Eindhoven

Eindhoven is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant.

Die munisipale gebied het sowat 238 000 inwoners (2022) en 'n oppervlakte van 89 km². Eindhoven is die grootste stad in hierdie provinsie en die vyfde grootste stad van Nederland.

Eindhoven
Munisipaliteit
Die sentrum van Eindhoven
Die sentrum van Eindhoven
Vlag van Eindhoven
Vlag
Wapen van Eindhoven
Wapen
Ligging van Eindhoven in Noord-Brabant-provinsie
Ligging van Eindhoven in Noord-Brabant-provinsie
Kaart van Eindhoven-munisipaliteit
Kaart van Eindhoven-munisipaliteit
Koördinate: 51°26′N 5°28′O / 51.433°N 5.467°O / 51.433; 5.467 5°28′O / 51.433°N 5.467°O / 51.433; 5.467
LandVlag van Nederland Nederland
ProvinsieEindhoven Noord-Brabant
Regering
 • BurgemeesterJeroen Dijsselbloem (PvdA)
Oppervlak
 • Totaal89,36 km2 (34,50 vk. myl)
 • Land88,02 km2 (33,98 vk. myl)
 • Water1,35 km2 (0,52 vk. myl)
Hoogte
17 m (56 ft)
Bevolking
 • Totaal238 326
 • Digtheid2 708/km2 (7 010/vk. myl)
 1 Januarie 2022
TydsoneUTC+1 (IST)
 • SomertydUTC+2 (IDT)
Poskode
5611–5658
Skakelkodes040
Bestuurlike sentrumEindhoven
Webwerfwww.eindhoven.nl/

Eindhoven lê in die Suidoos-Brabant-regio en in die Kempen-streek.

Geskiedenis

Eindhoven het in 1232 al stadsregte gekry. Die stad het veral begin groei toe Philips (gloeilampe) daar gevestig is. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die motorfabriek DAF ook begin groei en dit het ook die groei van Eindhoven beïnvloed.

Distrikte

Van al die Eindhoven-distrikte is die historiese sentrum verreweg die kleinste in grootte en bevolking, en het in 2006 slegs 5 419 inwoners. Woensel-Noord is die grootste, en dit was die grootste uitbreidingsgebied van die stad in 'n aantal dekades.

Die stad is tans verdeel in sewe distrikte:

  1. Centrum
  2. Woensel-Noord
  3. Woensel-Zuid
  4. Tongelre
  5. Stratum
  6. Gestel
  7. Strijp

Kultuur

Eindhoven het twee groot teaters: Muziekcentrum Frits Philips en Parktheater. Die bekendste museum in die stad is die Van Abbe Museum (moderne kuns).

Sport

Eindhoven is die tuiste van die sokkerspanne PSV Eindhoven en FC Eindhoven en die hokkiespan Oranje Zwart.

Universiteite

In Eindhoven is daar twee instansies in die hoëronderwys-stelsel: Technische Universiteit Eindhoven en Fontys Hogeschool. (Die Nederlandse 'hogeschool' is wel 'n tersiêre opleidingsentrum en kan nie vergelyk word met die Suid-Afrikaanse 'hoërskool' nie.)

Internasionale betrekkinge

Eindhoven is verenig met:

Geboortes

Naburige munisipaliteite

Oirschot Best, Son en Breugel
Eersel Eindhoven  Nuenen, Gerwen en Nederwetten
Veldhoven Waalre Geldrop-Mierlo, Heeze-Leende

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Eindhoven GeskiedenisEindhoven DistrikteEindhoven KultuurEindhoven SportEindhoven UniversiteiteEindhoven Internasionale betrekkingeEindhoven GeboortesEindhoven Naburige munisipaliteiteEindhoven VerwysingsEindhoven Eksterne skakelsEindhovenMunisipaliteitNederlandNoord-Brabant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BlourokkeOnomatopeeSirkelKunsmatige algemene intelligensieVingerseksPeach van PletzenWaterpokkiesEnsiklopedieTrekarbeidPresident van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteGawes van die Heilige GeesCarles PuigdemontVerkragtingDurbanAardkorsWoordeskatGeloftedagSuid-Afrikaanse randKaapstadInnes en Franna BenadéUitwerking van klimaatsveranderingPerdebyeOligopolieWelwitschiaTradisionele literatuurSimboolTegnologieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaDierArmoedeverligtingJagluiperdPaasfeesSpoorvervoer in Suid-AfrikaAarverkalkingAlkoholismeKoorsblaarGautengSoutsuurEuropaGriepStudievaardighedeSeksposisieRenteMusieksimboleLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Bipolêre gemoedsteuringWaterkringloopMateriaalLeestekenKoolhidraatEk is 'n Afrikaan (toespraak)SeegolfLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaPornografiese subgenresTienie HollowayJavaScriptHigiëneLys van musiekinstrumenteKoedoeGroepsdrukSokkerNiersteenTamatieEngelandBlaarGedigInternetSwaelSprokieLeierLionel Messi🡆 More