Slag Van Tsjornobil

Die Slag van Tsjornobil was 'n militêre konfrontasie in die Tsjornobil-uitsluitingsone tussen die Russiese Weermag en die Oekraïense Weermag, wat op 24 Februarie 2022 tydens die eerste dag van die Russiese inval in Oekraïne plaasgevind het.

Russiese magte wat Oekraïne vanuit Belarus binnegeval het, het teen die einde van daardie dag die gebied rondom die Tsjernobil-kernkragsentrale beset.

Agtergrond

Slag Van Tsjornobil 
'n Kontrolepunt in die Tsjernobil-uitsluitingsone soos gesien in 2010

Tydens die Tsjernobil-kernramp in 1986 is groot hoeveelhede radioaktiewe materiaal uit die Tsjernobil-kernkragsentrale in die omliggende omgewing vrygestel. 'n Gebied met 'n 30 kilometer radius rondom die beskadigde reaktor is deur die Sowjet-owerhede ontruim en verseël. Hierdie gebied is daarna as die Tsjernobil-uitsluitingsone afgesper, en sy grense het mettertyd verander. Na die ontbinding van die Sowjetunie het hierdie gebied deel geword van die nuwe onafhanklike Oekraïne:p.4–5:p.49f.3 en is deur die staatsnooddiens van Oekraïne bestuur.

Slag

Gedurende die middag van 24 Februarie 2022, die eerste dag van die Russiese inval in Oekraïne, het die Oekraïense regering aangekondig dat Russiese magte 'n aanval geloods het om die Tsjernobil-uitsluitingsone te beset. Teen die einde van die dag het die Oekraïense regering verder aangekondig dat Russiese magte Tsjornobil en Pripjat verower het. Ná die Russiese besetting van die uitsluitingsone, het die Amerikaanse regering op grond van "geloofwaardige berigte" aangekondig dat Russiese soldate tans die personeel van die Tsjernobil-fasiliteite gyselaar hou.

Daar is berig dat artillerievuur sommige opbergplekke vir radioaktiewe afval getref het en 'n toename in radioaktiwiteit is waargeneem. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het egter gesê "daar was geen ongevalle of vernietiging by die nywerheidsterrein nie."

Op 29 Maart het die Russiese Adjunkminister van Verdediging, Alexander Fomin, 'n onttrekking van Russiese magte uit die Kijiv-gebied aangekondig, en op 1 April het die Staatsagentskap vir Uitsluitingsonebestuur aangekondig dat Russiese troepe hulle heeltemal aan die Tsjornobil-kragstasie onttrek het.

Reaksies

Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het die Russiese besetting van die uitsluitingsone 'n "oorlogsverklaring teen die hele Europa" genoem.

Mikhailo Podolijak, 'n raadgewer in die kantoor van die Oekraïense president, het gesê dat dit 'n "heeltemal sinnelose aanval" was en "die toestand van die voormalige Tsjernobil-kernkragsentrale, opsluiting en kernafvalbergingsfasiliteite onbekend is". Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het egter gesê dat daar geen ongevalle of vernietiging by die nywerheidsterrein was nie en dat dit van kardinale belang is dat die veilige bedrywighede van die kernfasiliteite in daardie sone nie geraak of ontwrig moet word op enige manier nie.

Ontleding

Slag Van Tsjornobil 
Aanval op Kijif via Tsjernobil vanuit Wit-Rusland

In die groter prentjie van die Russiese Leër se Kijif-offensief kan die besetting van Tsjernobil as 'n halfwegpunt vir Russiese troepe, op pad na Kijif, beskou word. Ben Hodges, voormalige bevelvoerder van die Amerikaanse weermag in Europa, het gesê dat die uitsluitingsone “belangrik was vanweë waar dit geleë is... As Russiese magte Kijif vanuit die noorde aanval, is Tsjernobil net daar op die pad.” Evelyn Farkas, voormalige Amerikaanse adjunk-assistent-sekretaris van verdediging vir Rusland, Oekraïne en Eurasië, het gesê dat die Russiese magte "die hoofstad wil omsingel" en dat hulle "beslis nie wil hê dat los kernmateriaal ronddryf nie" sou 'n Oekraïense opstand plaasvind.

Die uitsluitingsone is belangrik omdat dit afval van die Tsjernobil-kernramp van 1986 bevat. Sodanig het Anton Herasjenko, raadgewer vir die Oekraïense departement van binnelandse sake, gesê dat "as die besetters se artillerie-aanvalle die kernafvalbergingsfasiliteit tref, radioaktiewe stof die gebiede van Oekraïne, Wit-Rusland en EU-lande kan bedek". Volgens die Britse nuusdiens BBC het moniteringstasies in die gebied 'n 20-voudige toename in bestralingsvlakke gerapporteer, tot 65 µSv per uur. Claire Corkhill van die Universiteit van Sheffield het gesê dat die toename gelokaliseer is en deels te wyte was aan "verhoogde beweging van mense en voertuie in en om die Tsjernobil-uitsluitingsone wat radioaktiewe stof, wat op die grond was, sou opgeskop het".

Verwysings

Tags:

Slag Van Tsjornobil AgtergrondSlag Van Tsjornobil SlagSlag Van Tsjornobil ReaksiesSlag Van Tsjornobil OntledingSlag Van Tsjornobil VerwysingsSlag Van TsjornobilBelarusOekraïense WeermagRussiese LeërRussiese inval in Oekraïne, 2022

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KortverhaalMiddelmisbruikRacheltjie de BeerKroonstadBlack SashVerdampingKoos KombuisMateriaalBemarkingTemperatuurInsekKoos du PlessisKommunikasieSeismologieKlereSowjetunieMiltTweede Nuwe JaarRekenaarKommunismeLewerRosa ParksGrondwet van Suid-AfrikaErosieKlein-KarooWatersuiweringOlimpiese SomerspeleZimbabweSiya KolisiOntwikkelende landKarakteriseringSeetherMierMenslike skeletSwartkwasmuishondKonflik (proses)Erektiele disfunksieVerenigde State van AmerikaKrugerwildtuinSlawernyMpumalangaDistrik SesRuimteVioolSwart nasionalismePaddaOligopolieJeugdagVersamelnaamJudaïsmeVarkgriepSuurreënGemeenskapPHNasionale VrouedagStollingsgesteenteWiki CommonsMuskietGeskiedenis van Suid-AfrikaWetenskapLandbouGeweldJode in Suid-AfrikaLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierFetale alkoholsindroomOlifantKommaAtoomMiddeloorontstekingBesoedelingGriepIslamitiese seksualiteitswetteNuwe TestamentKlimaatMusieksimboleHolocaust🡆 More