Begroting: Balansstaat of staat van beraamde ontvangste en uitgawes

'n Begroting is 'n vooruitskatting van 'n onderneming of 'n entiteit se verwagte inkomstes en uitgawes oor 'n spesifieke tydperk in die toekoms.

'n Begroting het beide 'n beplannings- en beheerfunksie. Aktiwiteite met finansiële implikasies moet beplan word en deurlopende beheer moet uitgeoefen word om te verseker dat die werklike aktiwiteite met die beplande aktiwiteite ooreenstem.

'n Begroting is gewoonlik 'n formele, geskrewe plan van toekomstige optrede wat die kategorisering van die voorgenome inkomste en uitgawes insluit en hulle aan die doelwitte koppel. Die doel van begrotings is om werk doeltreffend te help beplan, hulpbronne toe te deel en hulpbronbenutting te help beheer en moniteer.

Daar is verskillende soorte begrotings, onder meer:

  • Verkoopsbegroting — voorspelling van verwagte inkomstes uit verkope
  • Aankoopbegroting — verwagte aankope van voorraad en stowwe
  • Arbeidsbegroting — Verwagte personeelvoorsiening
  • Kapitaalbegroting — Beoogde besteding aan vaste bates
  • Navorsing- en ontwikkelingsbegroting — beoogde besteding aan ontwikkeling of verfyning van produkte, stowwe en prosedures
  • Kontantbegroting — verwagte vloei van kontant en betalings
  • Bedryfsbegroting — geskatte uitgawes rakende administrasie, advertensies, vervangings, en uitgawes.

Eksterne skakels

Tags:

Onderneming

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LeeuMusieksimboleMetafoorDistrik SesRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Anneli van RooyenBorsteAkuutFabelSlag van BloedrivierNederlandEjakulasiePankreasMondProteaRob HersovVoedselkettingKolonialismeEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLeonardo da VinciSikloonKoolstofRuslandSnaarinstrumentSwangerskapBeesRacheltjie de BeerWaterbesparing in Suid-AfrikaMiltBestaansboerderyElektrisiteitLys van medisinale kruieTransatlantiese slawehandelHemelvaartSharpeville-slagtingGeskiedenis van AfrikaansUniondaleLys van veltoestandeKoorsblaarVulkanismeRina HugoRekeningkundeKinderregteLabia (geslagsdele)VulkaanNoord-KaapMagneetTegnologiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSinsbouAntoniemKoos du PlessisKamoefleringVraag en aanbodWeermagHeelgetalAvbobGeslagsgelykheidKweekhuiseffekGeskiedenis (vakgebied)United Democratic FrontKevin RuddKunselementeWalvisOntwikkelende landRosa ParksTrigeminale neuralgieHulpwerkwoordVars waterDwelmmiddelSimboolSkaakAprilSeksXHTMLKasteel die Goeie HoopKonflik (proses)🡆 More