Stadhuis Van Bloemfontein

Die Stadhuis van Bloemfontein (ook Bloemfontein-stadsaal, Engels: Bloemfontein City Hall) is 'n gebou in Bloemfontein wat die munisipale rade van Bloemfontein gehuisves het.

Die gebou is in 1935 voltooi en in 2017 deur vandale afgebrand. Die gebou lê aan die President Brandstraat in die Bloemfonteinse middestad naas die Appèlhof van Suid-Afrika en teenoor die Hertzogplein.

Stadhuis van Bloemfontein
Stadhuis Van Bloemfontein
Die ingang van die Stadhuis van Bloemfontein aan die President Brandstraat
Inligting
Naam Stadhuis van Bloemfontein
Dorp/Stad Bloemfontein
Land Suid-Afrika
Argitek Gordon Leith
Kliënt Bloemfontein-munisipaliteit
Voltooidatum 1935
Datum gesloop 2017 (afgebrand)
Strukturele stelsel Sandsteen

Gebou

Die gebou is uit sandsteen gebou en is ontwerp deur Gordon Leith. Die stadhuis het 'n groot saal, die stadsaal, agter sy oostelike ingang. Daardie ingang aan die President Brandstraat het 'n simmetriese ontwerp met twee torings. Suile gee die oostelike ingang sy neoklassisistiese elemente. Skuinsbo die ingang, wat die simmetriese ontwerp verdeel, hang bordjies met die aanduiding Stadhuis en City Hall. Bo hierdie aanduidings is ook die destydse wapen van Bloemfontein weergegee.

Gedurende die 1980s is skuins agter die gebou nuwe munisipale kantore opgerig. Ook na die munisipale veranderinge in 2000 en die herindeling in 2011 gebruik die plaaslike owerhede steeds die stadhuis.

Verwoesting

Op 21 Junie 2017 het vandale die gebou aan die brand gesteek. Die brand is aangesteek tydens 'n protes van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie wat die gebou vroeër die dag beset het. In die brand het ook die munisipale argiewe wat in die gebou was, verlore gegaan.

Tydens die brand is die dak en meeste in die gebou verwoes. Die mure het die brand egter oorleef, sodat daar hoop is vir restourasie van die gebou.

Eksterne skakels

Verwysings

26°13′0″O / 29.11417°S 26.21667°O / -29.11417; 26.21667

Tags:

Stadhuis Van Bloemfontein GebouStadhuis Van Bloemfontein VerwoestingStadhuis Van Bloemfontein Eksterne skakelsStadhuis Van Bloemfontein VerwysingsStadhuis Van Bloemfontein19352017Appèlhof van Suid-AfrikaBloemfonteinEngelsGebouMunisipaliteitVandalisme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Eerste WêreldoorlogEkonomie van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse randTswanaXHTMLPrimêre sektor van die ekonomieMaanLimfvatstelselLys van Suid-Afrikaanse skrywersMaselsLys van Griekse mitologiese figureKoos du PlessisKevin RuddKolitisAfro-AmerikanersRosa ParksVeerOrthopteraAardbewingMasturbasieSwemWetenskaplike klassifikasieMonumentLeierskapToerismeSias ReineckeHannes van WykWeermagGedigSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Lys van Afrikaanse skrywersBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Kunsmatige algemene intelligensieAardedagBateLys van nedersettings in Suid-AfrikaWinnie Madikizela-MandelaNagmaalVioolMoedersdagNasionale VrouedagKriekPersoonlike voornaamwoordNatuurbewaringBipolêre gemoedsteuringDrinkwatervoorsieningWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaHoofstadLidwoordJohannesburgKaliumVerkoueAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidNaaldekokerDieremishandelingJeuksiekteVoedselkettingDiskriminasieMarsElektrisiteitGenitale vratLys van Afrikaanse rolprenteRassisme in AfrikaMenseregteChromatografieSnaarinstrumentSeekoeiPornografiese akteurLys van elemente volgens simboolDesimale breukeOlimpiese SomerspeleGoudIngrid JonkerKatoenMaatskaplike verantwoordelikheidSpringbokke🡆 More