Rutte I-Kabinet

Die Rutte I-kabinet was 'n Nederlandse kabinet wat op 14 Oktober 2010 aangetree het, met as Eerste Minister Mark Rutte (VVD).

Die kabinet het bestaan tot 5 November 2012.

Rutte I-Kabinet
Die Rutte I-kabinet
Rutte I-Kabinet
Die drie politieke leiers: Maxime Verhagen (CDA), Mark Rutte (VVD) en Geert Wilders (PVV)

Die Rutte I-kabinet wil die immigrasie beperk, die veiligheid verbeter en baie besuinig. Van 2010 tot 2014 wil die kabinet agtien miljard Euro van die begroting verminder.

Die Rutte I-kabinet vorm 'n minderheidskabinet van die regs-liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) met die christen-demokratiese Christen-Demokratiese Appèl (CDA). Deur die populistiese Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders word die kabinet in die parlement amptelik gesteun, maar die PVV dra geen verantwoordelikheid vir sy besluite nie. Die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP) steun die kabinet on-amptelik ook. Die VVD en CDA beskik oor 52 setels in die Tweede Kamer, met die PVV oor 76 setels en met die SGP oor 78 setels. In die Eerste Kamer beskik die kabinet oor 37 setels (dit is inklusief die PVV) en met die SGP oor 38 setels. Hiermee het die kabinet in beide Kamers 'n – baie klein – meerderheid.

Kabinetslede

Die Rutte I-kabinet tel twintig lede, tien van die VVD-party en tien van die CDA-party:

Twaalf ministers, ses van die VVD-party en ses van die CDA-party:
Portefeulje Minister Party Foto
Eerste Minister Mark Rutte VVD Rutte I-Kabinet 
Binnelandse sake Liesbeth Spies (tot 16 Desember 2011 Piet Hein Donner) CDA Rutte I-Kabinet 
Buitelandse sake Uri Rosenthal VVD Rutte I-Kabinet 
Ekonomiese sake, landbou en innovasie Maxime Verhagen CDA Rutte I-Kabinet 
Finansies Jan Kees de Jager CDA Rutte I-Kabinet 
Immigrasie en asiel Gerd Leers CDA Rutte I-Kabinet 
Infrastruktuur en omgewingsake Melanie Schultz van Haegen VVD Rutte I-Kabinet 
Onderwys, kultuur en wetenskap Marja van Bijsterveldt CDA Rutte I-Kabinet 
Sosiale sake en werkgeleenthede Henk Kamp VVD Rutte I-Kabinet 
Veiligheid en justisie Ivo Opstelten VVD Rutte I-Kabinet 
Verdediging Hans Hillen CDA Rutte I-Kabinet 
Volksgesondheid, welsyn en sport Edith Schippers VVD Rutte I-Kabinet 
Agt adjunk-ministers (staatssecretarissen), vier van die VVD-party en vier van die CDA-party:
Portefeulje Staatssekretaris Party Foto
Buitelandse sake Ben Knapen CDA Rutte I-Kabinet 
Ekonomiese sake, landbou en innovasie Henk Bleker CDA Rutte I-Kabinet 
Finansies Frans Weekers VVD Rutte I-Kabinet 
Infrastruktuur en omgewingsake Joop Atsma CDA Rutte I-Kabinet 
Onderwys, kultuur en wetenskap Halbe Zijlstra VVD Rutte I-Kabinet 
Sosiale sake en werkgeleenthede Paul de Krom VVD Rutte I-Kabinet 
Veiligheid en justisie Fred Teeven VVD Rutte I-Kabinet 
Volksgesondheid, welsyn en sport Marlies Veldhuijzen van Zanten CDA Rutte I-Kabinet 

Sien ook

Bronne

Eksterne skakels


Voorafgegaan deur
Balkenende IV-kabinet
Rutte I-kabinet
2010-2012
Opgevolg deur
Rutte II-kabinet

Tags:

Rutte I-Kabinet KabinetsledeRutte I-Kabinet Sien ookRutte I-Kabinet BronneRutte I-Kabinet Eksterne skakelsRutte I-Kabinet20102012Eerste MinisterKabinet van NederlandMark RutteVVD

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse randTelevisieMuscat Internasionale LughaweGeestesteuringFransSosiale mediaTsoenamiGrondBrugMenstruasieInflasieWolkLatynMoedersdagSwart nasionalismeRooibokSamestellingHipertensieHoutRamsar-vleilande in Suid-AfrikaErfenisSendelingposisieKindersiektesEuropaDistillasieStaalOnderwys in Suid-AfrikaEtniese groepKrokodilMiddelmisbruikKweekhuisgasKultuurPornhubCleopatra VIIYslandChemiese elementKunsmatige algemene intelligensieGewasboerdery in Suid-AfrikaHamburgerNuwe TestamentRegWhatsAppGeelhoutHeupVrye FranseRugbyJeuksiekteLikkewaanPikkewynWillie JoubertWerkloosheidTegnologieSonPad na jou hartPersoon (taalkunde)Suid-Afrikaanse UitsaaikorporasieKuberkrakerKlereOnderwysGeografie van Suid-AfrikaAarverkalkingEreksieDoopItaliëInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandSeksuele penetrasieFotosinteseRuan PienaarKoppeltekenJavaScriptDieregeluideTswanaDundermAngina pectorisOrale seks🡆 More