Skildkliervergroting (ook struma, of kropsiekte) (Eng.
Goitre) is 'n simptoom waarby die skildklier vergroot is ten opsigte van die normale toestand. 'n Skildkliervergroting kan voorkom sowel by hipertiroïdie as by hipotiroïdie, en self ook by normale skildklierfunksie. Die swelling kan onopvallend wees, of by 'n groter formaat kosmetiese probleme gee. In ekstreme gevalle kom sluk- en asemhalingsprobleme voor. Diagnose word in die eerste geval gedoen via palpitasie om seker te maak dat die skildklier die oorsaak is en nie die limfkliere nie. Vir diepgaande ondersoek word sonar en rekenaartomografie (CT-skandering) gebruik.
Skildkliervergroting | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Vrou met skildkliervergroting | ||
ICD-10 | E01.0-E01.2 | |
ICD-9 | 240.9 | |
DiseasesDB | 4222 | |
MedlinePlus | 001178 | |
MeSH | D006042 | |
Mediese waarskuwing |
'n Skildkliervergroting word gewoonlik veroorsaak deur:
Weens die toevoeging van jodium aan tafelsout en aan die sout wat gebruik word om brood te bak is die laaste oorsaak tans skaars in ontwikkelde lande.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Skildkliervergroting, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.