Pous Innocentius I

Innocentius I was die 40ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Innocentius I
Pous Innocentius I
Pontifikaat begin 21 Desember 401
Pontifikaat eindig 12 Maart 417
Voorganger Anastasius I
Opvolger Zosimus
Gebore
Albano, Italië
Sterf 12 Maart 417
Ander pouse genaamd Innocentius

Biografie

Pous Innocentius I is in Albano gebore. Volgens Hieronimus van Stridon was hy die seun van sy voorganger Pous Anastasius I, maar die Liber Pontificalis beweer hy was die seun van Innocentius van Albano. Op 21 Desember 401 volg hy Pous Anastasius I op en regeer tot sy dood op 12 Maart 417. Hy word opgevolg deur Pous Zosimus. Die naam ‘Innocentius’ beteken ‘Onskuldige’.

Pontifikaat

Tydens sy pontifikaat word Rome verower deur die Wes-Gote onder die leiding van Alarik I op 24 Augustus 410.

Pous Innocentius I het gestrewe na die uitbreiding van die mag van die biskop van Rome as die hoogste gesag in die beslegting van dispute. Sy briewe, wat behoue gebly het, aan Victricius van Rouen, Exuperius van Toulouse, Alexander van Antiogië en ander, sowel as sy optrede teen Theofilus van Alexandrië na die versoek van John Chrysostom bewys dat hy genoeg geleentheid daartoe gehad het. Hy het onder andere stelling ingeneem teen Pelagius, 'n Britse monnik, wat die erfsonde verwerp het. Augustinus het hom in die opsig gesteun.

Verering

Pous Innocentius I word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 12 Maart (voorheen 28 Julie). Sy reliek is saam met die van sy voorganger Pous Anastasius I deur die Saksiese hertog Liudolf na Gandersheim gebring.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Anastasius I
Pous (Pontifex Maximus)
401417
Opgevolg deur
Zosimus

Tags:

Pous Innocentius I BiografiePous Innocentius I PontifikaatPous Innocentius I VereringPous Innocentius I VerwysingsPous Innocentius I Eksterne skakelsPous Innocentius I NotaPous Innocentius I OpvolgingPous Innocentius IPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HartaanvalBeesToorbergFritz HaberBakterieDemi Lee MooreEthiopiëVoedingGeografie van Suid-AfrikaWiki CommonsLys van lande volgens bevolkingOekraïneHennie MaasGeurmiddelSkildklierVolksrepubliek ChinaPornografiese akteurSolidariteitAasblomLys van Joodse feeste en herdenkingsLys van Afrikaanse skrywersAntarktikaNieu-SeelandGewone tarentaalAfrikaanse Hoër SeunskoolLetterlike en figuurlike taalgebruikCecil John RhodesKlimaatChristendomVermaakRynhesseRugbywêreldbeker 1987Adolf HitlerSaharaAngkor WatJan BloukaasKoningPenisverlengingWaterpokkiesGeelsugApostoliese GeloofsendingN.P. van Wyk LouwByeboerderyHerfsPaasfeesLys van Afrikaanse rolprenteVlag van AfghanistanSinoniemMenseregteLetterkundeGodsdiensKopieregBernice WestProvinsies van Suid-AfrikaSteve BikoKoorsblaarAtriale fibrillasieBybelvertalingBeroerteAnrich HerbstMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaAnneli van RooyenAsiëWashington, D.C.Politieke partyPampoentjiesNagmaalNederlandsVarkgriepLikkewaan🡆 More