Skeppingspilare: Wolkkolomme in die Arend-newel

Die Skeppingspilare is wolkkolomme in die Arend-newel (in die sterrebeeld Slang) wat bekend geraak het danksy ’n foto deur die Hubble-ruimteteleskoop.

Die newel is sowat 7 000 ligjare van die Aarde af. Die kolomme word so genoem omdat nuwe sterre aan die vorm is in die stof en gas, terwyl die pilare weggekalwe word deur lig en winde vanaf nabygeleë sterre wat onlangs gevorm het.

Skeppingspilare: Samestelling, Moontlike vernietiging, Fotos
Hubble se tweede, groter foto van die Skeppingspilare in die Arend-newel. Dit is in 2014 geneem ter herdenking aan die oorspronklike foto uit 1995.
Dié videogreep wys ’n 3D-uitbeelding van die struktuur van die pilare.

Die foto is op 1 April 1995 geneem en is deur Space.com aangewys as een van die top-10-foto's deur Hubble. Die sterrekundiges wat daarvoor verantwoordelik was, is Jeff Hester en Paul Scowen, destyds albei verbonde aan die Arizona-staatsuniversiteit. In 2011 is die streek weer besoek deur die ESA se Herschel-ruimtesterrewag.

Samestelling

Die pilare is saamgestel uit koel molekulêre waterstof en ruimtestof wat weggekalwe word deur die ultravioletlig van nabygeleë warm sterre. Die vingeragtige uitsteeksels is groter as ons Sonnestelsel; die linkerkantse pilaar is sowat vier ligjare lank. Hulle word gevorm deurdat stukke van die newel taamlik bestand is teen die jong sterre se intense UV-strale en dit wegkeer van die deel van die wolke onder hulle.

Moontlike vernietiging

Op foto's deur die Spitzer-ruimteteleskoop kan ’n wolk warm stof naby die Skeppingspilare gesien word wat deur een groep beskou word as ’n skokgolf wat deur ’n supernova veroorsaak is. As dit so is, kon die supernova die pilare 6 000 jaar gelede vernietig het. Omdat die pilare sowat 7 000 ligjare van die Aarde af is, sal dit eers oor sowat 1 000 jaar hier sigbaar wees weens die beperkte snelheid van lig. Een sterrekundige wat nie by die Spitzer-waarnemings betrokke was nie, meen egter ’n supernova sou sterker radio- en X-straal-uitsendings tot gevolg gehad het en dat dit eerder die winde van enorme sterre is wat die stof kon verhit het. As dit die geval is, sal die Skeppingspilare oor ’n langer tydperk weggekalwe word.

Foto's

Skeppingspilare: Samestelling, Moontlike vernietiging, Fotos 
Die oorspronklike, ikoniese 1995-foto van die Skeppingspilare.

Hubble-foto

Die Hubble-ruimteteleskoop se oorspronklike foto van die Skeppingspilare bestaan uit 32 verskillende beelde wat deur vier kameras geneem is. Die lig op die foto kom van verskillende elemente in die newel en vorm verskillende kleure op die saamgestelde foto: groen vir waterstof, rooi vir enkel-geïoniseerde swaelatome en blou vir dubbel-geïoniseerde suurstofatome.

Die swart deel regs bo op die foto word veroorsaak deur die feit dat die kamera wat dié vierkant afgeneem het, ’n vergrootlens het; wanneer dié deel verklein word om by die ander foto's te pas, ontstaan ’n "gat" in die res van dié vierkant.

Herschel-foto

In 2011 het die Herschel-ruimtesterrewag ’n nuwe foto van die Skeppingspilare geneem in infrarooi-golflengtes, wat sterrekundiges in staat gestel het om binne-in die pilare te sien en die skeppende en vernietigende kragte van die Arend-newel beter te verstaan.

Tweede Hubble-foto

Ter viering van die 25ste herdenking van Hubble se lansering het sterrekundiges in 2014 ’n nuwe foto van die pilare saamgestel wat groter is en ’n hoër resolusie het. Dit is in Januarie 2015 bekendgestel op die Amerikaanse Sterrekundevereniging se byeenkoms in Seattle. Die foto is deur Hubble se Wyeveldkamera 3 geneem wat in 2009 geïnstalleer is, en is in sigbare en infrarooilig.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Skeppingspilare SamestellingSkeppingspilare Moontlike vernietigingSkeppingspilare FotosSkeppingspilare VerwysingsSkeppingspilare Eksterne skakelsSkeppingspilareAardeArend-newelGasHubble-ruimteteleskoopLigjareRuimtestofSlang (sterrebeeld)Sterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afrikaanse TaalmonumentLitiumBlaarSlawerny in Suid-AfrikaPolisieHuisvliegAnale seksBoor (element)Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaRussiese inval in Oekraïne sedert 2022AprilMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaGrondsoorteGroot Muur van ChinaKaapse MaleiersRivierGeskiedenis van kindermishandelingVratAs jy singSpecial Air ServiceMuscat Internasionale LughaweGreen PornoKindermishandelingKolorektale kankerDesmond TutuRooms-Katolieke KerkPampoentjiesVigsGrondbesoedelingDieregeluideWoestynOlimpiese Somerspele 2024EreksieBoomVoedingVrymesselaryBelastingVerkleinwoordSwartbewussynsbewegingBritse RykImpakte van toerismeMetaalPiesangSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Familie (verwantskap)PretoriaSendelingposisieSinoniemKlinkerKalsiumVraag en aanbodKonsentrasiekampPornografiese subgenresLys van Suider-Afrikaanse soogdiereWisselkoersYouTubeAnilingusWoordVerkoueBerlynse MuurMandalaSoweto-opstandEjakulasieJesus van NasaretDeon GrootViëtnamoorlogPoesDistillasieElandréSeksueel oordraagbare infeksiePad na jou hartAbstraksie (rekenaarwetenskap)KrokodilJan van HunksNarsistiese persoonlikheidsteuring🡆 More