Privaatskool Elnatan

Die Privaatskool Elnatan is ’n Afrikaansmedium- privaat skool op die dorp Stampriet in die streek Hardap, Namibië, wat onderrig aan leerlinge van gr.

1 tot gr. 12 bied.

Privaatskool Elnatan
Die skool se wapen.

Elnatan is in April 1992 gestig nadat die eerste regering van ’n onafhanklike Namibië onderrig in enige taal buiten Engels aan alle skole vanaf gr. 4 beperk het. Die skool is geregistreer by die Namibiese ministerie van onderwys en bied onderrig aan sowat 220 leerlinge van gr. 1 tot 12. Die personeellede tel sowat 47, onderwysers, administratiewe, terrein- en koshuispersoneel ingesluit. Meer as 80% van die leerlinge gaan tuis in die skool se vier koshuise omdat hulle uit alle uithoeke van die land kom om die skool by te woon en omdat Stampriet 'n baie klein bevolking het.

Hoewel al die groot dorpe en die hoofstad, Windhoek, minstens een privaat skool het wat onderrig aan meestal Afrikaanssprekende leerders deur feitlik uitsluitlik Afrikaanse onderwysers bied, word net aan Elnatan en die volgende skole moedertaalonderrig tot in gr. 12 gebied: Keetmanshoop Privaatskool, Privaatskool Moria (Outjo), Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Tsumeb Gimnasium en Pro-Ed Akademie (Swakopmund). Op Gobabis, byvoorbeeld, geskied onderrig aan die Gobabis Gimnasium van gr. 4 af in Engels, en so ook aan die Berg-op Akademie op Okahandja en die Walvis Bay Private High School, die voormalige Hoërskool Walvisbaai. Edugate Academy op Otjiwarongo se onderrig medium tot gr. 4 is Afrikaans; van gr. 5 tot 12 is dit Engels.

Die skoolterrein is geleë tussen 52 palmbome wat meer as 115 jaar oud is en voortdurend gevoed word deur die arteriese bronne van Stampriet. Dagskoliere word aangery per bus vanaf Mariental, maar alle ander skoliere gaan tuis in een van vier koshuise.

In 2011 het Elnatan begin om 'n beroepsgerigte baan aan te bied vir leerlinge wat nie akademies kan vorder nie. Hulle leer om 'n ambag soos sweis, motorwerktuigkunde of gasvryheid te beoefen sodat wanneer hulle klaar is met skool, hulle 'n NTA-kwalifikasie agter hulle naam kan skryf. Die kinders is ingeskrewe leerlinge van Elnatan en hulle kan inskakel by al die skool se bedrywighede en sportaktiwiteite. Onderrig in dié afdeling geskied deur middel van Engels.

Bron

Tags:

HardapNamibiëStampriet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Kaapstad se voorstedeMagneetBorsklierBraaiKalsiumWelwitschiaPlastiekSkildklierPerdBTWSeringboomOntwerpErns GrundlingKunsmatige algemene intelligensieBergJapanneesOos-KaapRuslandNatriumSteenkool in Suid-AfrikaVerdampingFrankrykDigvormBevolkingsafnameGroot TrekDieretuinDurbanAnale seksNazi-DuitslandFibonacci-reeksTobie CronjéGeldSuiwelprodukAnilingusGeelsugMensRacheltjie de BeerFilosofieDiamantbedryfStereotipeRugbywêreldbeker 2023Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989OrtopedieGrondwet van Suid-AfrikaBrugKindermishandelingVioolAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAborsieSeeVulkaanPlae van EgiptePersentasieVervoerTekstielWaterbesparing in Suid-AfrikaKatoenProvinsies van Suid-AfrikaAdolessensieSeestroomFranse RewolusieKonjunktivitisKongo-krisisLuiperdHeupDeelteken en umlautNagapieMangelontstekingTrappe van vergelykingNicole StraussCarles PuigdemontHabitatFossielbrandstofRonelda KamferVerkleinwoordOseaanbesoedeling🡆 More