Tsjernobil-Kernramp

Die Tsjernobil-kernramp (ook na verwys as die Tsjernobil-ongeluk) was 'n katastrofiese kernongeluk wat op 26 April 1986 plaasgevind het in die Tsjernobil-kernkragsentrale naby die dorp Pripyat in die Oekraïne (destyds amptelik die Oekraïense SSR), wat onder die direkte jurisdiksie van die sentrale owerhede van die Sowjetunie gestaan het.

'n Ontploffing en brand het groot hoeveelhede radioaktiewe deeltjies in die atmosfeer vrygestel, wat oor die grootste deel van die westelike USSR en Europa versprei het.

Tsjernobil-Kernramp
Ligging van die Tsjernobil-kernkragaanleg

Die Tsjernobil-ramp was die ergste kernkragongeluk in die geskiedenis in terme van koste en ongevalle. Dit is een van slegs twee geklassifiseer as 'n vlak 7 gebeurtenis (die maksimum klassifikasie) op die "International Nuclear Event" skaal, die ander is die Fukushima Daiichi-kernramp van Japan in 2011. Die stryd om die besoedeling te beperk en 'n groter katastrofe te voorkom, het uiteindelik meer as 500 000 werkers betrek en 'n geskatte 18 miljard roebels gekos. Tydens die ongeluk is 31 mense dood, maar langtermyneffekte soos kanker word nog ondersoek.

Tsjernobil-Kernramp
Die verlate stad Pripyat met die Tsjernobil-aanleg op die agtergrond
Tsjernobil-Kernramp
Die kernreaktor in 2006, 20 jaar na die ongeluk, omhul deur 'n sarkofaag van staal en beton om lekkasie van radioaktiewe deeltjies te beperk.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

EuropaOekraïneUSSR

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kolorektale kankerEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaRob HersovTrekarbeidIndustriële RevolusieVingerseksHorlosieStam (taalkunde)Tweede VryheidsoorlogLien se lankstaanskoeneLiefdeOranjerivierHannes van WykAnneli van RooyenGetalEmfiseemCheslin KolbeLys van Afrikaanse rolprenteMetafoorVigsWitbankMateriaalWet op NaturellengrondVierde Industriële RevolusieTussenwerpselBrongitisMilitêre diensplig in Suid-AfrikaFinansiële staatBesnydenisRoemeensKangaroeHartversakingSilwerNag van die lang messeGewone breukeCovid-19-pandemieBeesvleisRudi ClaaseHeelgetalTurkyeEk is 'n Afrikaan (toespraak)MierSekondêre sektor van die ekonomieSwangerskapKrapVerkleinwoordJapie GreylingLiewe HeksieOopbroninhoudSeekoeiDigvormErica BoyerMaatskappyRassisme in AfrikaSuid-Afrikaanse ReserwebankCradock-4Demokratiese Republiek die KongoZoeloeLys van hoofstedePrimêre sektor van die ekonomieProteaHokkieC. Louis LeipoldtHandelsmerkTelevisieStereotipeMotorvoertuigSweedsWapen van NamibiëTienerSirkusDemi Lee Moore🡆 More