Ramallah

Ramallah (Arabies: رام الله‎ / Rāmallāh; Hoogte van God) is die de facto hoofstad en die grootste stad in die Wesoewer van die Staat van Palestina.

Die stad lê noord van die Israeliese stad Jerusalem en is in die 16de eeu gestig. Ramallah het 'n bevolking van 27 460 in 2007 gehad en het 'n oppervlakte van 16,3 km².

Ramallah

رام الله‎
רמאללה
Ramallah
Ramallah is in die Palestynse grondgebiede
Ramallah
Ramallah
Koördinate: 31°54′N 35°12′O / 31.900°N 35.200°O / 31.900; 35.200 35°12′O / 31.900°N 35.200°O / 31.900; 35.200
LandVlag van Staat Palestina Palestynse Owerheid
GebiedWesoewer
RegeringRamallah en al-Bireh
Gestig in16de eeu
Regering
 • BurgemeesterJanet Mikhail
Oppervlak
 • Totaal16,3 km2 (6,3 vk. myl)
Hoogte
900 m (3 000 ft)
Bevolking
 • Totaal27 460
Tydsone+2
Webwerfwww.ramallah.ps

Dit is ongeveer 15 kilometer noordwes van Jerusalem in die Ramallah en al-Bireh-regingstreek geleë.

Volgens die Oslo-ooreenkomste tussen Israel en die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO) in 1993 bekom die stad 'n A-gebied status wat deur die Palestynse Owerheid beheer word. Aan die einde van 1995 is Israel se administrasie van die stad aan die Palestynse Owerheid oorgedra. Dit het sy hoofkwartier in Ramallah, met die presidensiële terrein (die Mukataa) en die Palestynse Wetgewende Raad, die Palestynse parlement. Op die Mukata is die graf van Jasser Arafat. Benewens 'n administratiewe sentrum in Ramallah, het die Palestynse owerheid ook 'n regeringsentrum in Gasa.

Die ekonomie en die bevolking van Ramallah het tradisioneel sterk bande met Jerusalem gehad. Sedert die militêre besetting deur Israel in 1967 en die oprigting van die Israeliese Wesoewer-versperring in 2002, was hierdie verbindings moeilik. Die voortgesette oprigting van hierdie muur en Israeliese nedersettings met uitbreidings daar rondom Jerusalem het ook verbinding met die suidelike regeringsareas van Betlehem en Hebron bemoeilik, indien nie byna onmoontlik nie. Die meerderheid inwoners is Moslems, maar daar is ook 'n groot groep Christene in Ramallah. Die burgemeester van Ramallah, Janet Mikhail, is Grieks-Ortodoks.

Skending van die Oslo-ooreenkomste

Israeliese veiligheidsmagte gaan Sone A (Oslo-akkoorde) van die Wesoewer gereeld binne vir arrestasies. Op 10 Desember 2018 het Israeliese soldate die Wafa-nuusagentskap van die Palestynse Owerheid in Ramallah binnegedring. Hulle het die ID-kaarte van die personeel ondersoek, op video's en kameras beslag gelê, traangasgranate na hulle gegooi en verhoed dat hulle na buite gegaan het. Buite het onluste uitgebreek en geweervuur het gevolg. Volgens die Israeliese leër het dit te make met 'n aanval op die Israeliese Ofra-nedersetting. Mahmoud Abbas het die Arabiese en internasionale amptenare gevra om verantwoordelikheid te neem vir die gevaarlike Israeliese eskalasie deur voortdurende indringing in Palestynse stede.

Susterstede

Ramallah is susterstede met:

Verwysings

Tags:

16de eeuArabiesDe factoHoofstadIsraelJerusalemStaat van PalestinaWesoewer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EmosieWerkwoordOm-te-infinitiefkonstruksieSpierMetafoorDuitslandPrivaat maatskappyFotosinteseSatanismeYstertydperkJeugdagBynierBywoordEnsiklopedieIndiëToerismeWaterkringloopSiya KolisiDomkragBruin menseNedersettingSkoenlapperVervoerTweede WêreldoorlogWoordeboekWes-KaapWerkersdagSpelerposisies in rugbyOlimpiese Somerspele 2024Jan-Willem BreureSuurreënGalileo GalileiBlaarLimpopo (rivier)Waarheid-en-versoeningskommissieBosvarkKolorektale kankerSwartrenosterRonelda KamferKaapstadLeestekenAnale seksEerste WêreldoorlogByvoeglike naamwoordInvloed van vigs op die ekonomieLys van Suid-Afrikaanse opposisieleiersKonsentrasiekampVrouKlimaatRobbeneilandMaatskappyKoos BekkerJo BlackVersoeningsdagTarentaleKrugerwildtuinKlein-KarooKommunismeKoolstofWiki CommonsMohammedFabelPaarl GimnasiumMaagsweerToestand van materieRumatiekMangelontstekingMusieksimboleLys van chemiese elemente volgens atoomgetalHokkieKoringLys van argaïsmesSportRookgewoonte🡆 More