Rooilechwe

Die rooilechwe (Kobus leche) is 'n wildsbok wat in die noorde van Botswana en die Caprivistrook voorkom.

Die bok staan ook bekend as 'n basterwaterbok of lechwe.

Rooilechwe
Rooilechwe
'n Rooilechwe in die Moremi-Wildreservaat, Botswana.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Kobus
Spesie:
K. leche
Binomiale naam
Kobus leche
Gray, 1850
Subspesies

Kobus leche leche
Kobus leche kafuensis
Kobus leche robertsi
Kobus leche smithemani

Rooilechwe
Verspreiding van die rooilechwe

Bou en kleur

Lechwes is middelslagbokke met 'n kenmerkende bou omdat die skouers laer as die kruis is. Die lyf loop dus skuins af na voor. Die bok is helder rooibruin en word al hoe ligter na onder terwyl die pens, keel en binnekante van die bene wit is. Teen die voorbene is kenmerkende donker strepe. Die hoewe is aangepas vir die nat omgewing; hulle is lank en gesprei.

Geslagsverskille

Die bulle weeg tot 130 kg en die horinglengte is gemiddeld 70 cm, met 'n rekord van 88,9 cm. Die koeie weeg tot 97 kg en het nie horings nie. Die koeie se dratyd is 7 tot 8 maande met een lammetjie wat jaarliks gebore word.

Ander feite

Die boksoort is kuddediere met troppe wat tussen 15 tot 30 diere groot is. Die bulle is territoritaal tydens paartyd. Die bokke kan nie vinnig beweeg op droë grond nie en as gevaar dreig vlug hulle eerder die water in. Hulle natuurlike vyande is die jagluiperd en leeu.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Bron

Eksterne skakels

Tags:

Rooilechwe Bou en kleurRooilechwe GeslagsverskilleRooilechwe Ander feiteRooilechwe FotogaleryRooilechwe Sien ookRooilechwe VerwysingsRooilechwe BronRooilechwe Eksterne skakelsRooilechwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Steenkool in Suid-AfrikaDiepaartromboseGeskiedenis van kindermishandelingSprokieFotosinteseNadia ValvekensLKatjieJohan BadenhorstInstagramAnrich HerbstLys van Afrikaanse skrywersOseaanbesoedelingWitbloedselGeskiedenis van Suid-AfrikaDokterKrokodilSwangerskapSint JorisdagAfvalbestuurElektrolietWerkersdagWikiCalviniaVioolMiddelmisbruik22 NovemberGrootste rampe in Suid-AfrikaXhosaRacheltjie de BeerLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaEmfiseemTurkyeEkonomiese sektorHandelsmerkWikiquoteYsbeerKoerantWêreld- Ekonomiese ForumPersoon (taalkunde)Nic de JagerHemelvaartArmoedeSiya KolisiVerkleinwoordNamibiëLetterlike en figuurlike taalgebruikVoorvoegselEnkelvoudige sinRymSilwerAndrew DavisLika BerningElon MuskMidde-OosteApokriewe boekeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSwartkwasmuishondGroepsdrukDrinkwatervoorsieningWetenskaplike klassifikasieJeuksiekteBestaansboerderySarel Jacob PretoriusAfrikanersWitrenosterMoedersdagHipoteseLandbouMusieksimboleSeksuele penetrasieMondKarretjiemensePersentasieSeksuele opwekkingLys van Suid-Afrikaanse musikanteNederlandAntisemitisme🡆 More