T20I-Wêreldbeker 2024

Die T20I-wêreldbeker 2024 (Engels: 2024 ICC Men's T20 World Cup) word van 1 tot 29 Junie 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië beslis.

T20I-Wêreldbeker 2024 Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport

Dit is die negende T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste kriekettoernooi nog in die Verenigde State, terwyl Wes-Indië voorheen die 2010-toernooi aangebied het. Die vyf Karibiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago, asook Guyana en die Verenigde State tree gesamentlik as gashere van dié toernooi op, meer as by enige ander T20I-wêreldbekertoernooi. Dit is ná die Krieketwêreldbeker 2007 en die T20I-wêreldbeker 2010 die derde groot kriekettoernooi in Wes-Indië.

T20I-wêreldbeker 2024
T20I-Wêreldbeker 2024
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2024
Datums 1 Junie – 29 Junie
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Twintig20 (T20I)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Flag of West Indies Wes-Indië
Deelnemers 20 (83 kwalifiseer)
Wedstryde gespeel 55
2022
2026
T20I-Wêreldbeker 2024
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word

Die T20I-wêreldbeker 2024 is die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale krieketspanne, teenoor die 16 van die vorige vier T20I-wêreldbekertoernooie. Die 20 deelnemende nasionale krieketspanne is: Die twee gashere (die Verenigde State en Wes-Indië), die agt beste spanne van die vorige toernooi (Australië, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika), saam met die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 14 November 2022 (Afghanistan en Bangladesj) en die wenners van die kontinentale kwalifiseringstoernooie. In Julie 2023 het Ierland en Skotland die twee Europese plekke bepreek, terwyl Papoea-Nieu-Guinee die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-plek bespreek het. In Oktober 2023 het Kanada as Amerikaanse kwalifiseerder gevolg en een maand later Nepal en Oman as Asiatiese kwalifiseerders, asook Namibië en Uganda as Afrikakwalifiseerders. Engeland is die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2022 gewen het.

Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 word 55 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die eerste rondte, twaalf in die Super Agt, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne word in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep kwalifiseer hierna vir die Super Agt, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 20 boulbeurte per span. Die agt beste spanne van die T20I-wêreldbeker 2024 sal saam met die twee gashere van die 2026-toernooi regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2026 in Indië en Sri Lanka kwalifiseer.

Toewysing

Die T20I-wêreldbeker 2024 is deur die Internasionale Krieketraad in November 2021 aan die Verenigde State en Wes-Indië toegewys. Ná jare se voorbereidings is ’n gemeensame bod deur Krieket Wes-Indië en VSA Krieket as deel van ’n strategiese ooreenkoms tussen dié twee beheerliggame ingedien. Die IKR beoog om met die toernooi die “Verenigde State op die internasionale krieketkaart te plaas”. Die toernooi is aan Noord-Amerika toegewys, omdat dié vasteland deur die wêreldbeheerliggam as een van die hoofgroeimarkte beskou word en hulle die doel gehad het, om die sport in die land te vertoon, waar die Olimpiese Somerspele 2028 beslis word, waartydens vir die eerste keer T20I-krieket ’n Olimpiese sportsoort sal wees. Die T20I-wêreldbeker 2024 is een van vyf groot internasionale toernooie wat die Verenigde State binne een dekade sal aanbied, saam met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 (saam met Kanada en Meksiko), die Olimpiese Somerspele 2028, die Rugbywêreldbeker 2031 en die Vrouerugbywêreldbeker 2033.

In Oktober 2022 is berig dat die IKR VSA Krieket van sy regte as medegasheer ontneem het, nadat dié beheerliggaam steeds nie aan die IKR se finansiële protokolle voldoen het nie en kommer uitgespreek het oor VSA Krieket se finansiële situasie, insluitende ’n tekort aan sowat $650 000. Volgens verwagtinge sal dit egter nie die aanbieding van wedstryde in dié land raak nie.

Deelnemers

Kwalifisering

Aan die T20I-wêreldbeker 2024 sal 20 spanne kan deelneem. Die volgende twaalf spanne het regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2024 gekwalifiseer: Die twee gashere (Verenigde State en Wes-Indië), die agt beste spanne van die vorige T20I-wêreldbeker 2022 (Australië, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika) en die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 14 November 2022 (Afghanistan en Bangladesj). Indien die Verenigde State en Wes-Indië die 2022-toernooi nie onder die beste agt spanne kon afsluit nie sou dit beteken dat die twee beste ongekwalifiseerde spanne op die IKR se T20I-ranglys vir die 2024-toernooi kwalifiseer; sou een van die twee gashere onder die beste agt spanne wees, sou hul plek aan die naasbeste ongekwalifiseerde span gaan, indien nodig. Die oorblywende agt plekke is tydens plaaslike kwalifiseringstoernooie bespreek, met twee spanne elk uit Afrika, Asië en Europa, saam met een span elk uit die Amerikas en die Oos-Asië-Pasifiek-streek. In Mei 2022 het die IKR die plaaslike kwalifiseringstoernooie vir Europa, Oos-Asië-Pasifiek en Afrika bevestig. Aangesien reeds vyf Asiatiese spanne vir die T20I-wêreldbeker 2024 gekwalifiseer en tydens die Asiatiese kwalifisering Nepal en Oman twee bykomende plekke bespreek het, is dit die eerste internasionale kriekettoernooi nog, waaraan sewe Asiatiese spanne deelneem. Dit is ook die eerste T20I-wêreldbekertoernooi met drie spanne uit die Amerikas en Afrika elk, asook vier Europese spanne. Nes die medegasheer die Verenigde State is Kanada die tweede nuweling uit die Amerikas.

Ierland en Skotland het die twee Europese kwalifiserende spanne geword, nadat hulle dié streek se kwalifisering in Julie 2023 onderskeidelik in die eerste en tweede plek afgesluit het. In dieselfde maand het Papoea-Nieu-Guinee die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-kwalifisering gewen. In Oktober 2023 het Kanada die Amerikaanse kwalifisering gewen en vir die eerste keer vir ’n T20I-wêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Een maand later het Nepal en Oman die Asiatiese kwalifisering se eindstryd gehaal en sodoende vir die toernooi gekwalifiseer. In dieselfde maand het Namibië en Uganda die twee Afrikaplekke bespreek. Namibië kon vir sy derde agtereenvolgende toernooi kwalifiseer, nadat hulle die Afrikakwalifisering onoorwonne afgesluit het, terwyl Uganda vir sy eerste internasionale kriekettoernooi nog kon kwalifiseer. In dié proses het albei spanne onder andere die volle lid Zimbabwe en Kenia geklop; vir Uganda was dit die eerste oorwinning nog oor ’n volle lid, waarmee Zimbabwe die enigste lid met dié status is wat die T20I-wêreldbeker 2024 misloop. Daarbenewens het Uganda ná die volle lede Suid-Afrika en Zimbabwe, asook die assosiaatlede Namibië en Kenia die vyfde Afrikaland geword wat vir ’n internasionale kriekettoernooi kon kwalifiseer.

Kwalifiserende spanne

T20I-Wêreldbeker 2024 
Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2024-kwalifisering; altesaam 83 lande het deelgeneem.

   Gasheer

   Agt beste spanne van die 2022-toernooi

   Gekwalifiseer deur die IKR se T20I-ranglys

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Nie gekwalifiseer nie

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
T20I-Wêreldbeker 2024  Wes-Indië Gasheer Negende 2022 Kampioen (2012, 2016)
T20I-Wêreldbeker 2024  Verenigde State Eerste Debuut
T20I-Wêreldbeker 2024  Australië Regstreeks Negende 2022 Kampioen (2021)
T20I-Wêreldbeker 2024  Engeland Negende 2022 Kampioen (2010, 2022)
T20I-Wêreldbeker 2024  Indië Negende 2022 Kampioen (2007)
T20I-Wêreldbeker 2024  Nederland Sesde 2022 Tweede rondte (2014, 2022)
T20I-Wêreldbeker 2024  Nieu-Seeland Negende 2022 Naaswenner (2021)
T20I-Wêreldbeker 2024  Pakistan Negende 2022 Kampioen (2009)
T20I-Wêreldbeker 2024  Sri Lanka Negende 2022 Kampioen (2014)
T20I-Wêreldbeker 2024  Suid-Afrika Negende 2022 Halfeindrondte (2009, 2014)
T20I-Wêreldbeker 2024  Afghanistan T20I-ranglys op
14 November 2022
Sewende 2022 Tweede rondte (2016, 2021, 2022)
T20I-Wêreldbeker 2024  Bangladesj Negende 2022 Tweede rondte (2007, 2014, 2016, 2021, 2022)
T20I-Wêreldbeker 2024  Ierland Europese kwalifisering Agtste 2022 Tweede rondte (2009, 2022)
T20I-Wêreldbeker 2024  Skotland Sesde 2022 Super Twaalf (2021)
T20I-Wêreldbeker 2024  Papoea-Nieu-Guinee Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-kwalifisering Tweede 2021 Eerste rondte (2021)
T20I-Wêreldbeker 2024  Kanada Amerika-kwalifisering Eerste Debuut
T20I-Wêreldbeker 2024  Nepal Asiatiese kwalifisering Tweede 2014 Eerste rondte (2014)
T20I-Wêreldbeker 2024  Oman Derde 2021 Eerste rondte (2016, 2021)
T20I-Wêreldbeker 2024  Namibië Afrikakwalifisering Derde 2022 Super Twaalf (2021)
T20I-Wêreldbeker 2024  Uganda Eerste Debuut

Stadions

In April 2023 het Krieket Wes-Indië ’n deeglike bodproses begin vir lande in die Karibiese gebied en die Verenigde State wat wedstryde van die T20I-wêreldbeker 2024 wil aanbied.

In Julie 2023 het die Internasionale Krieketraad vier plekke in die Verenigde State op die kortlys geplaas: Fort Lauderdale (Sentrale Browardpark), Morrisville (Church Street Park), Dallas (Grand Prairie-stadion) en New York (Van Cortlandtpark); waarvolgens die toernooi in tien stede dwarsdeur Wes-Indië en die Verenigde State beslis sou word. Die mense en amptenare van die Bronx-gemeenskap het protes aangeteken teen die beplande krieketstadion by Van Cortlandtpark, waarvolgens die IKR besluit het om pleks daarvan ’n krieketstadion by Eisenhowerpark te bou.

Op 20 September 2023 het die Internasionale Krieketraad drie Amerikaanse stede vir die toernooi goedgekeur: Fort Lauderdale (Sentrale Browardpark), Dallas (Grand Prairie-stadion) en New York (Eisenhowerpark). Die IKR het besluit om ’n tydelike modulêre stadion, Eisenhowerparkkrieketstadion met ’n kapasiteit van 34 000, in Eisenhowerpark in Nassau County in New York op te rig en gelyktydig die kapasiteit vir die bestaande stadions in Fort Lauderdale en Dallas te verdubbel deur modulêre stadionoplossings soos sitplek-, media- en premium-gasvryheidsareas uit te brei.

Op 22 September 2023 het die Internasionale Krieketraad die sewe gasheerlande in die Karibiese gebied aangekondig: Antigua en Barbuda, Barbados, Dominica, Guyana, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago. Jamaika was die enigste lid van Krieket Wes-Indië wat geen bod vir die aanbieding van wedstryde tydens die T20I-wêreldbekertoernooi ingedien het nie; die Jamaikaanse minister van jeug, sport en kultuur, Olivia Grange, het ’n bod op kostegronde uitgesluit.

In November 2023 is aangekondig, dat op Queen’s Park-ovaal in Trinidad en Tobago, dié land se grootste krieketstadion, geen wedstryde tydens die toernooi beslis sal word nie en die hier beplande wedstryde geskuif sal word na Brian Lara-krieketakademie in San Fernando. Nigel Camacho, die Queen’s Park-krieketklub se president, het aangekondig dat die stadion pleks daarvan opwarmingswedstryde voor die toernooibegin sal hou. Daarbenewens het Dominica se regering sy bod onttrek, waarvolgens op Windsorpark geen wedstryde sal plaasvind nie, en die stadion se vertraagde opknapping aangevoer.

Vroeg in Desember 2023 het verteenwoordigers van beide die IKR en CWI ’n tweede inspeksie in die Karibiese gasheerlande en die plekke in die Verenigde State gedoen, waarvolgens hulle die gasheerplekke afgekondig het. Op 17 Januarie 2024 het die IKR die beplande ontwerp onthul van die modulêre stadion in New York, genoem Internasionale Krieketstadion Nassau County, wat volgens verwagtinge teen einde Mei 2024 klaar sal wees.

St. John’s, T20I-Wêreldbeker 2024  Antigua en Barbuda Bridgetown, T20I-Wêreldbeker 2024  Barbados Georgetown, T20I-Wêreldbeker 2024  Guyana
Sir Vivian Richards-stadion Kensington-ovaal Providencestadion
T20I-Wêreldbeker 2024  T20I-Wêreldbeker 2024  T20I-Wêreldbeker 2024 
17°06′11.8″N 61°47′5.5″W / 17.103278°N 61.784861°W / 17.103278; -61.784861 (Sir Vivian Richards-stadion) 13°6′18.18″N 59°37′21.29″W / 13.1050500°N 59.6225806°W / 13.1050500; -59.6225806 (Kensington-ovaal) 6°48′29.40″N 58°8′59.54″W / 6.8081667°N 58.1498722°W / 6.8081667; -58.1498722 (Providencestadion)
Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 28 000 Kapasiteit: 20 000
Gros Islet, T20I-Wêreldbeker 2024  St. Lucia San Fernando, T20I-Wêreldbeker 2024  Trinidad en Tobago Kingstown, T20I-Wêreldbeker 2024  St. Vincent en die Grenadine
Beausejourstadion Brian Lara-krieketakademie Arnos Vale-stadion
T20I-Wêreldbeker 2024  T20I-Wêreldbeker 2024  T20I-Wêreldbeker 2024 
14°04′14.00″N 60°55′53.95″W / 14.0705556°N 60.9316528°W / 14.0705556; -60.9316528 (Beausejourstadion) 10°17′48″N 61°25′47″W / 10.29667°N 61.42972°W / 10.29667; -61.42972 (Brian Lara-krieketakademie) 13°8′30.7″N 61°12′42.5″W / 13.141861°N 61.211806°W / 13.141861; -61.211806 (Arnos Vale-stadion)
Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 18 000
Dallas, T20I-Wêreldbeker 2024  Verenigde State Fort Lauderdale, T20I-Wêreldbeker 2024  Verenigde State New York, T20I-Wêreldbeker 2024  Verenigde State
Grand Prairie-stadion Sentrale Browardpark Int’l Krieketstadion Nassau County
T20I-Wêreldbeker 2024  T20I-Wêreldbeker 2024  T20I-Wêreldbeker 2024 
32°46′5.59″N 96°59′10.86″W / 32.7682194°N 96.9863500°W / 32.7682194; -96.9863500 (Grand Prairie-stadion) 26°8′23.85″N 80°11′55.28″W / 26.1399583°N 80.1986889°W / 26.1399583; -80.1986889 (Sentrale Browardpark) 40°44′4.94″N 73°34′23.01″W / 40.7347056°N 73.5730583°W / 40.7347056; -73.5730583 (Int’l Krieketstadion Nassau County)
Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 34 000
T20I-Wêreldbeker 2024 
T20I-Wêreldbeker 2024 
North Sound
T20I-Wêreldbeker 2024 
San Fernando
Plekke in die Klein-Antille
Plekke in die Verenigde State
Plekke in Guyana

Formaat

Die T20I-wêreldbeker 2024 word oor 29 dae tussen 20 verskillende nasies oor 55 wedstryde beslis. Dit begin op 1 Junie 2022 op Grand Prairie-stadion, Dallas, Texas, met die openigswedstryd tussen die medegasheer die Verenigde State en Kanada. Die toernooi eindig op Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados, op 29 Junie met die eindstryd, waartydens die wenner die T20I-wêreldbekertrofee sal inpalm.

Kalender

Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2022 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Twaalf, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Eerste rondte
Junie
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
9
Ma
10
Di
11
Wo
12
Do
13
Vr
14
Sa
15
So
16
Ma
17
Goep A 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Groep B 1 1 1 1 1 1 1 1 2
Groep C 1 1 1 1 1 1 1 1 2
Groep D 1 1 1 1 1 1 1 1 2
Super Agt
Junie
Di
18
Wo
19
Do
20
Vr
21
Sa
22
So
23
Ma
24
Groep 1 2 2 2
Groep 2 2 2 2
Uitklopfase
Junie
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
29
Uitklopfase 1 1 1
Verklaring

   Eerste rondte

   Super Agt

   Uitklopfase

   Eindstryd

Eerste rondte en Super Agt

Die T20I-wêreldbeker 2024 sal deur 20 nasionale krieketspanne beslis word. Die spanne sal in vier groepe van vyf spanne elk verdeel word. Elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span vier wedstryde in die eerste rondte speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van elke groep dring na die Super Agt deur.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word. Dit sal van toepassing wees in alle fases van die toernooi.

Die Super Agt sal deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis word, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep sal speel, dus sal elke span drie wedstryde in die Super Agt speel. Die kwalifisering sal gegrond wees op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal word.

2024-effek op 2026-kwalifisering

Die agt beste spanne van die 2024-toernooi (saam met die 2026-gashere Indië en Sri Lanka) sal regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2026 kwalifiseer.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die Super Agt.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde word in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is op 5 Januarie 2024 bekend gemaak.

Eerste rondte

20 spanne sal aan die eerste rondte deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die Super Agt deurdring.

Groep A

Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2024  Indië 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Pakistan 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Ierland 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Kanada 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Verenigde State 0 0 0 0 0
1 Junie 2024
19:00 (D/N)
Telkaart
t
Grand Prairie-stadion, Dallas, Texas
5 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Int’l Krieketstadion Nassau County, East Meadow, New York
6 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Grand Prairie-stadion, Dallas, Texas
7 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Int’l Krieketstadion Nassau County, East Meadow, New York
9 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Int’l Krieketstadion Nassau County, East Meadow, New York
11 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Int’l Krieketstadion Nassau County, East Meadow, New York
12 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Int’l Krieketstadion Nassau County, East Meadow, New York
14 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Sentrale Browardpark, Fort Lauderdale, Florida
15 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Sentrale Browardpark, Fort Lauderdale, Florida
16 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Sentrale Browardpark, Fort Lauderdale, Florida

Groep B

Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2024  Engeland 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Australië 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Namibië 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Skotland 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Oman 0 0 0 0 0
2 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados
4 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados
5 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados
6 Junie 2024
15:00
Telkaart
t
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados
8 Junie 2024
13:00
Telkaart
t
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados
9 Junie 2024
13:00
Telkaart
t
Sir Vivian Richards-stadion, North Sound, Antigua en Barbuda
11 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Sir Vivian Richards-stadion, North Sound, Antigua en Barbuda
13 Junie 2024
15:00
Telkaart
t
Sir Vivian Richards-stadion, North Sound, Antigua en Barbuda
15 Junie 2024
13:00
Telkaart
t
Sir Vivian Richards-stadion, North Sound, Antigua en Barbuda
15 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet, St. Lucia

Groep C

Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2024  Nieu-Seeland 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Wes-Indië 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Afghanistan 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Uganda 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Papoea-Nieu-Guinee 0 0 0 0 0
2 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Providencestadion, Georgetown, Guyana
3 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Providencestadion, Georgetown, Guyana
5 Junie 2024
19:30 (D/N)
Telkaart
t
Providencestadion, Georgetown, Guyana
7 Junie 2024
19:30 (D/N)
Telkaart
t
Providencestadion, Georgetown, Guyana
8 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Providencestadion, Georgetown, Guyana
12 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Brian Lara-krieketakademie, San Fernando, Trinidad en Tobago
13 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Brian Lara-krieketakademie, San Fernando, Trinidad en Tobago
14 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Brian Lara-krieketakademie, San Fernando, Trinidad en Tobago
17 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Brian Lara-krieketakademie, San Fernando, Trinidad en Tobago
17 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet, St. Lucia

Groep D

Span S W V O P LT
T20I-Wêreldbeker 2024  Suid-Afrika 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Sri Lanka 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Bangladesj 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Nederland 0 0 0 0 0
T20I-Wêreldbeker 2024  Nepal 0 0 0 0 0
3 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Int’l Krieketstadion Nassau County, East Meadow, New York
4 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Grand Prairie-stadion, Dallas, Texas
7 Junie 2024
19:30 (D/N)
Telkaart
t
Grand Prairie-stadion, Dallas, Texas
8 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Int’l Krieketstadion Nassau County, East Meadow, New York
10 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
Int’l Krieketstadion Nassau County, East Meadow, New York
11 Junie 2024
19:30 (D/N)
Telkaart
t
Sentrale Browardpark, Fort Lauderdale, Florida
13 Junie 2024
10:30
Telkaart
t
14 Junie 2024
19:30 (D/N)
Telkaart
t
16 Junie 2024
19:30 (D/N)
Telkaart
t
16 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
t
Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet, St. Lucia

Super Agt

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Agt spanne sal aan die Super Agt deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die uitklopfase deurdring.

Groep 1

Span S W V O P LT
A1 0 0 0 0 0
B2 0 0 0 0 0
C1 0 0 0 0 0
D2 0 0 0 0 0
20 Junie 2024
10:30
Telkaart
C1
t
A1
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados
20 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
B2
t
D2
Sir Vivian Richards-stadion, North Sound, Antigua en Barbuda
22 Junie 2024
10:30
Telkaart
A1
t
D2
Sir Vivian Richards-stadion, North Sound, Antigua en Barbuda
22 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
C1
t
B2
24 Junie 2024
10:30
Telkaart
B2
t
A1
Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet, St. Lucia
24 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
C1
t
D2

Groep 2

Span S W V O P LT
A2 0 0 0 0 0
B1 0 0 0 0 0
C2 0 0 0 0 0
D1 0 0 0 0 0
19 Junie 2024
10:30
Telkaart
A2
t
D1
Sir Vivian Richards-stadion, North Sound, Antigua en Barbuda
19 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
B1
t
C2
Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet, St. Lucia
21 Junie 2024
10:30
Telkaart
B1
t
D1
Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet, St. Lucia
21 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
A2
t
C2
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados
23 Junie 2024
10:30
Telkaart
A2
t
B1
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados
23 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
C2
t
D1
Sir Vivian Richards-stadion, North Sound, Antigua en Barbuda

Uitklopfase

  Halfeindrondte Eindrondte
             
26 Junie – Georgetown, Guyana
 Wenner Groep 1  
 Naaswenner Groep 2   29 Junie – Bridgetown, Barbados
     Wenner Halfeindstryd 1
27 Junie – San Fernando, Trinidad en Tobago    Wenner Halfeindstryd 2
 Wenner Groep 2
 Naaswenner Groep 1  

Halfeindrondte

26 Junie 2024
20:30 (D/N)
Telkaart
Wenner Groep 1
t
Naaswenner Groep 2
Providencestadion, Georgetown, Guyana
27 Junie 2024
10:30
Telkaart
Wenner Groep 2
t
Naaswenner Groep 1
Brian Lara-krieketakademie, San Fernando, Trinidad en Tobago

Eindstryd

29 Junie 2024

Telkaart
Wenner Halfeindstryd 1
t
Wenner Halfeindstryd 2
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados


T20I-wêreldkampioen 2024
Eindstrydwenner

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


T20I-wêreldbeker T20I-Wêreldbeker 2024 

Suid-Afrika 2007 • Engeland 2009 • Wes-Indië 2010 • Sri Lanka 2012 • Bangladesj 2014 • Indië 2016 • Oman / Verenigde Arabiese Emirate 2021 • Australië 2022 • Verenigde State / Wes-Indië 2024Indië / Sri Lanka 2026Australië / Nieu-Seeland 2028Engeland / Ierland / Skotland 2030

Tags:

T20I-Wêreldbeker 2024 ToewysingT20I-Wêreldbeker 2024 DeelnemersT20I-Wêreldbeker 2024 StadionsT20I-Wêreldbeker 2024 FormaatT20I-Wêreldbeker 2024 WedstrydeT20I-Wêreldbeker 2024 Sien ookT20I-Wêreldbeker 2024 VerwysingsT20I-Wêreldbeker 2024 Eksterne skakelsT20I-Wêreldbeker 2024Antigua en BarbudaBarbadosEilandstaatEngelsGuyanaInternasionale KrieketraadKrieketKrieketwêreldbeker 2007St. LuciaSt. Vincent en die GrenadineT20I-wêreldbekerT20I-wêreldbeker 2010Trinidad en TobagoTwintig20Verenigde State van AmerikaWes-Indië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GedigSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024LenteSneeuHomoniemTelwoordSikloonDesmond TutuWortelRamsar-vleilande in Suid-AfrikaCounter-Strike 2Woordeboek van die Afrikaanse TaalWiskundige terminologieGrondbesoedelingVloeistofApostoliese GeloofsbelydenisSan Andreas-breukRomanKasterolieKnieDemografie van Suid-AfrikaHulpwerkwoordTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)Martin Luther King jr.HartversakingDigvormDeelwoordKlein-KarooIngenieursweseApokriewe boekeLabia (geslagsdele)HidroëlektrisiteitWaterVerkragtingSosiale mediaAtmosfeerLiewe HeksieWerkersdagGriepKoue OorlogTerracottaleërWhatsAppKunsAardkorsGordelroosRenteAsiëAarde se atmosfeerNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLoftus MaraisSwawelGrondCholeraDriedimensioneelImmunologieKimberleyWynand du ToitWet op BevolkingsregistrasieKlimaatveranderingSimboolLionel MessiPlantluisKoppeltekenInentingMaatskappyBynierMaselsVryheidsmanifesWithaaiMark (ekonomie)BlaarSeisoenWet op NaturellengrondDermpoliepD.J. OppermanAardverwarmingSleutel (musiek)🡆 More