ierland het Skotland dié toernooi as naaswenner afgesluit.

In 2006 en vroeg 2007 het die Skotte aan die derde Interkontinentale Beker deelgeneem. In Mei 2006 het hulle Namibië met ’n beurt verslaan, maar nadat hulle in Augustus teen Ierland en in Januarie 2007 teen die Verenigde Arabiese Emirate onbeslis gespeel het, het hulle die eindstryd misgeloop. In Desember 2006 het die Skotse span vir ’n EDI-reeks van twee wedstryde die toetslande Bangladesj besoek – hul eerste wedstryde buite die Verenigde Koninkryk – maar albei wedstryde het in swaar nederlae geëindig.

In Januar 2007, ná die Interkontinentale Bekerwedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate in Sharjah, het hulle Kenia besoek en aan die Driehoekige Assosiaatreeks in Mombasa teen die gasheer en Kanada deelgeneem; Skotland het dié toernooi in die tweede plek afgesluit. Daarop het in Nairobi die Wêreldkrieketliga se afdeling een gevolg, wat Skotland ook in die tweede plek afgesluit het.

Gereelde deelname aan toernooie

Skotse Nasionale Krieketspan 
Die Skot Ryan Watson teken op 16 Augustus 2007 ’n grenshou teen Indië op Glasgow se Titwood-grond aan
Skotse Nasionale Krieketspan 
Skotland se John Blain boul Indië se Yuvraj Singh op Glasgow se Titwood-grond uit, 16 Augustus 2007
Skotse Nasionale Krieketspan 
Skotland se Calum MacLeod besig met ’n aflewering vir die Nieu-Seelandse Brendan McCullum tydens die T20I-wêreldbeker 2009

Ook in 2007 het die Skotte vir hul tweede krieketwêreldbekertoernooi na Wes-Indië vertrek. Tydens die groepfase is hulle deur Australië, Suid-Afrika en Nederland verslaan, waardeur hulle die volgende rondte misgeloop het. Terug in die Verenigde Koninkryk het Skotland aan die Friends Provident-trofee deelgeneem, maar hul enigste oorwinning was teen Lancashire. Tydens die Interkontinentale Beker het hulle teen die Verenigde Arabiese Emirate gelykop gespeel. In Julie het Skotland aan die Vierhoekige Reeks in Ierland teen die gasheer, Nederland en Wes-Indië deelgeneem. Dié toernooi het vir Skotland egter teleurstellend verloop, nadat albei wedstryde teen Ierland en Wes-Indië in nederlae geëindig het. Aan die begin van Augustus was die Skotte tydens die Interkontinentale Beker meer suksesvol, nadat hulle teen Nederland met ’n beurt en 59 lopies gewen het. Die deur reën geaffekteerde wedstryd teen Ierland het in ’n gelykop geëindig, vir hul swak vertoning in die eerste beurt is egter net drie punte toegeken. In middel-Augustus was Indië Skotland se volgende EDI-teenstander, en dié wedstryd in Titwood, Glasgow, is regstreeks op BBC Skotland gebeeldsend. Dié wedstryd moes ná ’n paar kort reënbuie effens na 46 boulbeurte verkort word en Indië het eindelik met sewe paaltjies gewen.

Die Skotte het die Wêreldkrieketliga 2007–09 se eindstryd gehaal en sodoende vir die eerste T20I-wêreldbeker 2007 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Hulle is in die eerste wedstryd deur Pakistan met 51 lopies verslaan, terwyl die volgende wedstryd teen Indië uitgereën is, waardeur hulle uit dié toernooi geskakel is.

In Julie 2008 het Skotland die Driehoekige Assosiaatreeks in Aberdeen aangebied, waaraan ook Ierland en Nieu-Seeland deelgeneem het. Die gasheer het teen Ierland gewen, maar hulle is deur Nieu-Seeland verslaan. Die Europese Kampioenskap (afdeling een) einde Julie in Ierland het Skotland weer in die tweede plek afgesluit, nadat hulle in die beslissende wedstryd deur die gasheer met sewe paaltjies verslaan is. In vroeg Augustus het Skotland saam met vyf ander assosiaatlede aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering in Belfast deelgeneem. Ondanks ’n nederlaag in hul eerste wedstryd teen Ierland het Skotland ná ’n oorwinning teen Bermuda tot die halfeindstryd gevorder. Skotland is deur Nederland verslaan, maar hulle het in die klein finale om die derde plek Kenia met nege paaltjies verslaan. Aangesien net twee spanne vir die T20I-wêreldbeker 2009 kon kwalifiseer en Zimbabwe aan dié toernooi onttrek het, het Skotland nogtans sy plek bespreek. Op 18 Augustus het Skotland in sy eerste EDI-wedstryd teen Engeland op The Grange Club in Edinburg te staan gekom. Dié wedstryd moes ná minder as drie boulbeurte in Engeland se beurt weens reën afgelas word, nadat Skotland in sy beurt 156/9 aangeteken het. In Desember 2008 het Krieket Skotland in ’n geskiedkundige gebeurtenis sentrale kontrakte aan drie Skotse spelers oorhandig. Die boulers Gordon Goudie en Dewald Nel asook die kaptein Ryan Watson het die eerste voltydse krieketspelers in Skotland geword. 19 ander krieketspelers het deeltydse kontrakte ontvang.

Tydens die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland het Skotland saam met die toetslande Nieu-Seeland en Suid-Afrika in Groep D gespeel, en albei wedstryde is op die Londense The Oval in Londen aangebied. Die eerste wedstryd teen Nieu-Seeland moes ná reën op sewe boulbeurte per span verkort word. Skotland het eerste begin kolf en 89/4 aangeteken, waaronder Kyle Coetzer se 33 lopies. Nieu-Seeland het dié wedstryd met sewe paaltjies gewen. In die tweede wedstryd het Suid-Afrika 211/5 aangeteken met AB de Villiers se onoorwonne 79 lopies in 34 aflewerings. Skotland daarteenoor is op net 81 lopies uitgeboul, van wie Coetzer meer as die helfte aangeteken het. Die Suid-Afrikaanse oorwinning met 130 lopies was die destyds hoogste in ’n T20I-wedstryd. Vervolgens is Skotland weer in die gropefase uitgeskakel.

Tydens die krieketwêreldbekerkwalifisering 2009 is Skotland reeds in die Super Agt uitgeskakel en hulle het in die sesde plek geëindig, waarvolgens hulle die Krieketwêreldbeker 2011 misgeloop het; nietemin het hulle EDI-status verkry. Van 2010 tot 2013 het Skotland as die “Skotse Saltires” deelgeneem aan die Yorkshire Bank 40, ’n toernooi vir die Engelse countyspanne, maar hulle het tydens al die vier toernooie in die laaste plek van hul groep geëindig. Ook in 2010 het Skotland aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering in die Verenigde Arabiese Emirate om ’n plek in die T20I-wêreldbeker 2010 in Wes-Indië meegeding. Hul teenstanders was Afghanistan, Kanada, Ierland, Kenia, Nederland, die Verenigde Arabiese Emirate en die Verenigde State. Dié kwalifisering het vir Skotland teleurstellend verloop, nadat hulle in die groepfase nie ’n oorwinning kon aanteken nie. Daarteenoor was Skotland se deelname aan die Interkontinentale Beker 2009–2010 meer suksesvol, nadat hulle die eindstryd teen Afghanistan op die nuwe Doebai Internasionale Krieketstadion gehaal het. Dié eindstryd is as ’n vierdaagse eersterangse wedstryd met twee beurte per span geskeduleer met Afghanistan wat dié wedstryd met sewe paaltjies gewen het. In Julie 2011 het hulle die Driehoekige Assosiaatreeks aangebied, waaraan ook Ierland en Sri Lanka deelgeneem het; Sri Lanka het dié toernooi met ’n oorwinning in die laaste wedstryd teen die gasheer beklink. Tydens die Interkontinentale Beker 2011–2013 het hulle die derde plek behaal.

Suksesse teen toetslande

Tydens die daaropvolgende T20I-wêreldbekerkwalifiserings in onderskeidelik 2010, 2012 en 2014 het Skotland die T20I-wêreldbekertoernooie in 2010, 2012 en 2014 misgeloop. In Julie 2012 het Skotland sy eerste wedstryd teen ’n toetsland nog gewen, toe hulle Bangladesj tydens dié span se toer deur Ierland en Nederland in die alleenstaande T20I in Den Haag verslaan het. In Augustus 2014 het Skotland Nieu-Seeland A op die Cambusdoon New Ground in Ayr vir drie wedstryde verwelkom. In die eerste wedstryd het Grant Elliott en die kaptein B.J. Watling honderdtalle aangeteken en sodoende Nieu-Seeland A na ’n oorwinning met 199 lopies geneem. Skotland het in die laaste tien boulbeurte amper 150 lopies afgestaan. Aansluitend het Skotland Ierland vir drie EDIs besoek en dié reeks met 1–2 verloor.

Tydens die Krieketwêreldbeker 2015 se kwalifisering het die Skotte aan die Wêreldkrieketligakampioenskap deelgeneem, maar hulle het net die vyfde plek behaal. Hulle het egter die afsluitende kwalifiseringstoernooi gewen en nogtans vir die krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Tydens die Krieketwêreldbeker 2015 in Australië en Nieu-Seeland is Skotland ná nederlae teen Nieu-Seeland, Engeland, Afghanistan, Bangladesj, Sri Lanka en Australië in die groepfase uitgeskakel. Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2015 op eie bodem het hulle weer daarin geslaag om vir die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië te kwalifiseer. Tydens dié toernooi is hulle egter ná nederlae teen Afghanistan en Zimbabwe asook hul eerste oorwinning tydens ’n internasionale toernooi teen Hongkong in die eerste rondte uitgeskakel. Daarna het hulle Afghanistan vir twee EDIs in Edinburg verwelkom, maar dié reeks met 0–1 verloor. Tydens die Krieketwêreldbeker 2019 se kwalifisering was Skotland vir ’n lang tyd goed op dreef, maar nadat hulle hul laaste twee wedstryde teen Ierland en Wes-Indië verloor het, het hulle dié toernooi eindelik misgeloop.

In Januarie 2017 het Skotland aan die Desert T20 Challenge deelgeneem en al sy groepwedstryde gewen, voordat hulle in die halfeindstryd deur Ierland verslaan is. In dieselfde jaar het hulle Zimbabwe vir twee EDIs verwelkom en in die eerste wedstryd van dié reeks het Skotland sy eerste EDI-oorwinning teen ’n toetsland aangeteken. In 2018 het hulle hul tweede EDI-oorwinning teen ’n volle IKR-lid aangeteken, toe hulle op 10 Junie ’n besoekende Engelse span verslaan het. Dit was ook hul eerste oorwinning teen dié span. In 2019 het Skotland die Drienasiesreeks in Aberdeen aangebied, wat deel gevorm het van die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2023 in Indië. Die gasheer het dié toernooi voor Oman en Papoea-Nieu-Guinee gewen. Ná afsluiting van al die drienasiesreekse het Skotland die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 gewen, waarmee hulle die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 gehaal en gelyktydig hul plek in die Krieketwêreldbekerliga 2 2023–2027 vir die Krieketwêreldbeker 2027 bespreek het. Die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 het die Skotte in die derde plek afgesluit, waarmee hulle die hooftoernooi in Indië naelskraap misgeloop het. In die proses het hulle onder andere hul eerste EDI-oorwinning teen Wes-Indië nog aangeteken, waarmee dié span vir die eerste keer versuim het om vir ’n krieketwêreldbekertoernooi te kwalifiseer. In dieselfde maand kon hulle egter vir die T20I-wêreldbeker 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië kwalifiseer.

Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate het die Skotte in hul eerste wedstryd ’n verrassende oorwinning teen Bangladesj aangeteken. Nadat hulle ook teen Papoea-Nieu-Guinee en Oman gewen het, het hulle vir die eerste keer die tweede rondte gehaal, die Super Twaalf. Hier is hulle egter in al hul wedstryde deur Afghanistan, Namibië, Nieu-Seeland, Indië en Pakistan verslaan en sodoende uit dié toernooi geskakel. Daarmee het hulle regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2022 in Australië gekwalifiseer. Tydens dié toernooi se eerste rondte het Skotland in die eerste wedstryd daarin geslaag om Wes-Indië met 42 lopies te verslaan, toe hulle dié opponent op 118 lopies uitgeboul het. Daarna is hulle egter deur Ierland en Zimbabwe geklop, waarmee hulle uit dié toernooi geskakel is. In November 2021 is Skotland saam met Engeland en Ierland as medegasheer vir die T20I-wêreldbeker 2030 benoem.

Trui, embleem en himne

Skotse Nasionale Krieketspan 
Die dissel, die nasionale embleem van Skotland sedert die bewind van Alexander III van Skotland (1249–1286) en die embleem van die Skotse nasionale krieketspan

In EDI- en T20I-krieket dra Skotland donkerblou truie met wit kleuraksente en blou broeke. Veldwerkers dra ’n donkerblou bofbalpet of ’n donkerblou sonhoed. Die kolwers se helms is op ’n soortgelyke manier geverf. Gedurende IKR-toernooie verskyn die borg se embleem op die regtermou en die belettering SCOTLAND verskyn in die middel van die trui.

Die dissel is die nasionale blom van Skotland en ook die embleem van die Skotse nasionale krieketspan. Volgens ’n legende het die “beskermende dissel” sy rol gespeel tydens die verdediging van Skotland teen ’n snagse aanval deur Noorse Wikings, een van hulle skree van pyn toe hy kaalvoet op ’n dissel trap, wat die Skotse verdedigers waarsku. Die Latynse Nemo me impune lacessit (“Niemand ontlok my ongestraf nie!” in Afrikaans) is ’n antieke leuse van die Skotse monarge, en ook van die voorste ridderorde van Skotland, die oudste en edelste orde van die dissel, en van die Skotswagte (van wie die twee laasgenoemde aan die monarg “behoort” het).

The Flower of Scotland dien as Skotland se nieamptelike volkslied. Die teks is in 1967 deur Roy Williamson van die musiekgroep The Corries geskryf en word sedert die 1990’s deur die nasionale span pleks van “God Save the King” gespeel.

Tuisstadions

Skotse Nasionale Krieketspan 
Skotse Nasionale Krieketspan 
The Grange
Skotse Nasionale Krieketspan 
Cambusdoon
Skotse Nasionale Krieketspan 
Titwood
Skotse Nasionale Krieketspan 
Mannofieldpark
Ligging van Skotse krieketstadions

Skotland beskik nie oor ’n amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Skotse nasionale krieketspan gebruik vir hul krieketwedstryde eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Skotland:

No. Stadion Plek Eerste wedstryd
1 The Grange Club Edinburg 24 Mei 1999
2 Cambusdoon New Ground Alloway 5 Augustus 2006
3 Titwood Glasgow 3 Julie 2007
4 Mannofieldpark Aberdeen 1 Julie 2008

Krieketwêreldbekerstadions

Tydens die Krieketwêreldbeker 1999 is Edinburg se The Grange Club vir twee tuiswedstryde van Skotland, onderskeidelik teen Bangladesj en Nieu-Seeland, ingespan. Skotland het dié toernooi saam met Engeland, Ierland, Nederland en Wallis aangebied.

Saam met Engeland en Ierland sal Skotland die T20I-wêreldbeker 2030 aanbied.

Wedywering met Ierland

Skotland handhaaf veral ’n intensiewe wedywering met Ierland. Hierdie wedywering tussen dié twee “Keltiese lande” is gekenmerk deur unieke gebeurtenisse oor dekades heen; ’n bydraende faktor is die wedersydse migrasie in die 19de en 20ste eeu. Skotland en Ierland het tot dusver in 21 EDI-wedstryde ontmoet, waarvan Skotland vyf gewen het en Ierland 15, met een onbesliste uitslag. Wat T20I-wedstryde betref het hulle in 15 wedstryde ontmoet, waarvan Skotland vier gewen het en Ierland agt, met een gelykop- en twee onbesliste uitslae. Gedurende krieketwêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver nog nie ontmoet nie, terwyl hulle een keer tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi (in 2022) ontmoet het, wat deur Ierland gewen is.

Spelers

Spelerstatistieke

Altesaam het vir Skotland 77 spelers EDI- en 56 spelers T20I-krieket gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Skotse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Kyle Coetzer 2008–hede 089 3 192 Richie Berrington 2008–hede 85 2 032
Calum MacLeod 2008–hede 088 3 026 George Munsey 2015–hede 62 1 676
Richie Berrington 2008–hede 112 2 928 Kyle Coetzer 2008–2021 70 1 495
Matthew Cross 2014–hede 090 1 941 Calum MacLeod 2009–hede 64 1 238
George Munsey 2017–hede 053 1 593 Matthew Cross 2013–hede 65 1 038
Korrek teen: 29 Julie 2023 Korrek teen: 29 Julie 2023

Paaltjies

EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Safyaan Sharif 2011–hede 77 100 Safyaan Sharif 2012–hede 63 72
Mark Watt 2016–hede 61 89 Mark Watt 2015–hede 58 69
Majid Haq 2006–2015 54 60 Alasdair Evans 2015–hede 35 41
Alasdair Evans 2009–hede 42 58 Michael Leask 2013–hede 54 37
Michael Leask 2014–hede 69 57 Josh Davey 2012–2022 31 37
Korrek teen: 29 Julie 2023 Korrek teen: 29 Julie 2023

Spankapteins

Tot op hede was nege spelers reeds die kaptein vir Skotland tydens ’n EDI-wedstryd en ses tydens ’n T20I.

EDI T20I
No. Naam Tydperk Naam Tydperk
1 George Salmond 1999 Ryan Watson 2007–2008
2 Ryan Watson 2006–2009 Gavin Hamilton 2009–2010
3 Craig Wright 2006–2007 Gordon Drummond 2012–2013
4 Gavin Hamilton 2009–2010 Kyle Coetzer 2012–2021
5 Gordon Drummond 2010–2013 Preston Mommsen 2013–2016
6 Kyle Coetzer 2013–2022 Richie Berrington 2019–hede
7 Preston Mommsen 2013–2016
8 Richie Berrington 2018–hede
9 Matthew Cross 2022

Rekords

EDI-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetslande
Skotse Nasionale Krieketspan  Afghanistan 13 4 8 0 1 30,76 9 Julie 2010
Skotse Nasionale Krieketspan  Australië 5 0 5 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Bangladesj 4 0 4 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Engeland 5 1 3 0 1 20,00 10 Junie 2018
Skotse Nasionale Krieketspan  Ierland 21 5 15 0 1 23,80 30 Januarie 2007
Skotse Nasionale Krieketspan  Indië 1 0 1 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Nieu-Seeland 4 0 4 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Pakistan 3 0 3 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Sri Lanka 4 0 4 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Suid-Afrika 1 0 1 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Wes-Indië 4 1 3 0 0 0,00 1 Julie 2023
Skotse Nasionale Krieketspan  Zimbabwe 4 2 1 1 0 50,00 15 Junie 2017
t. Assosiaatlede
Skotse Nasionale Krieketspan  Bermuda 1 0 1 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Hongkong 5 2 2 0 1 40,00 10 September 2016
Skotse Nasionale Krieketspan  Kanada 9 7 2 0 0 77,78 18 Januarie 2007
Skotse Nasionale Krieketspan  Kenia 9 5 3 0 1 55,56 2 Februarie 2007
Skotse Nasionale Krieketspan  Namibië 6 5 1 0 0 83,33 10 Julie 2022
Skotse Nasionale Krieketspan  Nederland 12 7 4 0 1 58,33 6 Augustus 2006
Skotse Nasionale Krieketspan  Nepal 6 3 3 0 0 50,00 17 Julie 2022
Skotse Nasionale Krieketspan  Oman 7 5 1 0 1 71,42 18 Augustus 2019
Skotse Nasionale Krieketspan  Papoea-Nieu-Guinee 10 9 1 0 0 90,00 6 Oktober 2017
Skotse Nasionale Krieketspan  Verenigde Arabiese Emirate 13 9 4 0 0 69,23 1 Februarie 2014
Skotse Nasionale Krieketspan  Verenigde State 6 3 3 0 0 50,00 14 Desember 2019
Algeheel 153 68 77 1 7 44,44 6 Augustus 2006
Rekords volledig tot en met EDI #4621 op 11 Julie 2023. Laaste keer hersien op 11 Julie 2023. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Krieketwêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1979 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1983 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1987 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1992 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1996 Nie ’n IKR-lid op die tyd van kwalifisering nie
1999 Groepfase
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Groepfase
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Groepfase
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 Nie gekwalifiseer nie
2027 N.v.t.
2031 N.v.t.

Kampioenetrofeerekord

Jaar Uitslag
1998 Nie toegelaat nie
2000 Nie gekwalifiseer nie
2002 Nie gekwalifiseer nie
2004 Nie gekwalifiseer nie
2006 Nie gekwalifiseer nie
2009 Nie toegelaat nie
2013 Nie toegelaat nie
2017 Nie toegelaat nie
2025 N.v.t.
2029 N.v.t.

T20I-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste T20I-oorwinning
t. Toetslande
Skotse Nasionale Krieketspan  Afghanistan 7 0 7 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Bangladesj 2 2 0 0 0 100,00 24 Julie 2012
Skotse Nasionale Krieketspan  Ierland 15 4 8 1 2 26,67 18 Junie 2015
Skotse Nasionale Krieketspan  Indië 2 0 1 0 1 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Nieu-Seeland 4 0 4 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Pakistan 4 0 4 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Suid-Afrika 1 0 1 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Wes-Indië 1 1 0 0 0 100,00 17 Oktober 2022
Skotse Nasionale Krieketspan  Zimbabwe 5 1 4 0 0 20,00 15 September 2021
t. Assosiaatlede
Skotse Nasionale Krieketspan  Bermuda 2 2 0 0 0 100,00 3 Augustus 2008
Skotse Nasionale Krieketspan  Denemarke 1 1 0 0 0 100,00 27 Julie 2023
Skotse Nasionale Krieketspan  Duitsland 1 1 0 0 0 100,00 20 Julie 2023
Skotse Nasionale Krieketspan  Hongkong 5 4 1 0 0 80,00 25 Julie 2015
Skotse Nasionale Krieketspan  Italië 1 1 0 0 0 100,00 24 Julie 2023
Skotse Nasionale Krieketspan  Jersey 1 1 0 0 0 100,00 21 Julie 2023
Skotse Nasionale Krieketspan  Kanada 1 1 0 0 0 100,00 23 Maart 2012
Skotse Nasionale Krieketspan  Kenia 8 5 3 0 0 62,50 4 Augustus 2008
Skotse Nasionale Krieketspan  Namibië 3 0 3 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Nederland 13 7 6 0 0 53,84 22 November 2013
Skotse Nasionale Krieketspan  Oman 4 4 0 0 0 100,00 19 Januarie 2017
Skotse Nasionale Krieketspan  Oostenryk 1 1 0 0 0 100,00 25 Julie 2023
Skotse Nasionale Krieketspan  Papoea-Nieu-Guinee 3 3 0 0 0 100,00 21 Oktober 2019
Skotse Nasionale Krieketspan  Singapoer 1 0 1 0 0 0,00
Skotse Nasionale Krieketspan  Verenigde Arabiese Emirate 3 2 1 0 0 66,67 9 Julie 2015
Algeheel 89 41 44 1 3 46,06 3 Augustus 2008
Rekords volledig tot en met T20I #2182 op 29 Julie 2023. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
2007 Eerste rondte
2009 Eerste rondte
2010 Nie gekwalifiseer nie
2012 Nie gekwalifiseer nie
2014 Nie gekwalifiseer nie
2016 Eerste rondte
2021 Super Twaalf
2022 Eerste rondte
2024 gekwalifiseer
2026 N.v.t.
2028 N.v.t.
2030 N.v.t.

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Jake Perry (2020). The Secret Game: Tales of Scottish Cricket. Shrewsbury: Chequered Flag Publishing. ISBN 978-1-9997774-6-3.
  • (en) David W. Potter (1999). The Encyclopaedia of Scottish Cricket. Manchester: Empire Publications. ISBN 1-901746-07-0.

Eksterne skakels

Tags:

Skotse Nasionale Krieketspan BeheerliggaamSkotse Nasionale Krieketspan GeskiedenisSkotse Nasionale Krieketspan Trui, embleem en himneSkotse Nasionale Krieketspan TuisstadionsSkotse Nasionale Krieketspan Wedywering met IerlandSkotse Nasionale Krieketspan SpelersSkotse Nasionale Krieketspan RekordsSkotse Nasionale Krieketspan Sien ookSkotse Nasionale Krieketspan VerwysingsSkotse Nasionale Krieketspan Verdere leesstofSkotse Nasionale Krieketspan Eksterne skakelsSkotse Nasionale KrieketspanEdinburgEngelsEngelse nasionale krieketspanIerse nasionale krieketspanKrieketKrieket SkotlandNederlandse nasionale krieketspanSkotlandSkotsSkots-GaeliesToetskrieket

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PuberteitMark (ekonomie)BrandmondsindroomKoorsblaarIronieKunselementeTelwoordOorstromingHerpes simplexOnomatopeeEnsiklopedieMieliestronkDemografie van Suid-AfrikaDansMarie AntoinetteRenteImmunologieMaselsDemi Lee MooreEkologieDiarreeBipolêre gemoedsteuringAfrikaanse woordelys en spelreëlsHamburgerAborsiePlantluisUnie van Suid-AfrikaByvoeglike naamwoordKriekKongo-krisisPseudowetenskapStilleweGriepMuishondEllipstekenKultuurPornografieMetaalAborsie in Suid-AfrikaSonnestelselCarike KeuzenkampYouTubeSteve BikoHemelvaartsdagKoedoeOutismeLangste woordSuurstofDaggaBlourokkeMorfologie (taalkunde)EngelsPoësiePinksterHeupAngssteuringKinderregteRenosterResensieRymLys van veltoestandeWesterse filosofieJohannesburgJagluiperdWatersuiweringSatellietfotoAkroniemGrondsoorteMierApostoliese GeloofsbelydenisFabelVraag en aanbodOm-te-infinitiefkonstruksieDiskriminasieMigrasie van diereVroueregteHernubare energieOmgewingsbeheer🡆 More