Anna Netrebko

Anna Netrebko is 'n Russiese sopraan.

Sy is in 2008 as 'n Kunstenaar van die Mense in Rusland aangewys. Sy is bekend vir haar vertolking van Liriese – en coloratura rolle, veral die rol van Donna Anna in Mozart se Don Giovanni en Violetta in Verdi se La traviata. Sy het later oorgeskakel na swaarder 19de-eeuse romantiese rolle, soos Leonora in Verdi se Il trovatore en die titelrol in die opera Macbeth. Sedert 2016 fokus sy op Verismo-repertorium. Sy is opgemerk nadat sy die rol van Donna Anna op die Salzburg-fees in 2002 vertolk het. Sy het daarna by toonaangewende operahuise opgetree, waaronder die Mariinsky-teater, waar sy haar loopbaan begin het.

Anna Netrebko
Anna Netrebko
Agtergrondinligting
Gebore18 September 1971 (1971-09-18) (52 jaar oud)
OorsprongKrasnodar, Sowjetunie
GenresKlassiek, pop-opera
Beroep(e)Sangeres
Jare aktief1993 — hede

Sy het verskeie toekennings ontvang en beskik oor 'n aansienlike diskografie wat hoofsaaklik onder Deutsche Grammophon opgeneem is. Sy het dubbele Russiese en Oostenrykse burgerskap en woon in Wene en New York Stad.

Vroeë lewe en opleiding

Netrebko is gebore in Krasnodar in 'n gesin van Kosak oorsprong. Terwyl sy 'n student was aan die Saint Petersburg Konservatorium het Netrebko gewerk as 'n opsigter by Saint Petersburg se Mariinsky-teater. Tydens 'n latere onderhoud vir die Mariinsky-teater het die dirigent Waleri Gergijef haar herken vanweë haar vroeëre werk by die teater. Hy het gevolglik haar stemafrigter geword.

Loopbaan

1990's

Onder leiding van Gergijef maak Netrebko haar opera verhoogdebuut by die Mariinsky op 22-jarige ouderdom as Susanna in Die huwelik van Figaro. Sy het vele prominente rolle saam met die operageselskap vertolk, waaronder Amina in La sonnambula, Pamina in Die Towerfluit, Rosina in die Il barbiere di Siviglia, en Lucia in Lucia di Lammermoor. In 1994 sing sy die Queen of the Night in Die Towerfluit onder leiding van die dirigent David Milnes saam met die Riga Onafhanklike Operageselskap Avangarda Akadēmija. In 1995 het Netrebko op 24-jarige leeftyd haar Amerikaanse buiging gemaak as Lyudmila in Glinka se Ruslan en Lyudmila by die San Francisco Opera. Na hierdie suksesvolle opvoering het sy 'n gereelde gassanger in San Francisco geword. Sy is bekend as 'n bekroonde vertolker van ander Russiese operarolle, soos Natasha in Sergei Prokofiëf se Oorlog en Vrede, Louisa in Betrothal in a Monastery en Marfa in The Tsar's Bride. Netrebko was ook suksesvol in bel canto rolle asook romantiese rolle soos Gilda in Rigoletto, Mimì in La bohème, Giulietta in I Capuleti e i Montecchi, en Elvira in I puritani.

2000's

In 2002 het Netrebko haar buiging gemaak by die Metropolitan Opera as Natasha tydens 'n opvoering van Oorlog en Vrede. In dieselfde jaar het sy vir die eerste keer die rol van Donna Anna gesing tydens die Salzburg-fees se produksie van Don Giovanni onder leiding van Nikolaus Harnoncourt.

In 2003 het Netrebko die rol van Violetta vertolk in Verdi se La traviata in München, die titelrol in Lucia di Lammermoor by die Los Angeles Operahuis, asook die rol van Donna Anna by Covent Garden se Royal Opera House. Haar tweede album getitel Sempre Libera is die volgende jaar vrygestel. Sy het later verskyn as Violetta in La traviata tydens die Salzburg-fees, gedirigeer deur Carlo Rizzi, en in 2008 het sy dieselfde rol vertolk tydens die openingsaand by die Royal Opera House tot luide applous, saam met Jonas Kaufmann en Dmitri Hvorostovsky, onder leiding van Maurizio Benini. Sy het egter drie opeenvolgende optredes gekanselleer weens 'n brongiale toestand. Dit was die tweede keer dat sy haar optredes by die Royal Opera House gekanselleer het, omrede sy die vorige somer weens 'n siekte aan sommige uitvoerings van Don Giovanni onttrek het.

Anna Netrebko 
Netrebko en Putin, 2004 Russiese Federasie Nasionale-prys

Op 30 Mei 2007 het Netrebko haar Carnegie Hall buiging gemaak saam met Dmitri Hvorostovsky en die Orchestra of St. Luke's. Die opvoering was oorspronklik geskeduleer vir 2 Maart 2006, maar sy het dit uitgestel omdat sy op artistieke vlak haar nie gereed vir die rol gevoel het nie. Sy het op 8 September van die jaar verskyn tydens die Last Night of the Proms waar sy uittreksels uit La sonnambula en Giuditta opgevoer het, asook Morgen! deur Richard Strauss saam met Joshua Bell.In die herfs van 2007 het sy weer die rol van Juliette opgeneem in Roméo et Juliette by die Metropolitan Opera.

In Mei 2008 het sy haar langverwagte Paryse Opera debuut gemaak in I Capuleti e i Montecchi by die Opéra Bastille, met Joyce DiDonato as Romeo. Netrebko het in haar eerste optrede na haar kraamverlof Lucia gesing in Lucia di Lammermoor toe dit op 14 Januarie 2009 in die Mariinsky-teater in Sint-Petersburg geopen is, in 'n produksie bestaande uit die Scottish Opera onder leiding van John Doyle . Sy het daarna dieselfde rol in Januarie en Februarie 2009 by die Metropolitan Opera gesing. Netrebko het in die lente van 2009 verskyn as Giulietta in I Capuleti ei Montecchi by die Royal Opera House, en as Violetta in La traviata in Junie 2009 by die San Francisco Opera.

2010's

Anna Netrebko 
Netrebko as Leonora in Alvis Hermanis se produksie van Il trovatore tydens die 2014 Salzburg-fees

In Oktober en November 2010 het sy die rol van Norina vertolk tydens 'n produksie van Don Pasquale by die Metropolitan Opera in New York onder James Levine. Op 2 April 2011 het sy die titelrol van Gaetano Donizetti se Anna Bolena vertolk by die Weense Staatsopera; die opeenvolgende opvoering op 5 April 2011 is lewendig uitgesaai in teaters regoor die wêreld. Op 7 Desember 2011 het sy die nuwe seisoen by La Scala in Milaan geopen, en sodoende haar buiging daar gemaak (as Donna Anna, tydens 'n opvoering van Don Giovanni). Sy is uitgelese in die opsig dat sy uitgenooi is om te verskyn in drie opeenvolgende openingsaand-produksies by die Metropolitan Opera, naamlik: Anna Bolena in 2011, L'elisir d'amore in 2012 en Eugene Onegin in 2013. Haar optrede as Lady Macbeth in die Metropolitan se 2014 produksie van Macbeth (te wete 'n herlewing van Adrian Noble se 2007 produksie daarvan) het kritiese lof ontvang en getoon dat haar stem steeds uitbrei wat betref die omvang en volume daarvan. Sy het die volgende jaar haar uitbreiding na swaarder Verdi-rolle by die Met voortgesit, en die rol van Leonora in Il trovatora vertolk.

In Desember 2014 het sy langs Oleg Tsaryov verskyn met 'n vlag van die selfverklaarde konfederasie Novorossiya in Oekraïne, en 'n tjek van $ 19.000 aan Tsarov gegee met die vermelding dat sy 'n skenking aan die opera- en ballet-teater van Donetsk maak.

Netrebko het in April 2016 aangekondig dat sy weens die veranderings in haar stem aan die Royal Opera House se 2016/2017 produksies van Bellini se Norma onttrek, asook aan die Metropolitan Opera se 2017/18 seisoen. Die rolle is vertolk deur respektiewelik Sonya Yoncheva en Sondra Radvanovsky.

Sy het in 2017 verskeie debuutrolle vertolk, insluitende die rol van Adriana Lecouvreur by die Mariinsky Teater in Junie, die titelrol van Aida tydens die Salzburg-fees in Augustus, en Maddalena in Andrea Chénier by La Scala in Desember. In April 2018 het sy gedebuteer as Tosca by die Metropolitan Opera. Sy het ook op 31 Mei van dieselfde jaar deelgeneem aan die Summer Night Concert Schönbrunn.

Gasverskynings

Netrebko het 'n kamee verskyning as haarself gemaak in die rolprent The Princess Diaries 2: Royal Engagement.

Sy is uitgenooi na die 2004, 2007, en 2019 Weense Opera-Bal.

In Desember 2007 is Netrebko uitgenooi om eerbewyse aan Martin Scorsese te bring tydens die 30ste jaarlikse Kennedy Center Honors. Sy het die Puccini aria "O mio babbino caro" opgevoer.

Sy was 'n deelnemer aan 'n galakonsert tydens die opening van die Tweede Verhoog van die Mariinsky-teater op 2 Mei 2013. Sy is uitgenooi om die Olimpiese lied in Russies te sing tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2014.

Sy het op respektiewelik 13 Junie en 14 Julie opgetree tydens galakonserte by die Rooiplein en die Bolshoi-teater, onderskeidelik tydens die opening en sluiting van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018. Op 8 September 2018 het sy verskyn tydens die inhuldigingskonsert van die Zaryadye Konsertsaal in Moskou, wat uitgesaai is op Medici.tv. Sy het ook verskyn tydens die openingseremonie van die Europese Spele in Minsk op 21 Junie 2019 en het die eerste konsertseisoen van die Kongres-saal by die Yekaterinburg Ekspo op 30 Augustus 2019 ingehul.

Diskografie

Volledige opera

Video opnames

Opname
jaar
Opera Rolverdeling Dirigent,
Operahuis en orkes
Vrystelling
jaar
Etiket
1995 Glinka
Ruslan and Lyudmila
Anna Netrebko (Lyudmila)
Vladimir Ognovenko
Larissa Diadkova
Gennady Bezzubenkov
Galina Gorchakova
Waleri Gergijef
Kirov Opera orkes, koor en ballet
2003 Philips Records
1998 Prokofiëf
Betrothal in a Monastery
Anna Netrebko (Louisa)
Larissa Diadkova
Nikolai Gassiev
Aleksander Gergalov
Sergei Aleksashkin
Waleri Gergijef
Kirov Opera orkes, koor en ballet
2005 Philips
2005 Verdi
La traviata
Anna Netrebko (Violetta Valéry)
Rolando Villazón
Thomas Hampson
Helene Schneiderman
Diane Pilcher
Carlo Rizzi
Weense Filharmoniese Orkes, Weense Staatsopera koor
en Mozarteum Orkes Salzburg (verhoogmusiek)
2006 Deutsche Grammophon
2005 Donizetti
L'elisir d'amore
Anna Netrebko (Adina)
Rolando Villazón
Ildebrando D'Arcangelo
Leo Nucci
Inna Los
Alfred Eschwé
Weense Staatsopera orkes, koor en verhoogorkes
2007 Virgin Classics
2006 Mozart
Le nozze di Figaro
Anna Netrebko (Susanna)
Ildebrando D'Arcangelo
Bo Skovhus
Dorothea Röschmann
Christine Schäfer
Nikolaus Harnoncourt
Weense Filharmoniese Orkes en Weense Staatsopera koor
2007 Deutsche Grammophon
2007 Bellini
I puritani
Anna Netrebko (Elvira)
Eduardo Valdes
Franco Vasallo
John Relyea
Eric Cutler
Patrick Summers
Metropolitan Opera orkes, koor en ballet
2008 Deutsche Grammophon
2007 Massenet
Manon
Anna Netrebko (Manon Lescaut)
Rolando Villazón
Christof Fischesser
Alfredo Daza
Rémy Coraza
Daniel Barenboim
Staatskapelle Berlin en Berlynse Staatsopera koor
2008 Deutsche Grammophon
2008 Puccini
La bohème
Anna Netrebko (Mimì)
Rolando Villazón
George von Bergen
Nicole Cabell
Adrian Eröd
Bertrand de Billy
Beiere Radio-simfonieorkes en koor
Staatstheater am Gärtnerplatz-kinderkoor
2009 Axiom Films
2009 Donizetti
Lucia di Lammermoor
Anna Netrebko (Lucia)
Mariusz Kwiecień
Piotr Beczała
Colin Lee
Ildar Abdrazakov
Marco Armiliato
Metropolitan Opera orkes, koor en ballet
2009 Deutsche Grammophon
2010 Donizetti
Don Pasquale
Anna Netrebko (Norina)
Mariusz Kwiecień
Matthew Polenzani
John del Carlo
Bernard Fitch
James Levine
Metropolitan Opera orkes en koor
2011 Deutsche Grammophon
2011 Donizetti
Anna Bolena
Anna Netrebko (Anna Bolena)
Elīna Garanča
Ildebrando D'Arcangelo
Elisabeth Kulman
Francesco Meli
Evelino Pidò
Weense Staatsopera orkes en koor
2011 Deutsche Grammophon
2011 Mozart
Don Giovanni
Anna Netrebko (Donna Anna)
Peter Mattei
Bryn Terfel
Barbara Frittoli
Giuseppe Filianoti
Daniel Barenboim
Coro e Orchestra del Teatro alla Scala
2015 Deutsche Grammophon
2012 Puccini
La bohème
Anna Netrebko (Mimì)
Piotr Beczała
Massimo Cavalletti
Nino Machaidze
Alessio Arduini
Daniele Gatti
Weense Filharmoniese Orkes en Weense Staatsopera koor
2012 Deutsche Grammophon
2012 Massenet
Manon
Anna Netrebko (Manon)
Piotr Beczała
Fabio Luisi
Metropolitan Opera
Met Opera on Demand
2012 Donizetti
L'elisir d'amore
Anna Netrebko (Adina)
Matthew Polenzani
Mariusz Kwiecień
Maurizio Benini
Metropolitan Opera
Met Opera on Demand
2013 Tsjaikofski
Eugene Onegin
Anna Netrebko (Tatyana)
Piotr Beczała
Mariusz Kwiecień
Waleri Gergijef
Metropolitan Opera orkes, koor en ballet
2014 Deutsche Grammophon
2013 Verdi
Il trovatore
Anna Netrebko (Leonora)
Plácido Domingo
Gaston Rivero
Daniel Barenboim
Staatskapelle Berlin
2014 Deutsche Grammophon
2013 Mozart
Don Giovanni
Anna Netrebko (Donna Anna)
Erwin Schrott
Luca Pisaroni
Malena Ernman
Charles Castronovo
Thomas Hengelbrock
Balthasar-Neumann Ensemble, Balthasar-Neumann-koor
2015 Sony Classical
2014 Verdi
Macbeth
Anna Netrebko (Lady Macbeth)
Zeljko Lucic
René Pape
Joseph Calleja
Fabio Luisi
Metropolitan Opera orkes en koor
2015 Deutsche Grammophon
2015 Tsjaikofski
Iolanta
Anna Netrebko (Iolanta)
Piotr Beczała
Waleri Gergijef
Metropolitan Opera
Met Opera on Demand
2015 Verdi
Il trovatore
Anna Netrebko (Leonora)
Yonghoon Lee
Dmitri Hvorostovsky
Marco Armiliato
Metropolitan Opera
Met Opera on Demand
2016 Wagner
Lohengrin
Anna Netrebko (Elsa von Brabant)
Piotr Beczała
Evelyn Herlitzius
Tomasz Konieczny
Georg Zeppenfeld
Christian Thielemann
Staatskapelle Dresden en Sächsischer Staatsopernchor Dresden
2017 Deutsche Grammophon
2017 Tsjaikofski
Eugene Onegin
Anna Netrebko (Tatiana)
Peter Mattei
Alexey Dolgov
Robin Ticciati
Metropolitan Opera
Met Opera on Demand
2018 Verdi
Aida
Anna Netrebko (Aida)
Anita Rachvelishvili
Aleksandrs Antonenko
Quinn Kelsey
Nicola Luisotti
Metropolitan Opera
Met Opera on Demand
2019 Francesco Cilea
Adriana Lecouvreur
Anna Netrebko (Adriana)
Anita Rachvelishvili
Piotr Beczała
Ambrogio Maestri
Gianandrea Noseda
Metropolitan Opera
Met Opera on Demand

Klankopnames

Opname
jaar
Opera Rolverdeling Dirigent,
Operahuis en orkes
Vrystelling
jaar
Etiket
1995 Glinka
Ruslan and Lyudmila
Anna Netrebko (Lyudmila)
Vladimir Ognovenko
Larissa Diadkova
Gennady Bezzubenkov
Galina Gorchakova
Waleri Gergijef
Kirov Opera orkes, koor en ballet
2003 Philips Records
1997 Sergei Prokofiëf
Liefde vir drie Lemoene
Anna Netrebko (Ninetta)
Larissa Diadkova
Mikhail Kit
Evgeny Akimov
Alexander Morozov
Waleri Gergijef
Kirov Opera orkes, koor en ballet
2001 Philips
1998 Sergei Prokofiëf
Betrothal in a Monastery
Anna Netrebko (Louisa)
Larissa Diadkova
Nikolai Gassiev
Aleksander Gergalov
Sergei Aleksashkin
Waleri Gergijef
Kirov Opera orkes, koor en ballet
1999 Philips
2005 Verdi
La traviata
Anna Netrebko (Violetta)
Rolando Villazón
Thomas Hampson
Helene Schneiderman
Diane Pilcher
Carlo Rizzi
Weense Filharmoniese Orkes, Weense Staatsopera koor
en Mozarteum Orkes Salzburg (verhoogmusiek)
2006 Deutsche Grammophon
2006 Mozart
Le nozze di Figaro
Anna Netrebko (Susanna)
Ildebrando D'Arcangelo
Bo Skovhus
Dorothea Röschmann
Christine Schäfer
Nikolaus Harnoncourt
Weense Filharmoniese Orkes en Weense Staatsopera koor
2007 Deutsche Grammophon
2007 Puccini
La bohème
Anna Netrebko (Mimì)
Rolando Villazón
Boaz Daniel
Nicole Cabell
Stéphane Degout
Bertrand de Billy
Beiere Radio-simfonieorkes en koor
Staatstheater am Gärtnerplatz kinderkoor
2008 Deutsche Grammophon
2008 Bellini
I Capuleti e i Montecchi
Anna Netrebko (Giulietta)
Elīna Garanča
Joseph Calleja
Robert Gleadow
Tiziano Bracci
Fabio Luisi
Weense Simfonieorkes en die Wiener Singakademie
2009 Deutsche Grammophon
2012 Pjotr Tsjaikofski
Iolanta
Anna Netrebko (Iolanta)
Sergey Skorokhodov
Alexey Markov
Vitalij Kowaljow
Emmanuel Villaume
Sloweense Filharmoniese Orkes
2015 Deutsche Grammophon
2013 Verdi
Giovanna d'Arco
Anna Netrebko (Giovanna)
Plácido Domingo
Francesco Meli
Paolo Carignani
Münchner Rundfunkorchester
2014 Deutsche Grammophon
2016 Puccini
Manon Lescaut
Anna Netrebko (Manon)
Yusif Eyvazov
Armando Pina
Marco Armiliato
Münchner Rundfunkorchester
2016 Deutsche Grammophon

CD's, konserte en kompilasies

CD's

  • 2003: Opera Arias; Gianandrea Noseda, Wiener Philharmoniker (DG)
  • 2004: Sempre Libera; Claudio Abbado, Mahler Kamerorkes (DG)
  • 2006: The Mozart Album, met Thomas Quasthoff, Bryn Terfel, Elīna Garanča, en René Pape [kompilasie, DG]
  • 2006: Violetta: Arias and Duets from Verdi's La Traviata, met Rolando Villazón en Thomas Hampson (CD/DVD, DG)
  • 2006: Russian Album; Waleri Gergijef, Orkes van die Mariinsky-teater (DG)
  • 2007: Opera [kompilasie]
  • 2007: Duets, met Rolando Villazón; Nicola Luisotti, Staatskapelle Dresden (DG)
  • 2008: Puccini Gold [kompilasie, Decca]
  • 2008: Souvenirs; Emmanuel Villaume, Praag Filharmoniese Orkes (DG)
  • 2009: The Best of Anna Netrebko [kompilasie, DG]
  • 2010: In the Still of Night; begelei deur Daniel Barenboim (DG)
  • 2010: Rossini: Stabat Mater, met Joyce DiDonato, Lawrence Brownlee, Ildebrando d'Arcangelo; Antonio Pappano, orkes en koor van die Accademia Nazionale di Santa Cecilia (Warner Classics)
  • 2010: Prima Donna – First Ladies of Opera [kompilasie, Decca]
  • 2011: Anna Netrebko: Live at the Metropolitan Opera (DG)
  • 2011: Stabat Mater – Pergolesi – A Tribute to Pergolesi, met Marianna Pizzolato; Antonio Pappano, Orchestra dell'Accademia Nazionale di Santa Cecilia (CD/DVD, DG)
  • 2013: Verdi; Gianandrea Noseda, Orchestra del Teatro Regio di Torino (DG)
  • 2014: Strauss: Vier Laaste Liedere; Daniel Barenboim, Staatskapelle Berlin (DG)
  • 2016: Verismo, met Yusif Eyvazov; Orkes van die Accademia Nazionale di Santa Cecilia, Antonio Pappano (DG)
  • 2017: Romanza, met Yusif Eyvazov (DG)
  • 2018: Diva – The Very Best of Anna Netrebko [kompilasie, DG]

DVDs

  • 2004: The Woman – The Voice (2003 dokumentêr)
  • 2005: Gala Concert: 300 years of St. Petersburg
  • 2006: The Berlin Concert – Live from the Waldbühne (met Rolando Villazón en Plácido Domingo)
  • 2008: The Opera Gala – Live from Baden-Baden (met Elīna Garanča, Ramón Vargas en Ludovic Tézier)
  • 2008: A Mozart Gala from Salzburg (met Thomas Hampson, et al.; opgeneem in 2006)
  • 2013: Live from Red Square Moscow (met Dmitri Hvorostovsky)

Operarolle

Rol Komponis Opera
Adina Donizetti L'elisir d'amore
Adriana Lecouvreur Cilea Adriana Lecouvreur
Aida Verdi Aida
Amina Bellini La sonnambula
Anna Bolena Donizetti Anna Bolena
Antonia Offenbach Les contes d'Hoffmann
Antonida Glinka A Life for the Tsar
Donna Anna Mozart Don Giovanni
Elvira Bellini I puritani
Elsa Wagner Lohengrin
Floria Tosca Puccini Tosca
Gilda Verdi Rigoletto
Giovanna Verdi Giovanna d'Arco
Giulietta Bellini I Capuleti e i Montecchi
Ilia Mozart Idomeneo
Iolanta Tsjaikofski Iolanta
Juliette Gounod Roméo et Juliette
Königin der Nacht Mozart Die Zauberflöte
Lady Macbeth Verdi Macbeth
Leonora Verdi Il trovatore
Leonora Verdi La forza del destino
Louisa Prokofiëf Betrothal in a Monastery
Lucia Donizetti Lucia di Lammermoor
Lyudmila Glinka Ruslan and Lyudmila
Maddalena de Coigny Giordano Andrea Chénier
Manon Lescaut Massenet Manon
Manon Lescaut Puccini Manon Lescaut
Marfa Rimski-Korsakof The Tsar's Bride
Micaëla Bizet Carmen
Mimì Puccini La bohème
Musetta Puccini La bohème
Natasha Prokofiëf Oorlog en Vrede
Ninetta Prokofiëf Liefde vir drie Lemoene
Norina Donizetti Don Pasquale
Pamina Mozart Die Zauberflöte
Rosina Rossini Il barbiere di Siviglia
Servilia Mozart La clemenza di Tito
Susanna Mozart Le nozze di Figaro
Sylva Varescu Kálmán Die Csárdásfürstin
Tatiana Tsjaikofski Eugene Onegin
Violetta Verdi La traviata
Xenia Moessorgski Boris Godoenof
Zerlina Mozart Don Giovanni

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Anna Netrebko Vroeë lewe en opleidingAnna Netrebko LoopbaanAnna Netrebko GasverskyningsAnna Netrebko DiskografieAnna Netrebko OperarolleAnna Netrebko VerwysingsAnna Netrebko Eksterne skakelsAnna NetrebkoGiuseppe VerdiVolkskunstenaar van die Russiese FederasieWolfgang Amadeus Mozart

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sleutel (musiek)Rooms-Katolieke KerkSeksuele penetrasieBlack SashRuimteOrthoptera19de eeuHematurieViëtnamoorlogEngelsKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMoskouSout (chemiese stof)Afrikaanse woordelys en spelreëlsKinderregteKewerIslamWaterstofWitbloedselWillie JoubertFluoorErfenisdag (Suid-Afrika)AluminiumSmaakArmoedeVrugbaarheidEugenetikaDiskriminasieVleilandBeeldspraakMantisLiefdeIngenieursweseBoerboelGedigHakerAntieke EgipteEkonomiese sektorMielieGrondwet van Suid-AfrikaBernice WestVlekvrye staalRekeningkundeStaalBipolêre gemoedsteuringHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMetaalVryheidsmanifesAnale kankerSirkelErfenisOnbemande vliegtuigAanhalingstekensPersHokkieDeon GrootVlag van Suid-AfrikaAkademiaKoolstofLionel MessiGrondwetGraaff-ReinetGrondsoorteLys van myne in Suid-AfrikaRenaissanceBreinvliesontstekingAkroniemMaatskaplike verantwoordelikheidMateriaalGeslagsgelykheidVoorsetselBywoordMensKarnivoorKomplementêre kleureKletsrymMartin Luther King jr.🡆 More