Nicole Strauss

Nicole Jaekel Strauss is ’n Afrikaanse skrywer wat met haar kortverhale die Eugène Marais-prys en die Universiteit van Johannesburg-prys vir debuutwerk wen.

Lewe en werk

Sy is op 8 September gebore. Ná skool studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy in die negentigerjare die B.Com.-graad en LL.B.-graad in die Regte behaal. Hierna praktiseer sy as advokaat en lid van die Kaapse Balie. Sy bring ’n jaar in Londen deur, vanwaar sy vele ander lande van Europa besoek. Na haar terugkeer trou sy met Ben en met die aankoms van haar kinders staak sy haar regswerk en sien voltyds na die kinders om. In 2009 behaal sy onder leiding van Etienne van Heerden die M.A.-graad in Kreatiewe Skryfwerk met lof aan die Universiteit van Kaapstad. Sy woon in Kaapstad met haar man en drie kinders, twee seuns en ’n dogter.

Skryfwerk

Sy debuteer met die kortverhaalbundel “Maal”. Die titel is aanduidend van die belangrikheid wat kos en die bereiding daarvan in die verhale speel as simbool van die basiese benodigdhede vir lewe, terwyl die karakters ook meermale deur die lewe gemaal word. Die karakters (waarvan sommige in verskeie verhale voorkom) woon hoofsaaklik in Europese stede, waar hulle as vreemdelinge en randfigure op die rand van die samelewing beweeg en in hierdie gedrang ’n weg moet vind. Twee verhale speel in Afrika af, insluitende een oor Alile uit Malawi wat na die Kaap kom op soek na ’n beter lewe, maar gekonfronteer word deur familielede wat haar nie wil erken nie. Die bundel beïndruk met raak beskrywings en die sensitiewe taalgebruik waarmee die gevoelslewe van die karakters verwoord word. In die verhaal “Katinka kook” het Katinka haar seun Fred en dogter Manon uitgenooi vir ete, met Fred wat sy kamermaat Emile saambring en Manon haar nuwe kêrel. Katinka se begeerte is vir kleinkinders om haar en haar man Frederik se groot huis te verwarm, maar Fred wil die land verlaat en Manon is so besig as aktrise dat sy nie ernstig is oor verhoudings nie en beslis nie daaraan dink om te trou nie. Dan besef Katinka dat Fred en Emile ’n verhouding het en dat kleinkinders haar waarskynlik nie beskore gaan wees nie. Hierdie kortverhaal word vir die televisie verwerk en in Augustus 2014 oor die senders van KykNet as “Onder die tafel” gebeeldsend. “Maal” wen in 2011 die Eugène Marais-prys en die Universiteit van Johannesburg-prys vir beste skeppende debuutwerk en is in dieselfde jaar op die kortlys vir die toekenning van die Jan Rabie-prys vir vernuwende prosa.

Sy stel “Kosblik” saam, ’n versamelbundel met kortverhale oor kos en wyn. Verhale van skrywers soos Marlene van Niekerk, Rachelle Greeff, Emile Joubert, E.K.M. Dido, Kerneels Breytenbach, Zandra Bezuidenhout, Helena Gunter, Willemien Brümmer en M.C. Botha word hierin opgeneem.

Haar kortverhaalbundel As in die mond wen in 2018 die Jan Rabie-Rapportprys vir ‘n debuutwerk. In 2021 publiseer sy die roman Om alleen te gaan.

Publikasies

Jaar Publikasies
2010 Maal
2018 As in die mond
2021 Om alleen te gaan
Samesteller
2013 Kosblik

Bronnelys

Tydskrifte en koerante

  • Pople, Laetitia “’n Kosblik vol van die geur van herinneringe” “Beeld” 17 Augustus 2013
  • Rautenbach, Elmari “Van Niekerk en Strauss vereer met UJ-pryse” “Die Burger” 2 September 2011
  • Human, Thys “LitNet Akademies-resensie-essay: As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss” 12 Julie 2018

Internet

Resensies

Tags:

Nicole Strauss Lewe en werkNicole Strauss SkryfwerkNicole Strauss PublikasiesNicole Strauss BronnelysNicole StraussAfrikaansEugène Marais-prysSkrywerUniversiteit van Johannesburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusieksimboleVaste stofLettergreepKoperSamestellingDramaRassismeAkuutMeervoudLongHoofkarakterJohann de LangeKalsiumBeeldspraakPastoorPolisieVolhoubaarheidKoppeltekenSomerDiepaartromboseAppelGevolge van aardverwarming op oseaneDierLugbesoedelingVerkleurmannetjieLuiperdSpringbokkeTsongaNasionale VrouedagTussenwerpselKletsrymLika BerningDuitsSuid-SothoSuid-AfrikaKapitalismeVryheidsdagMasturbasieNG gemeente MurraysburgKnysnaSoogdierVolhoubare ontwikkelingKindersiektesGemeenskapsorganisasieDurbanNasionale VrouemonumentWaterKlein gekolde katAntisemitismeNamibiëBynierOogproblemeBosvarkEkonomiese sektorSkaapKlimaatsverandering in AfrikaAtoomGesondheidSowjetunieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Ontdekking van goud in Suid-AfrikaSelfieVulkaanAngolese BurgeroorlogLys van medisinale kruieRuslandDiskriminasieProteïenJohn Samuel SchlesingerIngenieursweseLenteVerantwoordelikheidLangste woordNazi-Duitsland🡆 More