Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
RangGeldeenheidSimbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollarUSD ($)87,0%
2Vlag van EuropaEuroEUR (€)33,4%
3Vlag van JapanJapannese jenJPY (¥)23,0%
4Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterlingGBP (£)11,8%
5Vlag van SwitserlandSwitserse frankCHF (CHF)8,6%
6Vlag van KanadaKanadese dollarCAD ($)5,2%
7Vlag van AustraliëAustraliese dollarAUD ($)4,6%
8Vlag van MeksikoMeksikaanse pesoMXN ($)2,5%
9Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juanCNY (¥)2,2%
10Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollarNZD ($)2,0%
11Vlag van SwedeSweedse kroonSEK (kr)1,8%
12Vlag van RuslandRussiese roebelRUB (₽)1,6%
13Vlag van HongkongHongkong-dollarHKD ($)1,4%
14Vlag van Noorweë Noorse kroonNOK (kr)1,4%
15Vlag van SingapoerSingapoer-dollarSGD ($)1,4%
16Vlag van TurkyeTurkse liraTRY (₺)1,3%
17Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse wonKRW (₩)1,2%
18Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse randZAR (R)1,1%
19Vlag van Brasilië Brasiliaanse realBRL ($)1,1%
20Vlag van Indië Indiese roepeeINR (₹)1,0%
Ander6,3%
Totaal[n 1]200%

Die euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]

Die euro se valutateken
Euromunte en -banknote

Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 19 van die 28 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosowo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie. [4] Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer.[5] 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[6]

Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[7] op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta[8] en Siprus,[9] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[10] op 1 Januarie 2011 in Estland,[11] op 1 Januarie 2014 in Letland[12] en op 1 Januarie 2015 in Litaue.[13] In Julie 2018 het Bulgarye aangevra om lid van die ERM-2 te word omdat hulle ook die euro wil invoer.[14]

Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[15] Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.[16]

Politieke oorwegings

Behalwe vir die ekonomiese motiverings vir die instelling van die euro, was die skepping daarvan ook deels geregverdig as 'n manier om 'n nader gevoel van gesamentlike identiteit tussen Europese burgers te bevorder. Verklarings oor hierdie doelwit is byvoorbeeld gemaak deur Wim Duisenberg, Europese Goewerneur van die Sentrale Bank, in 1998,[17] Laurent Fabius, Franse Minister van Finansies, in 2000,[18] en Romano Prodi, President van die Europese Kommissie, in 2002.[19] Maar, 15 jaar na die instelling van die euro, het 'n studie geen bewyse gevind dat dit 'n positiewe invloed op 'n gedeelde gevoel van Europese identiteit gehad het nie (en geen bewys dat dit ook 'n negatiewe uitwerking gehad het nie).[20]

Wisselkoerse

 
Die Eurosone:

   19 EU-lande met euro

   Ander lande met euro

   9 EU-lande sonder euro

 
Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland
 
Die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie:

   Lidlande van die Eurosone

   Wisselkoersmeganisme II

   WKM-II-lidland met Opt-out-klousule

   Land met Opt-out-klousule

   Ander EU-lidlande

 
Gebruik van Amerikaanse dollar en euro wêreldwyd:

   Verenigde State van Amerika

   Ander lande wat die Amerikaanse dollar as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Europese Ekonomiese en Monetêre Unie

   Ander lande wat die Euro as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Euro

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Euro

 
Wisselkoers tussen euro en Amerikaanse dollar sedert 1999
 
Wisselkoers tussen euro en Jen sedert 1999
 
Wisselkoers tussen euro en Pond sterling sedert 1999
 
Wisselkoers tussen euro en Switserse frank sedert 1999
 
Wisselkoers tussen euro en Suid-Afrikaanse rand sedert 1999

Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:

Voorafgaande nasionale geldeenhede van die Eurosone
GeldeenheidKode
(ISO 4217)
Wisselkoers[21]Gevestig opOpgelewer
  Belgiese frankBEF700140339900000000040,339931 Desember 19981 Januarie 1999
  Duitse markDEM70001955830000000001,9558331 Desember 19981 Januarie 1999
  Estniese kroonEEK700115646600000000015,646613 Julie 20101 Januarie 2011
  Finse markkaFIM70005945730000000005,9457331 Desember 19981 Januarie 1999
  Franse frankFRF70006559570000000006,5595731 Desember 19981 Januarie 1999
  Griekse dragmeGRD7002340750000000000340,7519 Junie 20001 Januarie 2001
  Ierse pondIEP69997875640000000000,78756431 Desember 19981 Januarie 1999
  Italiaanse liraITL70001936000000000001,936,2731 Desember 19981 Januarie 1999
  Letse latsLVL69997028040000000000,7028049 Julie 20131 Januarie 2014
  Litause litasLTL70003452800000000003,452823 Julie 20141 Januarie 2015
  Luxemburgse frankLUF700140339900000000040,339931 Desember 19981 Januarie 1999
  Maltese liraMTL69994293000000000000,429310 Julie 20071 Januarie 2008
  Monegaskiese frankMCF70006559570000000006,5595731 Desember 19981 Januarie 1999
  Nederlandse guldenNLG70002203710000000002,2037131 Desember 19981 Januarie 1999
  Oostenrykse schillingATS700113760300000000013,760331 Desember 19981 Januarie 1999
  Portugese escudoPTE7002200482000000000200,48231 Desember 19981 Januarie 1999
  San Marinese liraSML70001936000000000001,936,2731 Desember 19981 Januarie 1999
  Sipriese pondCYP69995852740000000000,58527410 Julie 20071 Januarie 2008
  Slowaakse korunaSKK700130126000000000030,1268 Julie 20081 Januarie 2009
  Sloweense tolarSIT7002239640000000000239,6411 Julie 20061 Januarie 2007
  Spaanse pesetaESP7002166386000000000166,38631 Desember 19981 Januarie 1999
  Vatikaanse liraVAL70001936000000000001,936,2731 Desember 19981 Januarie 1999

Banknote

2002-reeks
BeeldWaardeAfmetings
(millimeter)
HoofkleurOntwerpDrukkerkodeposisie
VoorkantAgterkantArgitektuurEeu
  €5120 × 62GrysKlassiek< 5deLinker beeldrand[22]
  €10127 × 67RooiRomaans11–12de8:00-uur ster[23]
  €20133 × 72BlouGoties12–14de9:00-uur ster[24]
  €50140 × 77OranjeRenaissance15–16deRegter beeldrand[25]
  €100147 × 82GroenBarok & Rokoko17–18deRegs van 9:00-uur ster[26]
  €200153 × 82GeelbruinTydperk van yster en glas19–20steBo 7:00-uur ster[27]
  €500160 × 82PersModerne 20ste eeu20–21ste9:00-uur ster[28]
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.
Europa-reeks[29]
BeeldWaardeJaarAfmetings
(millimeter)
HoofkleurOntwerpDrukkerkodeposisie
VoorkantAgterkantArgitektuurEeu
  €52013120 × 62Grys[30]Klassiek[30]< 5de[30]Regs bo
  €102014127 × 67Rooi[30]Romaans[30]11–12de[30]Regs bo
  €202015133 × 72Blou[30]Goties[30]12–14de[30]Regs bo
  €502017140 × 77Oranje[30]Renaissance[30]15–16de[30]Regs bo
  €1002019147 × 82Groen[30]Barok & Rokoko[30]17–18de[30]Regs bo
  €2002019153 × 82Geelbruin[30]Tydperk van yster en glas[30]19–20ste[30]Regs bo
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.

Spesiale muntstukke

Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.

Onsekere toekoms

Somige ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is – met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.[31] Enkele jare lank was die euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie. Eers later het duidelik geword watter gevare 'n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiële beleid volg nie.[32]

Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Sonder sy lidmaatskap in die Eurosone sou die (eksterne) devaluasie van sy geldeenheid 'n moontlike ekonomiese oplossing vir Griekeland se probleme gewees het. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie – die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram – die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings.

In die geval van Duitsland sou 'n revaluasie van die geldeenheid sonder sy eurolidmaatskap plaasgevind het. Somige kritici wys daarop dat die land se reuse-handelsoorskot sedert 2000 'n regstreekse gevolg van die Eurostelsel was en dat dit die wêreldekonomie se ewewig moontlik bedreig.[33]

Somige ekonome beweer dat die Eurosone slegs deur massiewe intervensies van die Europese Sentrale Bank teen verval bewaar word.[34] Die oorwinning van populistiese partye in die algemene Italiaanse verkiesing van 2018 hou 'n groter bedreiging vir die Eurosone se stabiliteit in mits die nuwe koalisieregering uitgebreide staatsbesteding met nuwe krediete probeer finansieer. Die nuwe Italiaanse minister van Finansies, Tria, het egter verseker dat die land sy staatsskuld nie wil vergroot nie.[35] en oor 'n moontlike uitrekking van die Eurosone gesê:[36]

 La posizione dell'esecutivo è netta e unanime. Non ė in discussione alcun proposito dall'eur … Pagheremo le imprese nei tempi previsti e in denaro.
 
 Die posisie van die uitvoerende gesag is duidelik en eenparig. Daar is heeltemal geen sprake van die euro nie.... Ons sal besighede op tyd en kontant betaal.
 

Sien ook

  • Schengen-ooreenkoms, nog 'n Europese instelling ten doeleinde van 'n Europese identiteit
  • Vlag van Europa, nog 'n simbool van die Europese Unie
  • IBAN, Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer.

Notas

  1. Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.

Verwysings

  1. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
  2. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.
  3. (en) mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency
  4. (en) ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases
  5. "Common sides" (in Engels). Europese Sentrale Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 13 Desember 2018.
  6. (en) Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55 Geargiveer 14 September 2017 op Wayback Machine
  7. (de) ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007)
  8. (de) ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008)
  9. (de) ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008)
  10. (de) ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009)
  11. (de) ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011)
  12. (de) ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014)
  13. (de) ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015)
  14. Reuters 22 Aug 2018
  15. (de) ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002)
  16. "ECB ends production and issuance of €500 banknote" (in Engels). Europese Sentrale Bank. 4 Mei 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 3 Oktober 2018.
  17. Global Finance After the Crisis. 2013. The euro is far more than a medium of exchange. It is part of the identity of a people. It reflects what they have in common now and in the future.
  18. Financial Times. Julie 24, 2000. Thanks to the euro, our pockets will soon hold solid evidence of a European identity Ontbrekende of leë |title= (hulp)
  19. Speech to the European Parliament. Januarie 16, 2002. The euro is becoming a key element in peoples sense of shared European identity and common destiny.
  20. Franz Buscha (November 2017). "Can a common currency foster a shared social identity across different nations? The case of the euro". European Economic Review. 100: 318–336. doi:10.1016/j.euroecorev.2017.08.011.
  21. "Fixed Euro conversion rates" (in Engels). European Central Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2013. Besoek op 6 Augustus 2011.
  22. "EuroTracer – Information Notes – €5 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 7 Januarie 2012.
  23. "EuroTracer – Information Notes – €10 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 7 Januarie 2012.
  24. "EuroTracer – Information Notes – €20 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  25. "EuroTracer – Information Notes – €50 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  26. "EuroTracer – Information Notes – €100 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  27. "EuroTracer – Information Notes – €200 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  28. "EuroTracer – Information Notes – €500 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  29. "ECB: Europa series" (in Engels). Europese Sentrale Bank. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2013. Besoek op 11 Junie 2013.
  30. 30,00 30,01 30,02 30,03 30,04 30,05 30,06 30,07 30,08 30,09 30,10 30,11 30,12 30,13 30,14 30,15 30,16 30,17 "Europa series design – ECB – Our Money" (in Engels). www.new-euro-banknotes.eu. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2016. Besoek op 6 Augustus 2013.
  31. (de) Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018
  32. (de) Bundeszentrale für politische Bildung (bpb): Die Eurokrise – worum geht es eigentlich? Besoek op 12 Junie 2018 Geargiveer 16 Junie 2018 op Wayback Machine
  33. (de) Bertelsman-Stiftung: GED Focus Paper: Deutschlands Exportüberschüsse – Fluch oder Segen? Besoek op 12 Junie 2018
  34. (de) Bundeszentrale für politische Bildung: Ohne klare Richtung keine neuen Mitglieder. Besoek op 10 Junie 2018
  35. (en) Euractiv 11 Junie 2018
  36. (it) Corriere della sera 9 Junie 2018

Verdere leesstof

  • (en) Bartram, Söhnke M.; Taylor, Stephen J.; Wang, Yaw-Huei (Mei 2007). "The Euro and European Financial Market Dependence". Journal of Banking and Finance. 51 (5): 1461–1481. SSRN 924333.
  • (en) Bartram, Söhnke M.; Karolyi, G. Andrew (Oktober 2006). "The Impact of the Introduction of the Euro on Foreign Exchange Rate Risk Exposures". Journal of Empirical Finance. 13 (4–5): 519–549. doi:10.1016/j.jempfin.2006.01.002. SSRN 299641.
  • (en) Baldwin, Richard; Wyplosz, Charles (2004). The Economics of European Integration. New York: McGraw Hill. ISBN 0-07-710394-7.
  • (en) Buti, Marco; Deroose, Servaas; Gaspar, Vitor; Nogueira Martins, João (2010). The Euro. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-92-79-09842-0.
  • (en) Simonazzi, A.; Vianello, F. (2001). "Financial Liberalization, the European Single Currency and the Problem of Unemployment". In Franzini, R.; Pizzuti, R.F. (reds.). Globalization, Institutions and Social Cohesion. Springer. ISBN 3-540-67741-0.

Eksterne skakels