Urbanus I was die sewentiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Urbanus I | |
---|---|
Geboortenaam | Urbanus |
Pontifikaat begin | 222 |
Pontifikaat eindig | 23 Mei 230 |
Voorganger | Callixtus I |
Opvolger | Pontianus |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 23 Mei 230 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Urbanus |
Sint Pous Urbanus I | |
---|---|
Gebore | Rome, Italië |
Sterfte | 23 Mei 230, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Feesdag | 19 Mei |
Attribute | tonsuur en kort baard |
Beskermheilige | Wynboere; Maastricht, Toledo, Troyes en Valencia |
Pous Urbanus I is gebore in Rome en oorlede op 23 Mei 230. In 222, die jaar waarin keiser Elagabalus deur 'n sluipmoordenaar vermoor is, volg hy Pous Callixtus I op en word na sy dood opgevolg deur Pous Pontianus.
Daar is nie veel oor sy lewe bekend nie. Hy word tradisioneel verbind met die heilige Cecilia, die beskermheilige van musiek. Eusebius noem hom in sy kerkgeskiedenis. Die naam Urbanus beteken “beskaafde”.
Pous Urbanus I se pontifikaat word gekenmerk deur spanninge met die Romeinse keiser Alexander Severus wat bekend is vir sy Christenvervolgings. Teenpous Hippolitus was ook nog steeds bedrywig in Rome. Die man van Cecilia, Valerianus, en sy broer Tibertus is deur hom bekeer. Urbanus se pontifikaat is die eerste een waarvan die datums definitief vasgestel is.
Hy het die volgende dekreet uitgevaardig met betrekking tot kollektegeld:
Urbanus I word as martelaar en heilige vereer.
Daar word beweer dat Urbanus die beeld van 'n afgod laat omval het deur gebed. Hy is daarna geslaan en gemartel voordat hy ter dood veroordeel is deur onthoofding.
Tydens die Middeleeue neem sy verering sulke ekstreme vorms aan dat die outoriteite dit aan bande probeer lê het. Met name in Duitstalige lande en die Elsas word hy vereer as die beskermheilige van die wynboere, wingerde, wyn, die winter en kuipers. Hy word aangeroep teen dronkenskap, jig, ryp, onweer en weerlig. Hy is ook die beskermheilige van Maastricht, Toledo, Troyes en Valencia.
Sy feesdag is op 25 Mei. Hy word vaak voorgestel met wyn en druiwe, 'n gevalle afgod langs 'n gebreekte suil, 'n gesel, 'n staak en sy afgekapte kop.
Urbanus word in verskeie kunswerke voorgestel, meestal sittende met die tiara, die pouslike mantel en 'n swaard wat na die grond wys. Verder word hy ook voorgestel met pouslike mantel, 'n myter, 'n bybel en 'n tros druiwe.
Wiki Commons bevat media in verband met Urbanus I. |
Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Voorafgegaan deur Callixtus I | Biskop van Rome 222 – 230 | Opgevolg deur Pontianus |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pous Urbanus I, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.