Die Privatschule Swakopmund/Private School Swakopmund (PSS) is 'n selfstandige, privaat skool op die Namibiese kusdorp Swakopmund wat onderrig bied in Duits of Engels aan leerders van graad een tot sewe en van graad agt tot twaalf in Engels, maar met Duits hetsy as moeder- of vreemde taal as 'n verpligte vak.
Die PSS het ontstaan weens 'n behoefte van die Duitssprekende inwoners van die dorp om 'n skool te hê waar hulle kinders steeds in hul moedertaal onderrig kan word nadat die Namibiese regering ná onafhanklikheid in 1990 weggedoen het met alle sekondêre onderwys in tale buiten Engels; trouens, moedertaalonderrig in staatskole word net tot die derde graad gebied. Die eertydse Deutsche Oberschule Swakopmund het byvoorbeeld die Engelstalige Namib High School geword en so 'n einde gebring aan die jare lange praktyk dat Duitssprekende leerders tot minstens in hulle negende jaar in hulle moedertaal onderrig kon word, waarna hulle óf in Engels óf in Afrikaans onderrig is tot matriek. PSS bied onderrig in Duits sowel as Engels tot die sewende skooljaar en daarna net in Engels, hoewel Duits 'n verpligte vak is, hetsy as eerste of as vreemde taal.
Die skool strewe daarna om klasse daar te stel van nie meer nie as sowat 22 leerders elk sodat veral leerders wat intellektueel benadeel is, individuele aandag kan kry. Die skool tref ook die nodige maatreëls om leerders voor te berei op die uitdagings van die tegnologie wat die samelewing vandag kenmerk.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Privaat Skool Swakopmund, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.