Nepalese Nasionale Krieketspan

Die Nepalese nasionale krieketspan (Nepalees: नेपाल राष्ट्रिय क्रिकेट टिम), ook bekend as The Rhinos, Gorkhalis of The Cardiac Kids, is die nasionale krieketspan wat Nepal in internasionale krieket verteenwoordig.

Krieket word in Nepal deur die Krieketvereniging van Nepal (CAN) beheer. Nepal speel hul tuiswedstryde in Katmandoe en het tydens die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj hul eerste internasionale verskyning gemaak. Nepal word tradisioneel as een van die sterker Asiatiese nasionale krieketspanne buite die vyf toetslande van Suid-Asië beskou.

Nepal
Nepalese Nasionale Krieketspan
Kenteken van die Nepalese nasionale krieketspan
BynaamThe Rhinos, Gorkhalis, The Cardiac Kids
KonferensieKrieketvereniging van Nepal (CAN)
Personeel
KapteinRohit Paudel
AfrigterVlag van Indië Monty Desai
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1996)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans Beste rang tot dusver
EDI15de14de (3 Mei 2019)
T20I15de11de (3 Mei 2019)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Nederland Nederland op VRA-krieketveld, Amstelveen; 1 Augustus 2008
Laaste EDIt Vlag van Indië Indië op Pallekele Internasionale Krieketstadion, Kandy; 4 September 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel5930/27 (50,84%)
(1 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar2215/7
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
5 (eerste in 2001)
Beste uitslagAgtste plek (in 2018 en 2023)
Kampioenetrofee-verskynings0/8
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Hongkong Hongkong op Zohur Ahmed Chowdhury-stadion, Chittagong; 16 Maart 2014
Laaste T20It Vlag van Oman Oman op Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld, Kirtipur; 5 November 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel7042/26 (60,00%)
(1 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar139/3
(1 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings1/8 (eerste in 2014)
Beste uitslagEerste rondte (in 2014)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
5 (eerste in 2012)
Beste uitslagNaaswenner (in 2023)
Nepalese Nasionale Krieketspan
Nepalese Nasionale Krieketspan
Nepalese Nasionale Krieketspan
Nepalese Nasionale Krieketspan
Nepalese Nasionale Krieketspan
Nepalese Nasionale Krieketspan
Nepalese Nasionale Krieketspan
EDI- en T20I-klere

Nepal is sedert 1996 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad, nadat hulle van 1988 af ’n geaffilieerde lid was. Aan Nepal is in Junie 2014 deur die IKR tot en met die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2015 T20I-status toegeken. Op 15 Maart 2018 het Nepal vir die eerste keer internasionale eendagwedstryd-status (EDI) behaal (asook hul T20I-status terugontvang), nadat hulle die eerste uitspeelwedstryd tydens die Krieketkampioenskapskwalifisering 2018 gewen het.

Nepal het al sedert 1996 in internasionale wedstryde verskyn, insluitende al die AKR-trofeë behalwe vir die AKR T20I-beker 2015 in die Verenigde Arabiese Emirate. Nepal het ook aan die krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooie in 2001, 2014 en 2018, T20I-wêreldbekerkwalifikasie in 2012, 2013, 2015, 2022 en 2023, Internasionale Bekertoernooie in 2004 en 2005, AKR Fast Track Countries-toernooie in 2004, 2005 en 2006, AKR T20I-bekertoernooie in 2007, 2009, 2011 en 2013, Asiatiese Spele in 2010 en 2014, asook die AKR Premierliga in 2014 deelgeneem. Nepal het egter nog nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi, die IKR se vernaamste toernooi, gekwalifiseer nie.

In teenstelling met ander kleiner krieketlande, wie se spanne veral uit buitelanders bestaan, bevat die Nepalese nasionale span inheemse spelers wat meestal deur die geledere gekom het om seniorkrieket te speel. In onlangse jare het Nepalese krieket ’n sterk vordering gesien, veral danksy die groot invloed van die krieketland Indië. Nepal se nabyheid aan Indië het gehelp om die speel in Nepal te laat ontwikkel. Op 15 Maart 2018 het Nepal vir die eerste keer EDI-status ontvang, nadat hulle tydens die 2018-krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooi se negende plek-uitspeelwedstryd Papoea-Nieu-Guinee geklop het.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Nepal ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Nepal is tans (November 2023) 15de op die eendagranglys en 15de op die Twintig20-wêreldranglys.

Beheerliggaam

Nepalese Nasionale Krieketspan 
Setel van die Krieketvereniging van Nepal in Katmandoe

Die Krieketvereniging van Nepal (Engels: Cricket Association of Nepal, CAN; Nepalees: नेपाल क्रिकेट सङ्घ) is in 1946 gestig en is verantwoordelik vir die reëling van krieket in Nepal. In 1988 het dit ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en in 1996 ’n assosiaatlid. Daarbenewens het die CAN in 1990 ’n lid van die Asiatiese krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad) geword.

Die Krieketvereniging van Nepal bestuur al die Nepal-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende mans, vroue en die jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is CAN verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Nepalese span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Nepal oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis

Beginjare (1877–1980’s)

Krieket is deur die Britte tydens hul koloniale bewind in Indië ook aan die Brits-beïnvloede Koninkryk Nepal bekend gestel. In die 1877-boek History of Nepal beskryf Daniel Wright die krieketspel in Nepal soos volg: Attempts have been made at various times by their tutors to get the young men to play at cricket and other games, but such amusements are thought degrading. (“Hul tutors het verskeie kere pogings aangewend om die jong mans krieket en ander sporte te laat beoefen, maar sulke vermaaklikhede is as vernederend beskou.”) Oor baie jare heen is krieket as ’n sport vir here beskou en deelname was veral op die heersende Rana-dinastie en ander lede van die Nepalese hoërklas beperk.

Ná die Tweede Wêreldoorlog is in 1946 met die Krieketvereniging van Nepal die Nepalese beheerliggaam gestig. Ná die demokratisering ingevolge die 1951-rewolusie het krieket ook onder die bevolking gewildheid begin verwerf. In 1961 het die Krieketvereniging van Nepal by die Nasionale Sportraad aangesluit om krieket in die hele Nepal te bevorder. Nietemin was die nasionale wedstryde tot in die 1980’s tot Katmandoe beperk.

IKR-lidmaatskap (1988)

Verbeteringe in Nepal se kommunikasie- en vervoerinfrastruktuur het bygedra om die spel in die 1980’s buite Katmandoe te vestig. In 1988 het die Nepalese beheerliggaam ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword. In die vroeë 1990’s is ’n groot ontwikkelingsprogram van stapel gestuur, waarvolgens plaaslike en distriktoernooie gestig en krieket meer en meer op skole aangebied is.

Die bevolking se belangstelling in krieket het vinnig toegeneem en die vraag om krieket te speel was só groot dat die aantal spanne by verskeie toernooie beperk moes word totdat meer geriewe in die middel-1990’s opgerig is. Nepal het in 1996 ’n assosiaatlid van die IKR geword en die nasionale span het in dieselfde jaar vir die eerste keer aan die AKR-trofee in Kuala Lumpur deelgeneem. Nepal het in die vierde plek geëindig, nadat hulle beide Broenei en Japan verslaan het. Twee jaar later was die geriewe in Nepal geskik om die AKR-trofee op die krieketvelde van Lalitpur en Kirtipur (op die Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld) en Katmandoe te huisves. Die gasheer Nepal was tydens dié toernooi egter nie suksesvol nie en hulle kon nie ’n enkele oorwinning behaal nie.

Eerste suksesse (2000–2008)

Nepalese Nasionale Krieketspan 
Die Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld naby Katmandoe dien as Nepal se tuisstadion
Nepalese Nasionale Krieketspan 
Die Nepalese nasionale krieketspan tydens die AKR-trofee 2013
Nepalese Nasionale Krieketspan 
Die Nepalese nasionale krieketspan tydens die Krieketwêreldliga se afdeling drie 2013 in Bermuda
Nepalese Nasionale Krieketspan 
Nepalese ondersteuners tydens die Krieketwêreldliga se afdeling drie 2013 in Bermuda
Nepalese Nasionale Krieketspan 
Kaptein Paras Khadka kolf tydens die Krieketwêreldliga se afdeling drie 2013 in Bermuda
Nepalese Nasionale Krieketspan 
Krieketwedstryd tussen Nepal en Kenia in Katmandoe, 2017

In 2000 het Nepal se jeugontwikkelingsbeleid begin vrugte afwerp en die Nepalese o/19-span het tydens die o/19-Krieketwêreldbeker die agtste plek behaal. Die seniorspan het tydens die AKR-trofee sy beste prestasie nog behaal, nadat hulle die halfeindstryd gehaal het, maar hulle het dié wedstryd teen Hongkong in Sharjah verloor. Die volgende jaar het hulle vir die eerste keer aan die IKR-trofee deelgeneem. In dié toernooi in Ontario het hulle Duitsland en Gibraltar verslaan, maar ’n nederlaag teen die latere naaswenner Namibië het hulle van hul vordering tot die volgende rondte ontneem.

Nepal het tydens die AKR-trofee 2002 in Singapoer ná die Verenigde Arabiese Emirate as naaswenners geëindig en hulle het in 2003 die AKR se opkomende nasiestoernooi aangebied, waartydens hulle beide Bhoetan en die Maledive maklik verslaan het. Hul oorwinnings was so omvattend, dat hulle vir die volgende 2005-toernooi nie meer genooi is nie. Raju Khadka het tydens dié toernooi die eerste Nepalese krieketspeler geword om ’n internasionale honderdtal aan te teken, toe hy teen Bhoetan ’n onoorwonne 105 lopies van net 50 aflewerings gemoker het.

Nepal het tydens die Interkontinentale beker 2004 in eersterangse krieket verskyn, waartydens hulle Maleisië geklop en teen die Verenigde Arabiese Emirate gelykop gespeel het, waarvolgens hulle nie die halfeindstryd gehaal het nie. Nepal het tydens die Fast Track Countries Tournament 2004 die derde plek gehaal, waardeur hulle vir die Interkontinentale beker 2005 gekwalifiseer het. Tydens die AKR-trofee 2004 het Nepal vyfde geëindig, waarvolgens hulle die uitspeeltoernooi van die IKR-trofee 2005 gehaal het. Dié toernooi het hulle in die derde plek afgesluit, nadat hulle in ’n uitspeelwedstryd Katar verslaan het, waarvolgens hulle die IKR-trofee 2005 misgeloop het. Shakti Gauchan het teen Italië ’n honderdtal aangeteken en tydens die toernooi ’n onoorwonne 106 lopies van 103 aflewerings geslaan. Tydens die Interkontinentale beker 2005 het hulle die Verenigde Arabiese Emirate verslaan en gelykop teen Hongkong gespeel, maar die kwalifisering met ’n halwe punt minder net-net misgeloop. Die Fast Track Countries Tournament 2005 het hulle as naaswenners ná die Verenigde Arabiese Emirate afgesluit.

In Maart 2006 het Nepal in ’n uitspeelwedstryd teen Namibië in Windhoek gespeel om die laaste plek in die Interkontinentale Beker 2006 te bespreek. Nepal moes daadwerklik wen om vir dié toernooi te kwalifiseer, maar hulle het gelykop gespeel nadat op die eerste dag geen spel moontlik was nie. Later die jaar het hulle na Pakistan getoer en een wedstryd teen die Pakistanse Krieketakademie gespeel voordat hulle aan die AKR-trofee in Kuala Lumpur deelgeneem het.

Tydens die AKR-trofee 2006 het Nepal Mianmar vir net 10 lopies in 12.1 boulbeurte uitgeboul, nadat Nepal die loot gewen en Mianmar ingestuur het; geen kolwer het meer as een lopie aangeteken nie. Mehboob Alam en Binod Das het onderskeidelik sewe en drie paaltjies geneem. In antwoord daarop het Nepal drie lopies van die eerste aflewering geslaan, opgevolg deur drie wydlopers wat vir vyf gegaan het, en toe nog drie lopies van die tweede aflewering aangeteken het om die wedstryd met tien paaltjies te beklink. Sommige deskundiges het dit as die grootste wanverhouding in die geskiedenis van internasionale krieket beskryf en die telling van tien lopies is die laagste op enige vlak in internasionale krieket vir mans. Nepal het in dié toernooi vierde geëindig nadat hulle ’n uitspeelwedstryd teen Afghanistan verloor het. Hulle het die AKR Premierliga 2006 gewen. Nepal het aan die AKR T20I-beker 2007 in Koeweit deelgeneem en vierde in hul eerste groep geëindig.

Vestiging op internasionale vlak (2008–2016)

Tydens die Wêreldkrieketliga 2008 se afdeling vyf in Jersey het Nepal die derde plek behaal, in afdeling vyf uitgeval en sodoende die Krieketwêreldbeker 2011 misgeloop. Tydens die kwalifisering het Mehboob Alam ’n nuwe wêreldrekord opgestel en in die wedstryd teen Mosambiek al tien paaltjies geneem. Hy is vervolgens in die Guinness World Records ingeskryf, nadat hy die eerste bouler geword het om al tien paaltjies in ’n internasionale krieketwedstryd met beperkte boulbeurte te neem. Nepal het die groepfase eerste afgesluit, maar hulle is deur Afghanistan in die halfeindstryd verslaan en het, nadat hulle die Verenigde State in die uitspeelwedstryd om die derde plek geklop het, derde geëindig. Aangesien net die twee beste spanne van hierdie toernooi tot die Wêreldkrieketliga se afdeling vier in Tanzanië later die jaar kon vorder, het Nepal die kans misgeloop om sy droom vir deelname aan die Krieketwêreldbeker 2011 verder te neem. Later het Nepal in die AKR-elitetrofee verskyn en vierde geëindig, nadat hulle in die halfeindstryd deur die Verenigde Arabiese Emirate en in die uitspeelwedstryd om die derde plek deur Afghanistan verslaan is.

Tydens die AKR T20I-beker 2009 het Nepal vyfde geëindig, nadat hulle Singapoer met nege paaltjies in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek verslaan het. In die groepwedstryd teen Koeweit het Nepal sewe lopies vir ’n oorwinning benodig. Binod Bhandari, wat sy debuut vir die nasionale span gemaak het, het met die laaste aflewering ’n grenshou aangeteken om dié wedstryd gelykop te laat eindig. Nepal het dié wedstryd ná die uitboul gewen. Twee jaar later het Nepal die Wêreldkrieketliga se afdeling vyf in Katmandoe gewen, nadat hulle die Verenigde State in die eindstryd verslaan het. Sharad Vesawkar het teen Fidji ’n honderdtal aangeteken, toe hy 105 lopies van 134 aflewerings gemoker het. Nepal het uitstekend tydens die AKR Elitetrofee 2010 gevaar, nadat hulle al hul wedstryde in die groepfase gewen en Maleisië met agt lopies in die halfeindstryd verslaan het, maar hulle is in die eindstryd deur Afghanistan met 95 lopies verslaan. Daarmee het Nepal tot die Wêreldkrieketliga se afdeling vier gevorder, waar hulle die derde plek behaal en vervolgens in dié afdeling aangebly het. In November het Nepal aan die Asiatiese Spele se kriekettoernooi deelgeneem en hulle is in die kwarteindstryd deur Sri Lanka geklop. Dit was Nepal se eerste wedstryd teen ’n volle lid. In Desember 2011 het Nepal die AKR T20I-beker aangebied en vierde geëindig, waarvolgens hulle tot die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2012 gevorder het.

Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2012 het Nepal met oorwinnings teen Kenia en Papoea-Nieu-Guinee in uitspeelwedstryde sewende geëindig. Shakti Gauchan het tydens dié toernooi teen Denemarke die eerste internasionale driekuns vir Nepal behaal. In September 2012 het Nepal in die Wêreldkrieketliga se afdeling vier verskyn, waartydens beide Subash Khakurel en Anil Mandal honderdtalle aangeteken het. Subash Khakurel het 115 lopies van 142 aflewerings teen die Verenigde State en Anil Mandal 113 lopies van 134 aflewerings teen Denemarke aangeteken. In die wedstryd teen Maleisië het Shakti Gauchan in Nepal se oortuigende oorwinning ’n nuwe rekord opgestel. Die linkerhandse ortodokse draaier se 10–8–2–3 is die beste ekonomiese boulwerk nog in korter krieket. Nepal het al die ses wedstryde van dié toernooi gewen en tot Wêreldkrieketliga se afdeling drie 2013 gevorder. Nepalese spelers is in al die ses Nepalese wedstryde as onderskeidelike speler van die wedstryd aangewys en Basanta Regmi is as speler van die toernooi benoem, nadat hy gedurende dié toernooi altesaam 21 paaltjies geneem het. In Oktober 2012 het Nepal aan die AKR Elitetrofee deelgeneem en die trofee met die Verenigde Arabiese Emirate gedeel, nadat hulle op 12 Oktober 2012 in ’n naelbyter-eindstryd op die Sharjah-krieketstadion gelykop gespeel het. Die Verenigde Arabiese Emirate het ’n telling van 241 behaal, ’n teiken wat Nepal glo ná sy openingsstaander van 94 lopies kon haal. Hulle het egter agtereenvolgende paaltjies verloor en uiteindelik twaalf lopies in die laaste beurt met een oorblywende paaltjie benodig. Shakti Gauchan het Shadeep Silva se linkerhandse aflewering vir ’n ses geslaan, maar hy kon van die laaste aflewering net een lopie aanteken, waarvolgens ’n skitterende eindstryd in ’n gelykop geëindig het. Die kaptein Paras Khadka het tydens dié toernooi ’n onoorwonne 106 lopies van net 77 aflewerings teen Koeweit geslaan, sy eerste honderdtal vir Nepal.

Nepal het as gasheer vir die AKR T20I-beker op die tuisvelde in Kirtipur en Lalitpur opgetree. Nepal het die eindstryd gehaal, nadat hulle in die halfeindstryd die Verenigde Arabiese Emirate met ses paaltjies geklop het. Nepal het voorheen tot die T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2013 gevorder en die halfeindstryd van dié toernooi gehaal. Nepal moes met die status as naaswenner tevrede wees, nadat hulle deur Afghanistan met sewe paaltjies verslaan is. Die Nepalese span is tydens die hele toernooi deur ’n reuse skare ondersteuners begelei, met ’n gemiddelde bywoning van tussen 15 000 en 20 000 (sowat 25 000 in beide die halfeindstryd en eindstryd) tydens hul wedstryde, terwyl honderdduisend regstreeks op televisie ingeskakel het – ongetwyfeld die grootste publieke ondersteuning buite die toetslande. Nepal het die Wêreldkrieketliga se afdeling drie in Bermuda gewen en tot die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 in Nieu-Seeland gevorder. Nepal het ook aan die AKR se opkomende spannebeker in 2013 deelgeneem – saam met die o/23-spanne van die vier toetslande – Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka – asook die Verenigde Arabiese Emirate, Afghanistan en die gasheer Singapoer. Nepal het derde in die T20I-wêreldbekerkwalifisering in die Verenigde Arabiese Emirate geëindig en vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer, nadat hulle Hongkong met die laaste aflewering in ’n naelbyter-kwarteindstryd verslaan het.

Nepal is tydens die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2015 in Januarie 2014 uitgeskakel en hulle het tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 in Nieu-Seeland negende geëindig. Nepal was die beste van die drie assosiaatlede wat in die T20I-wêreldbeker 2014 se Groep A meegeding het. Hulle het Hongkong maklik verslaan, teen Bangladesj verloor, en Afghanistan geklop, hul eerste oorwinning teen dié span sedert 2004 in enige krieket, maar hulle het nogtans die Super Tien misgeloop. Nepal was die enigste span wat nie meer as 140 lopies in ’n wedstryd afgestaan het nie. Nepal het die AKR Premierliga 2014 derde afgesluit, nadat hulle die Verenigde Arabiese Emirate en Hongkong verslaan het om sodoende vir die AKR-kampioenskap 2014 te kwalifiseer. In September 2014 het Nepal aan die Asiatiese Spele se kriekettoernooi deelgeneem, maar hulle het nie die halfeindstryd gehaal nie. Nepal het die Wêreldkrieketliga se afdeling drie in Maleisië gewen en sodoende vir die Wêreldkrieketliga se afdeling twee 2015 gekwalifiseer. Gyanendra Malla het tydens dié toernooi sy eerste honderdtal aangeteken, toe hy 114 lopies van 125 aflewerings teen Singapoer gemoker het. In November het Nepal na Sri Lanka getoer, nadat Sri Lanka Krieket ’n aansoek van die Asiatiese Krieketraad goedgekeur het om die nietoetslande te ondersteun, waar hulle twee driedaagse wedstryde teen ’n saamgestelde Sri Lankaanse span gespeel het en ’n T20I-reeks teen Hongkong. Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2015 het Nepal nie daarin geslaag om sy sukses van die vorige toernooi te herhaal nie, nadat hulle ná hul oorwinning in die eerste wedstryd teen die Verenigde Staate geen verdere oorwinning aangeteken het nie.

Nepal het tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee in Namibië vierde geëindig en sodoende vir die Wêreldkrieketligakampioenskap 2015–17 gekwalifiseer. Nadat hulle derde in die groepfase geëindig het, het Nepal egter versuim om tot die Wêreldkrieketliga se afdeling een te vorder en sodoende vir die Interkontinentale Beker 2015–17 te kwalifiseer. Basanta Regmi het die eerste bouler geword om 100 paaltjies in die Wêreldkrieketliga te neem. Hy het dié mylpaal behaal nadat hy tydens dié toernooi twee paaltjies in die wedstryd teen Nederland geneem het. Op 11 April 2015 het Nepal ’n huldewedstryd van 63-beurte (31.3 beurte per span) gehou vir die Australiese krieketspeler Phillip Hughes, wat op 63 gekolf het toe hy deur ’n opslagbal getref is. Dié wedstryd is op Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld, Kirtipur, tussen ’n span blou, saamgestel uit spelers van beide Nepal en Australië, en ’n rooi span, bestaande uit Nepalese spelers, gespeel. In Junie het Nepal na Nederland getoer om ’n T20I-reeks teen die gasheer te speel. Nepal het toe aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering in Ierland en Skotland deelgeneem, waar hulle sewende in Groep A geëindig en dus versuim het om vir die tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbeker te kwalifiseer. In 2016 het die Nepalese regering by die beheerliggaam ingemeng, waarvolgens hulle deur die Internasionale Krieketraad geskors is. Hulle kon egter steeds aan internasionale krieket deelneem.

Verkryging van EDI-status (2018)

Nepalese Nasionale Krieketspan 
Paras Khadka het in 2018 die eerste EDI-honderdtal vir Nepal aangeteken

Tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee het Nepal tweede geëindig en sodoende sy plek in die Krieketwêreldbekerkwalifikasie 2018 bespreek. Op 15 Maart 2018 is aan Nepal vir die eerste keer EDI-status toegeken, nadat hulle Papoea-Nieu-Guinee tydens die Krieketwêreldbekerkwalifikasie 2018 se uitspeelwedstryd om die negende plek verslaan het. Met sy EDI-status het Nepal sy T20I-status terugontvang. Nadat hulle EDI-status verkry het, het Nepal se kaptein tydens die Krieketwêreldbekerkwalifikasie, Paras Khadka, gesê dat hulle mik om binne agt of tien jaar toetsstatus te verkry.

Nepal het sy eerste EDI-reeks bestaande uit drie wedstryde teen die Verenigde Arabiese Emirate gespeel en met 2–1 beklink, hul eerste EDI-reeksoorwinning. Paras Khadka het die eerste kolwer geword om ’n EDI-honderdtal vir Nepal aan te teken. Rohit Kumar Paudel het die wêreld se jongste speler geword om ’n EDI-vyftigtal en Sandeep Jora die wêreld se jongste speler om ’n T20I-vyftigtal aan te teken. In Oktober 2019 is die Krieketvereniging van Nepal ná hul opskorting in 2016 weer as ’n IKR-lid toegelaat. Oman en die Verenigde State het naas die gasheer ook aan die Nepalese Drienasiesreeks in Februarie 2020 deelgeneem. Kushal Malla het op ouderdom 15 jaar en 340 dae in die wedstryd teen die Verenigde State die jongste manskrieketspeler geword om ’n internasionale vyftigtal aan te teken. Op 12 Februarie 2020 het Nepal die Verenigde State op net 35 lopies uitgeboul, die kleinste totale telling van ’n span in EDI-wedstryde nog. Met sy EDI-status het Nepal ook die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 vir die Krieketwêreldbeker 2023 gehaal. Die Nepalese het dié toernooi in die derde plek afgesluit, waarmee hulle die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 in Zimbabwe gehaal en gelyktydig hul plek in die Krieketwêreldbekerliga 2 2023–2027 vir die Krieketwêreldbeker 2027 bespreek het. Die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 het hulle in die agste plek beëindig, waarmee hulle die hooftoernooi in Indië misgeloop het.

Maleisië en Nederland het naas die gasheer ook aan die Nepalese Drienasiesreeks in April 2021 deelgeneem. Nepal het dié toernooi gewen, nadat hulle drie van hul vier wedstryde gewen en die eindstryd gehaal het, waar hulle teen Nederland te staan gekom het. Nepal het Nederland met 142 lopies geklop en die toernooi beklink. Die debutant Kushal Bhurtel het tydens dié toernooi 278 lopies met ’n kolfgemiddelde van 69,50 en ’n slaankoers van 140,40 gemoker en hy is as “speler van die reeks” benoem. Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering A in 2022 het Nepal die derde plek behaal wat egter nie genoeg was om vir die T20I-wêreldbeker 2022 te kwalifiseer nie. Die AKR Premierbeker 2023, wat in Nepal beslis is, het die gasheer met ’n eindstrydoorwinning van sewe paaltjies teen die Verenigde Arabiese Emirate beklink en daarmee vir die eerste keer vir ’n Asiatiese Bekertoernooi gekwalifiseer. Tydens die Asiatiese Beker 2023 is hulle egter deur Pakistan en Indië verslaan en in die eerste rondte uitgeskakel. Tydens die Asiatiese T20I-wêreldbekerkwalifisering 2023 het Nepal die eindstryd teen Oman gehaal en sodoende vir die T20I-wêreldbeker 2024 gekwalifiseer.

Kleure, kenteken en bynaam

In EDI- en T20I-krieket dra Nepal blou truie, met rooi moue en ’n rooi V-halslyn, en blou broeke. Veldspelers dra ’n rooi bofbalpet of ’n rooi sonhoed. Die kolwers se helms is blou geverf. Gedurende IKR-toernooie verskyn die borg se embleem op die regtermou en die letters NEPAL verskyn op die middel van die trui.

Die Nepalese nasionale krieketspan se byname is The Rhinos, Gorkhalis en The Cardiac Kids. Die Krieketvereniging van Nepal se kenteken toon derhalwe ’n renoster.

Tuisstadions

Nepalese Nasionale Krieketspan 
Die Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld is een van twee Nepalese krieketvelde met amptelike EDI-status
Nepalese Nasionale Krieketspan 
Nepalese Nasionale Krieketspan 
Tribhuvan
Nepalese Nasionale Krieketspan 
Mulpani
Ligging van Nepalese krieketstadions

Nepal beskik oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Nepalese nasionale krieketspan gebruik vir hul krieketwedstryde eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Nepal:

No. Stadion Plek Eerste wedstryd
1 Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld Kirtipur 5 Desember 2019
2 Mulpani-krieketveld Kageshwari-Manohara 29 April 2023

Spelers

Spelerstatistieke

Altesaam het vir Nepal 37 spelers EDI- en 45 spelers T20I-krieket gespeel. Vervolgens die spelers, wat vir die Nepalese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Rohit Paudel 2018–hede 54 1 474 Dipendra Singh Airee 2018–hede 53 1 344
Aasif Sheikh 2021–hede 43 1 250 Kushal Bhurtel 2021–hede 29 0915
Kushal Bhurtel 2021–hede 46 1 032 Gyanendra Malla 2014–2022 45 0883
Aarif Sheikh 2018–hede 48 0904 Paras Khadka 2014–2020 33 0799
Dipendra Singh Airee 2018–hede 52 0889 Aasif Sheikh 2021–hede 33 0788
Korrek teen: 6 November 2023 Korrek teen: 6 November 2023

Paaltjies

EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Sandeep Lamichhane 2018–hede 51 112 Sandeep Lamichhane 2018–hede 51 98
Karan KC 2018–hede 48 074 Karan KC 2015–hede 55 79
Sompal Kami 2018–hede 49 065 Abinash Bohara 2019–hede 48 64
Dipendra Singh Airee 2018–hede 52 036 Sompal Kami 2014–hede 55 52
Lalit Rajbanshi 2019–hede 23 028 Basant Regmi 2014–2019 18 25
Korrek teen: 6 November 2023 Korrek teen: 6 November 2023

Spankapteins

Tot op hede was vier spelers reeds die kaptein vir Nepal tydens ’n EDI-wedstryd en vier tydens ’n T20I.

EDI T20I
No. Naam Tydperk Naam Tydperk
1 Paras Khadka 2018–2019 Paras Khadka 2014–2019
2 Gyanendra Malla 2020–2021 Gyanendra Malla 2019–2021
3 Sandeep Lamichhane 2022 Sandeep Lamichhane 2022
4 Rohit Paudel 2023–hede Rohit Paudel 2023–hede

Rekords

EDI-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetslande
Nepalese Nasionale Krieketspan  Ierland 1 0 1 0 0 0,00
Nepalese Nasionale Krieketspan  Indië 1 0 1 0 0 0,00
Nepalese Nasionale Krieketspan  Pakistan 1 0 1 0 0 0,00
Nepalese Nasionale Krieketspan  Wes-Indië 1 0 1 0 0 0,00
Nepalese Nasionale Krieketspan  Zimbabwe 1 0 1 0 0 0,00
t. Assosiaatlede
Nepalese Nasionale Krieketspan  Namibië 6 2 3 0 1 33,33 14 Februarie 2023
Nepalese Nasionale Krieketspan  Nederland 3 1 2 0 0 33,33 3 Augustus 2018
Nepalese Nasionale Krieketspan  Oman 7 3 4 0 0 42,85 19 September 2021
Nepalese Nasionale Krieketspan  Papoea-Nieu-Guinee 10 8 2 0 0 80,00 7 September 2021
Nepalese Nasionale Krieketspan  Skotland 6 3 3 0 0 50,00 13 Julie 2022
Nepalese Nasionale Krieketspan  Verenigde Arabiese Emirate 15 9 6 0 0 60,00 26 Januarie 2019
Nepalese Nasionale Krieketspan  Verenigde State 7 4 2 1 0 57,14 8 Februarie 2020
Algeheel 59 30 27 1 1 50,84 3 Augustus 2018
Rekords volledig tot en met EDI #4695 op 6 November 2023. Laaste keer hersien op 6 November 2023. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Krieketwêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1979 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1983 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1987 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1992 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1996 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1999 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
2011 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 Nie gekwalifiseer nie
2027 N.v.t.
2031 N.v.t.

Kampioenetrofeerekord

Jaar Uitslag
1998 Nie toegelaat nie
2000 Nie gekwalifiseer nie
2002 Nie gekwalifiseer nie
2004 Nie gekwalifiseer nie
2006 Nie gekwalifiseer nie
2009 Nie toegelaat nie
2013 Nie toegelaat nie
2017 Nie toegelaat nie
2025 Nie gekwalifiseer nie
2029 N.v.t.

T20I-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste T20I-oorwinning
t. Toetslande
Nepalese Nasionale Krieketspan  Afghanistan 1 1 0 0 0 100,00 20 Maart 2014
Nepalese Nasionale Krieketspan  Bangladesj 1 0 1 0 0 0,00
Nepalese Nasionale Krieketspan  Ierland 3 0 3 0 0 0,00
Nepalese Nasionale Krieketspan  Indië 1 0 1 0 0 0,00
Nepalese Nasionale Krieketspan  Zimbabwe 2 0 2 0 0 0,00
t. Assosiaatlede
Nepalese Nasionale Krieketspan  Bhoetan 1 1 0 0 0 100,00 5 Desember 2019
Nepalese Nasionale Krieketspan  Filippyne 1 1 0 0 0 100,00 19 Februarie 2022
Nepalese Nasionale Krieketspan  Hongkong 7 4 3 0 0 57,14 16 Maart 2014
Nepalese Nasionale Krieketspan  Kanada 1 1 0 0 0 100,00 21 Februarie 2022
Nepalese Nasionale Krieketspan  Katar 1 0 1 0 0 0,00
Nepalese Nasionale Krieketspan  Kenia 5 3 2 0 0 60,00 25 Augustus 2022
Nepalese Nasionale Krieketspan  Koeweit 1 1 0 0 0 100,00 27 Julie 2019
Nepalese Nasionale Krieketspan  Maledive 3 3 0 0 0 100,00 6 Desember 2019
Nepalese Nasionale Krieketspan  Maleisië 9 8 1 0 0 88,89 13 Julie 2019
Nepalese Nasionale Krieketspan  Mongolië 1 1 0 0 0 100,00 27 September 2023
Nepalese Nasionale Krieketspan  Nederland 9 4 4 0 1 44,44 3 Julie 2015
Nepalese Nasionale Krieketspan  Oman 6 3 2 1 0 50,00 11 Februarie 2022
Nepalese Nasionale Krieketspan  Papoea-Nieu-Guinee 4 3 1 0 0 75,00 28 Maart 2022
Nepalese Nasionale Krieketspan  Singapoer 3 2 1 0 0 66,67 28 September 2019
Nepalese Nasionale Krieketspan  Thailand 1 1 0 0 0 100,00 4 Maart 2020
Nepalese Nasionale Krieketspan  Verenigde Arabiese Emirate 9 5 4 0 0 55,56 1 Februarie 2019
Algeheel 70 42 26 1 1 60,00 16 Maart 2014
Rekords volledig tot en met T20I #2348 op 5 November 2023. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
2007 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
2009 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
2010 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
2012 Nie gekwalifiseer nie
2014 Eerste rondte
2016 Nie gekwalifiseer nie
2021 Nie gekwalifiseer nie
2022 Nie gekwalifiseer nie
2024 gekwalifiseer
2026 N.v.t.
2028 N.v.t.
2030 N.v.t.

Asiatiese Bekerrekord

Jaar Uitslag
1984 Nie toegelaat nie
1986 Nie toegelaat nie
1988 Nie toegelaat nie
1990 Nie toegelaat nie
1993 Toernooi afgelas
1995 Nie toegelaat nie
1997 Nie gekwalifiseer nie
2000 Nie deelgeneem nie
2004 Nie gekwalifiseer nie
2008 Nie gekwalifiseer nie
2010 Nie deelgeneem nie
2012 Nie deelgeneem nie
2014 Nie gekwalifiseer nie
2016 Nie deelgeneem nie
2018 Nie gekwalifiseer nie
2022 Nie gekwalifiseer nie
2023 Eerste rondte

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Nepalese Nasionale Krieketspan BeheerliggaamNepalese Nasionale Krieketspan GeskiedenisNepalese Nasionale Krieketspan Kleure, kenteken en bynaamNepalese Nasionale Krieketspan TuisstadionsNepalese Nasionale Krieketspan SpelersNepalese Nasionale Krieketspan RekordsNepalese Nasionale Krieketspan Sien ookNepalese Nasionale Krieketspan VerwysingsNepalese Nasionale Krieketspan Eksterne skakelsNepalese Nasionale KrieketspanAsiëBangladesjKatmandoeKrieketKrieketvereniging van NepalNepalNepaleesSuid-AsiëT20I-wêreldbeker 2014Toetskrieket

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlimaatveranderingHeuningbyOopbroninhoudLugbesoedelingRugbyHokkiePriemfaktorWitrenosterGewone wildevyKomeetRenaissanceKabeljouVeeartsVlag van Suid-AfrikaJeuksiekteDaggaVisLys van Afrikaanse rolprenteSeksCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteRuan JoshEkonomie van Suid-AfrikaApokriewe boekeVaginale kankerDierTsjeggiesAdam Tas (sanger)VulvaRutenium(VIII)oksiedSeekoeiSosiale mediaWinnie Madikizela-MandelaLys van kinderspeletjiesBreinvliesontstekingJan van RiebeeckPenisLys van kleureAfrikaanse taalleerHennie MaasBobby AngelMaselsRatelJavaScriptLionel MessiCovid-19-pandemieErosietipesMandarynsEngelsPubiese hareHugenootMin ShawEbracteola montis-moltkeiSteve HofmeyrAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSekondêre sektor van die ekonomieVrouKopieregMierleeuEngelandFilosofieSharpeville-slagtingRooms-Katolieke KerkSmall HandsVideoKameelperdErica BoyerSuikerbekkiesToerismeGeskiedenis van Suid-AfrikaRefentse MorakeVakwerkboogbrugVerenigde KoninkrykA.G. VisserLewerSpringbokke🡆 More