Palestynse Bevrydingsorganisasie

Die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO), meer bekend onder die Engelse afkorting PLO (Palestine Liberation Organization; Arabies: منظمة التحرير الفلسطينية‎; Munaẓẓamat at-Taḥrīr al-Filasṭīniyyah), is 'n Palestynse nasionalistiese politieke en militante organisasie wat op 28 Mei 1964 gestig is, met die aanvanklike doel om Arabiese eenheid en staatskap oor die grondgebied van die voormalige Britse mandaat van Palestina te vestig, in opposisie met die staat Israel.

In 1993, saam met die Oslo I-ooreenkoms, is die PLO se strewe vir Arabiese staatsskap hersien om spesifiek te wees vir die Palestynse gebiede onder 'n Israeliese besetting sedert die 1967 Arabies-Israeliese Oorlog. Van 1993 tot 1998 het die PBO ooreenkomste met Israel aangegaan wat die Palestynse Nasionale Owerheid (PNO) daargestel, en hulle in beheer van dele van Gasa en die Wesoewer geplaas het. Dit het sy hoofkwartier in die stad Al-Bireh in die Wesoewer, en word erken as die enigste wettige verteenwoordiger van die Palestynse volk deur meer as 100 lande met wie dit diplomatieke betrekkinge het.

Palestine Liberation Organization
PLO
Logo van die betrokke party.
Vlag van die PLO

Leier Mahmoud Abbas
Gestig 28 Mei 1964
Hoofkwartier Ramallah, Wesoewer
Ideologie Palestynse nasionalisme
Sosiaal-demokrasie
Palestynse Bevrydingsorganisasie
Jasser Arafat, voormalige leier van die Palestynse Bevrydingsorganisasie

As die amptelike erkende regering van die de jure staat Palestina, geniet dit sedert 1974 waarnemerstatus by die Verenigde Nasies (VN). As gevolg van sy militante aktiwiteite, insluitend dade van geweld wat hoofsaaklik op Israeliese burgerlikes gemik is, is die PLO in 1987 deur die Verenigde State as 'n terroriste-organisasie aangewys, hoewel 'n latere presidensiële afstanddoening het Amerikaanse kontak met die organisasie sedert 1988 toegelaat. In 1993 het die PLO Israel se reg om in vrede te bestaan erken, Resolusie 242 van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad aanvaar en “geweld en terrorisme” verwerp. In reaksie hierop het Israel die PLO amptelik erken as 'n wettige gesag wat die Palestynse volk verteenwoordig. Ten spyte van sy deelname aan die Oslo-ooreenkomste, het die PLO egter in die daaropvolgende jare voortgegaan om geweldstaktieke toe te pas, veral tydens die Tweede Intifada van 2000–2005. Op 29 Oktober 2018 het die Palestynse Sentrale Raad die Palestynse erkenning van Israel opgeskort, en daarna alle vorme van veiligheid en ekonomiese samewerking daarmee gestaak.

Stigting

By sy eerste beraad in Kaïro in 1964 het die Arabiese Liga die skepping van 'n organisasie wat die Palestynse volk verteenwoordig, begin. Die Palestynse Nasionale Raad het op 28 Mei 1964 in Jerusalem vergader. Nadat die vergadering afgesluit is, is die PLO op 2 Junie 1964 gestig. Sy verklaarde "aanvullende doelwitte" was Arabiese eenheid en die bevryding van Palestina.

Ideologie

Die ideologie van die PLO is in die stigtingsjaar, 1964, in die Palestynse Nasionale Verbond geformuleer.In 1968 is die Handves vervang deur 'n omvattend hersiene weergawe.

Tot 1993 was die enigste bevorderde opsie 'n gewapende stryd. Vanaf die ondertekening van die Oslo-ooreenkomste het onderhandeling en diplomasie die enigste amptelike beleid geword.

In April 1996 is 'n groot aantal artikels, wat teenstrydig was met die Oslo-ooreenkomste, heeltemal of gedeeltelik nietig verklaar. Die kern van die PLO se ideologie is die oortuiging dat Sioniste die Palestyne onregverdig uit Palestina verdryf het en 'n Joodse staat in plek gestig het onder die voorwendsel dat hulle historiese en Joodse bande met Palestina het. Die PLO het geëis dat Palestynse vlugtelinge toegelaat word om na hul huise terug te keer. Dit word in die Nasionale Verbond uitgedruk:

Artikel 2 van die Handves bepaal dat ″Palestina, met die grense wat dit tydens die Britse mandaat gehad het, 'n ondeelbare territoriale eenheid is″, wat beteken dat daar geen plek vir 'n Joodse staat is nie. Hierdie artikel is in 1996 aangepas om aan die Oslo-ooreenkomste te voldoen.

Artikel 3 lui: ″Die Palestynse Arabiese mense besit die wettige reg op hul vaderland en het die reg om hul lot te bepaal nadat hulle die bevryding van hul land in ooreenstemming met hul wense en geheel en al uit hul eie wil en bewerkstellig het.

Artikel 20 bepaal: ″Die Balfour-verklaring, die mandaat vir Palestina, en alles wat daarop gegrond is, word as nietig geag. Bewerings van historiese of godsdienstige bande van Jode met Palestina is onversoenbaar met die feite van die geskiedenis en die ware opvatting van wat staatskap uitmaak. Judaïsme, synde 'n godsdiens, is nie 'n onafhanklike nasionaliteit nie. Jode maak ook nie 'n enkele nasie met 'n eie identiteit nie; hulle is burgers van die state waaraan hulle behoort″. Hierdie artikel is in 1996 nietig verklaar.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Palestynse Bevrydingsorganisasie StigtingPalestynse Bevrydingsorganisasie IdeologiePalestynse Bevrydingsorganisasie VerwysingsPalestynse Bevrydingsorganisasie Eksterne skakelsPalestynse Bevrydingsorganisasie196428 MeiBritse mandaat van PalestinaGasaIsraelPalestynse Nasionale OwerheidWesoewer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KontinentSuiwelprodukSelfoonKlopjagOlimpiese Somerspele 2012TekstielGriepNasionalismeToekoms van die AardeKommunikasieDesimale breukeHoofkarakterPoësieWoestynFabelKunstenaarLieweheersbesieKlimaatveranderingMuskeljaatkatBreinvliesontstekingMaanKlem-in-die-kaakKinderregteBeroerteAkroniemErfenisdag (Suid-Afrika)Seksuele penetrasieHadedaHeupvervangingWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMusieksimboleSeksismeKarakteriseringTswanaLenteReg tot ‘n gesonde omgewingSonBreyten BreytenbachBerghaanHartaanvalHomoniemStudievaardighedeJaarRoesNederduitse Gereformeerde KerkApokriewe boekeBywoordKonsentrasiekampAkademiaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAfrikanernasionalismeIoonVoëlKoorsblaarKatoenMenstruasieUniegebouGeskiedenis (vakgebied)VulkanismeBestuiwingAppel (sanger)SlangGianna MichaelsNG gemeente JansenvilleTikTok20ste eeuLys van politieke partye in Suid-AfrikaGlasAngssteuringByung-Chul HanSout (chemiese stof)Aarde se atmosfeerVierde Industriële RevolusieSatellietSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Koppelteken🡆 More