Bibliothèque Nationale De France

Bibliothèque nationale de France


Parys

Vlag van Frankryk Frankryk


Bibliothèque Nationale De France

Hoofliggings

Site Richelieu-Louvois
Site François-Mitterrand


Stigting

1461
as Koninklike biblioteek


Digitale versameling

Bibliothèque Nationale De France


Voorsitter
Bibliothèque Nationale De France
Laurence Engel


Begroting

€232,8 miljoen (2017)


Gesamentlike katalogus

BnF Catalogue général


Webtuiste

BnF


Die Bibliothèque nationale de France (afkorting: BnF; Afrikaans: Nasionale biblioteek van Frankryk) is 'n openbare instelling met setel in Parys. Die biblioteek onder beskermheerskappy van die Franse Departement van Kultuur versamel en bewaar boeke en ander drukwerk om dit toeganklik te maak vir die publiek. Franse uitgewers en drukkerye met setel in die gewes Île-de-France is verplig om een eksemplaar van elke nuwe publikasie by die BnF te deponeer. Die biblioteek se argief groei jaarliks met sowat 160 000 boekdele (waarvan 60 000 verpligte eksemplare). Met 'n versameling van altesaam sowat 40 miljoen media (waarvan 16 miljoen boeke en dokumente) word die BnF onder die grootste biblioteke ter wêreld gereken. Die BnF se digitale biblioteek Gallica beskik oor 'n versameling van sowat 4,8 miljoen dokumente wat vir die algemene publiek aanlyn toeganklik is.

Anders as vergelykbare nasionale biblioteke in ander lande - soos die Deutsche Nationalbibliothek in Duitsland - word die BnF as 'n universele biblioteek bedryf wat hom nie tot publikasies uit of oor Frankryk beperk nie, maar literatuur uit alle tydperke en vakgebiede versamel. Sy jaarlikse begroting vir die aankoop van nuwe media beloop €20 miljoen.

Die BnF publiseer 'n katalogus, werk saam met biblioteke in Frankryk en in die buiteland en neem deel aan navorsingsprogramme. Sedert haar benoeming op 11 April 2016 word die BnF bestuur deur Laurence Engel (* 1966), 'n oud-student van die École normale supérieure in Fontenay-aux-Roses, die IEP te Parys en die ENA.

Liggings en personeel

Ligging Personeel
François-Mitterrand 1888
Richelieu-Louvois 339
Bibliothèque-Musée de l'Opéra 13
Bibliothèque de l'Arsénal 36
Centre technique de Bussy-Saint-Georges 52
Centre technique Joël-le-Theule à Sablé-sur-Sarthe 45
Maison Jean Vilar à Avignon 6
BnF in sy geheel 2359

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Woordeboek van die Afrikaanse TaalVoortrekkersMIVRenaissanceBelgiëNeerslagLys van politieke partye in Suid-AfrikaProstaatkankerSonnestelselKoolhidraatSoweto-opstandTweede Nuwe JaarRumatoïede artritisVratTransatlantiese slawehandelJudaïsmeVolhoubaarheidIslamitiese StaatSeksGrondbewerkingLeonardo da VinciDroomGrondsoorteOnderhoudDansKlinkerNiemetaalTrekarbeidSendelingposisieMierKolorektale kankerTrigeminale neuralgieKompasPeter SnydersGroot Muur van ChinaLarry PageSout (chemiese stof)Toestand van materieWitrenosterAnneli van RooyenNoordwesOrthopteraAustraliëHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKangogrotteRenosterBokmakierieVulvaDemografie van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Pussy RiotGoogleGeografie van Suid-AfrikaSkerpioenLeierTermietAardbewingDieregeluideVlinderAnale kankerDirekte en Indirekte redeVennootskapWinnie Madikizela-MandelaJodeWerkloosheidVaginale kankerGalblaasTydMobutu Sese SekoJohannes MeintjesSwartrenosterHomoniem🡆 More