Stillewe Met Strooihoed

Stillewe met strooihoed (Stillleben mit gelbem Strohhut) ook bekend as Stillewe met geel strooihoed en stillewe met hoed en pyp is laat November - middel Desember 1881 of selfs moontlik in 1885, deur Vincent van Gogh geskilder in die dorp Nuenen.

Stillewe Met Strooihoed
Stillewe met strooihoed

Van Gogh in Nuenen

In November 1884 het Van Gogh 'n paar vriende van Eindhoven, 'n groot dorp naby Nuenen, geleer om lewelose voorwerpe in olie te verf. Van Gogh het met groot entoesiasme 'n reeks stilleweskilderye van bottels, bakke, potte en ander voorwerpe geskep. Stillewe met strooihoed is gedurende hierdie tydperk by Nuenen geskilder. Hy het geskryf dat die skilderye moeilik sou wees om te verkoop, maar aangesien hy die moeite waardevol geag het, het hy gedurende die winter deurlopend stillewekomposisies geskilder.

Die skildery

Stillewe met strooihoed en nog 'n skildery vanuit hierdie tydperk, Stillewe met erdepot en klompe, word deur kritici en skrywers vir hul tegniese bemeestering in ag geneem. Albei word gekenmerk deur gladde, noukeurige kwaswerk en fyn skakering van kleure. Tydens sy twee jaar lange verblyf in Nuenen het hy talle tekeninge en waterverf en byna 200 olieverfskilderye voltooi. Sy palet het egter hoofsaaklik uit sombere aardse tone bestaan, veral donkerbruin, en hy het geen teken getoon dat hy die lewendige kleur ontwikkel wat sy latere, bekendste werk onderskei nie. Toe hy gekla het dat Theo nie genoeg moeite gedoen het om sy skilderye in Parys te verkoop nie, het Theo geantwoord dat dit te donker was en nie in lyn was met die huidige styl van helder impressionistiese skilderye nie.

Die skildery vorm deel van die Kröller-Müller Museum- versameling in Otterlo, Nederland

Herkoms

Helene, die vrou van Anton Kröller, het haar lewe en fortuin spandeer om Van Gogh-skilderye te versamel. Die Kröller se kunsversameling van die 19de en 20ste eeu het na die Nederlandse staat en die Kröller-Müller Museum gegaan. Die moontlikheid bestaan dat die reëling eerder 'n middel van restitusie was vir die miljoene gulden wat die Nederlandse staat in die 1930's betaal het om vir 'n bank, een van Anton Kröller-korporasie se grootste kliënte, solvensie te handhaaf en sodoende in die proses vir Kröller te beskerm.

Verwysings

Tags:

Stillewe Met Strooihoed Van Gogh in NuenenStillewe Met Strooihoed Die skilderyStillewe Met Strooihoed HerkomsStillewe Met Strooihoed VerwysingsStillewe Met StrooihoedVincent van Gogh

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VirusWikipediaHartSpelerposisies in rugbyJan BlohmBukkakeRugbyLeierAkuut-aksenttekenNelson MandelaKangaroeNoord-KaapKarpElizabeth II van die Verenigde KoninkrykBruto binnelandse produkLuiperdMadison IvyApokriewe boekeNarkoseNierversakingLMiljardHykie BergAntoniemHeks van HexrivierPlastiekGifu-prefektuurIdioomKiewieteVergelykings (taalkunde)Glenys LynneKhoisanSwawelMaselsAfghanistanLetterkundeColeskeTemperatuurregulering (biologie)Gravis-aksenttekenKewerBlourokkeChristendomLys van Suid-Afrikaanse T20I-krieketspelersSokkerHernubare energieTonteldoosLys van lande volgens bevolkingPlagiaatUrineJohan VorsterJeugdagKatPerdVoyeurismeMieliestronkSmall HandsSkoenlapperGeelslangRichard van der WesthuizenSuid-AfrikaOntkiemingBloemfonteinRenosterProvinsies van Suid-AfrikaMensKinderregteWaterkringloopMenseregtedagJesus van NasaretHomoniemSendelingposisieRegAai Aai die WitborskraaiAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKTrappe van vergelyking🡆 More