Pous Alexander I

Alexander I was die sesde pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Hy is die opvolger van Pous Evaristus en word op sy beurt opgevolg deur Pous Sixtus I. Hy word vereenselwig met die martelaar Alexander van die Via Nomentana, wie se naamdag op 3 Mei is, maar hiervoor is geen feitelike bewys nie. Irenaeus, wat kort na hom geleef het, sê niks oor sy vermeende martelaarskap nie. Die tydperk van sy pontifikaat is nie presies bekend nie. Party skrywers noem 106115, ander 109116. Eusebius, in Ecclesiastical History IV, IV, 1 beweer dat Alexander in die derde jaar van die bewind van die Romeinse keiser Hadrianus oorlede is, nadat hy vir tien jaar lank biskop van Rome was. Volgens die tradisie is hy op 3 Mei 115 in Rome oorlede. Hy is die beskermheilige teen kropsiekte (skildkliervergroting) en skrofulose (tuberkulose van die limfkliere in die nek).

Pous Alexander I
Pous Alexander I
Geboortenaam Alexander
Pontifikaat begin 106 of 109
Pontifikaat eindig 115 of 116
Voorganger Evaristus
Opvolger Sixtus I
Gebore
Rome, Italië
Sterf 3 Mei 115 of 116
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Alexander

Volgens die Liber Pontificalis was hy die seun van Alexander en gebore in Caput Tauri. Hy is saam met Eventius, 'n priester en Theodulus, 'n diaken gemartel. Hy is begrawe aan die Via Nomentana en na hom was daar 'n sede vacante van 35 dae.

Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.

Bron

  • Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London. ISBN 0-500-01798-0

Eksterne skakels

Opvolging

Voorafgegaan deur
Evaristus
Biskop van Rome
106115
Opgevolg deur
Sixtus I

Tags:

Pous Alexander I NotaPous Alexander I BronPous Alexander I Eksterne skakelsPous Alexander I OpvolgingPous Alexander I1061091151163 MeiBiskopEusebiusHadrianusIrenaeus van LyonLys van Romeinse keisersMartelaarNaamdagPousPous EvaristusPous Sixtus IRomeRooms-Katolieke KerkSkildkliervergrotingSkrofulose

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Motorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaKrimpvarkieBotswanaGroepsdrukKolorektale kankerLangste woordEpilepsieLettergreepKremetartVoegwoordGenreBesoedelingKolitisLionel MessiBrandmondsindroomTermietNaboomOos-KaapHernubare energieMaanImpakte van toerismeSeksuele penetrasieNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaIntensiewe vormMaagsweerDysselsdorpOnderhandelinge om apartheid te beëindigNetbal26 AprilEben EtzebethWaterpokkiesDigvormApartheidOogproblemeCarles PuigdemontSias ReineckeKewerResensieDoziKlimaatsverandering in Suid-AfrikaLys van slangeNatuurlike hulpbronKreatiwiteitPampoentjiesGeelhoutRekeningkundeHomofoonJeuksiekteAfrikaanse taalleerSendelingposisieBuffelRussiese inval in Oekraïne sedert 2022WolmaransstadPretoriaPornhubIllse RoosRoesJoodse kalenderLys van Afrikaanse televisiereekseVisAfrikaEnsiklopedieKlereKuberkrakerInflasieRob HersovLys van WêrelderfenisgebiedeArmoedeWerkersdagVoëlPersoon (taalkunde)MieliedriehoekNatuurbewaringLys van medisinale kruie🡆 More