Tsjornóbil (Oekraïns Чорнобиль , in Afrikaans veral bekend onder sy Russiese naam Tsjernóbil, 'n transkripsie van Чернобыль ) is 'n stad in die landskap Polesië in die noorde van Oekraïne.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Oekraïne |
Oblast | Kiëf |
Stigting | 1193 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | - vk km |
Hoogte bo seevlak | - m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 500 |
- Bevolkingsdigtheid | -/vk km |
Tydsone | EET / UTC +2 |
- Somertyd | EEST / UTC +3 |
Burgemeester | Mykola Wassylenko |
Tsjornobil is in die Kijif-oblast geleë, sowat 15 km oos van die grens met Belarus. Die stad was vroeër die administratiewe sentrum van die gelyknamige rajon. Tsjornobil is aan die Pripjat geleë, 'n syrivier van die Dnipro.
Die stad word veral verbind met die kernongeluk wat op 26 April 1986 in die Tsjornobil-kernkragsentrale naby Pripjat, 'n buurstad van Tsjornobil, plaasgevind het en waarna later as die Tsjernobil-kernramp verwys sou word. Pripjat is vandag 'n "spookdorp" en vorm die sentrum van die sogenaamde "Sone", 'n spergebied rondom die bouval van die kernaanleg. Tsjornobil is buite die binnekring van die spergebied met 'n deursnee van 10 km geleë.
In Tsjornobil is talle geboue gerenoveer waarin vroeër werkers en ingenieurs van die voormalige Pripjat-kragkompleks, waarvan die Tsjernobil-aanleg deel uitgemaak het, en soldate, polisie- en brandweerlede gehuisves is. 'n Hotel staan oop vir besoekers. In die stadsgebied en omgewing van Tsjornobil woon tans nog sowat 400 van oorspronklik 14 000 persone wat òf geweier het om die gebied ná die kernramp te ontruim òf later na hul dorpe teruggekeer het. Tsjornobil se oorspronklike bewoners is grotendeels in 'n nuwe stad, Slawoetitsj, hervestig wat vir dié doeleinde gestig is.
Die omgewingsorganisasie Blacksmith Institute het Tsjornobil in 2006, 2007 en 2013 in sy Top Ten Threats-lys, wat jaarliks gepubliseer word, onder die wêreld se tien nedersettings met die ergste omgewingsbesoedeling gereken.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tsjornobil, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.