Rolando Villazón

Rolando Villazón Mauleón (22 Februarie 1972) is 'n Frans-Meksikaanse tenoor.

Hy het in 2007 'n Franse burger geword en woon tans in Frankryk.

Rolando Villazón
Rolando Villazón
Villazón tydens 'n opvoering by die Teatro Real Madrid, 2014
Gebore(1972-02-22)22 Februarie 1972
Fuentes de Satélite, Meksiko
BeroepOperasanger (tenoor)
Webwerfwww.rolandovillazon.com

Villazón het reeds verskeie boeke gepubliseer, insluitende die romans Malabares en Paladas de sombra contra la oscuridad, wat vertaal is in Frans en Duits. Hy is 'n lid van die Collège de 'Pataphysique in Parys, Frankryk.

Vroeë lewe

Villazón het in Ciudad Satélite (Fuentes de Satélite), 'n voorstedelike gebied van Groter-Meksikostad, grootgeword. Tydens 'n onderhoud met die Mexikaanse televisiestasie het Villazón vertel hoe hy as tenoor ontdek is. Hy het gesê dat terwyl hy op 'n dag uit die stort in sy woonstel in Meksikostad getree het, iemand aan sy deur geklop het; dit was die bariton Arturo Nieto, 'n vriend van sy buurman, wat hom hoor sing het terwyl hy in die stort was. Hy het aan Villazón gesê dat hy 'n ongelooflike stem het en hom na sy musiekakademie genooi om sy stem te ontwikkel; dit was daar dat Villazón op opera verlief geraak het.

Loopbaan

Laat 1990's en vroeë 2000's

Rolando Villazón 
2007 Weense somergeleentheid

Hy het in 1999 internasionale aandag getrek toe hy tweede prys tydens Plácido Domingo se Operalia-kompetisie gewen het (hy het uiteindelik verloor teen die Bulgaarse bassanger Orlin Anastassov), sowel as die eerste Zarzuela-prys. Dieselfde jaar het hy die eerste keer in Italië gesing in die rol van des Grieux in die operastuk Manon by die Teatro Carlo Felice in Genua. In 2000 het hy vir die eerste keer verskyn by die Berlynse Staatsopera, as Macduff in Macbeth. Met verloop van tyd het hy baie van sy beste rolle daar vertolk, waaronder José in Carmen en des Grieux in Manon.

Hy het in 2000 in München die rol van Rodolfo vertolk in La bohème, en in 2002 in Los Angeles die rol van Rinuccio in Gianni Schicchi. In 2003 het hy Rodolfo tydens die Glyndebourne Festival Opera in Engeland vertolk. Hy het ook sukses behaal in die titelrol van Les Contes d'Hoffmann by Londen se Royal Opera House. Die volgende jaar het hy verskyn as Alfredo in 'n produksie van La traviata by die Metropolitan Opera, New York Stad, en in 2005 het hy in dieselfde rol verskyn in St. Petersburg en tydens die Salzburg-fees.

Benewens sy optredes op die operaverhoog beskik hy oor 'n aktiewe opnameloopbaan. Hy het vier solo-CD's met Virgin Records opgeneem, en het ook saam met Patrizia Ciofi en Topi Lehtipuu op die opname van Claudio Monteverdi se Il combattimento di Tancredi e Clorinda verskyn, soos gedirigeer deur Emmanuelle Haïm.

2005-2010

In Augustus 2005 het hy 'n hoog aangeskrewe vertolking van Alfredo gelewer in Verdi se La traviata tydens die Salzburg-fees onder leiding van Carlo Rizzi. Die regisseer was Willy Decker. Die ander hoofrol is vertolk deur Anna Netrebko (as Violetta). Hulle het ook saam verskyn in 'n opvoering van Donizetti se L'elisir d'amore by die Staatsopera van Wene, welke op DVD vrygestel is.

In 2007 het Villazón oorgeskakel na Deutsche Grammphon en 'n eksklusiewe langtermynkontrak met die plaatetiket onderteken. 'n Album van zarzuelas (getitel Gitan, Virgin Classics), wat deur Plácido Domingo gedirigeer is, is in die lente van 2007 vrygestel. Die Amerikaanse weergawe van sy album, getitel Viva Villazón (Virgin Classics) is in September 2007 vrygestel. Tydens die begin van 2010 het hy opgetree as mentor en beoordelaar in die ITV-program Popstar to Operastar.

Operasie en terugkeer na die verhoog

Rolando Villazón 
Davy Cunningham [de] (links) en Rolando Villazón, 2017

In 2007 het Villazón verskeie van sy geskeduleerde verpligtinge gekanselleer ten einde 'n vokale kwessie te diagnoseer en te versorg. In Mei 2009 het Rolando Villazón aangekondig dat hy 'n operasie moes ondergaan ten einde 'n kongenitale sist in een van sy stembande te verwyder.

Na voltooiing van sy rehabilitasie het hy in Maart 2010 na die verhoog teruggekeer as Nemorino in L'elisir d'amore by die Staatsopera in Wene, en daarna 'n reeks opvoerings van stapel gestuur. Hy het in Januarie 2011 sy buiging as verhoogdirekteur gemaak met 'n nuwe produksie van Werther by die Opéra de Lyon. In Desember 2012 het hy verskyn as Rodolfo in La bohème by Londen se Royal Opera House, welke rol hy die eerste keer daar in 2005 gesing het.

In onlangse jare het Villazon 'n aantal tenoorrolle van Mozart onderneem in beide konsert - en opera opvoerings. Van groot belang in die verband was sy rol as Don Ottavio in Mozart se Don Giovanni tydens die Festspiel Baden-Baden en die rol van Alessandro in Mozart se Il re pastore onder William Christie by die Zürich Operahuis. Sy eerste album wat alleenlik uit die solowerke van Mozart bestaan en die komponis se konsertarias vir tenoor bevat is in Januarie 2014 vrygestel.

Villazón sing "La Prima Luce" op die Yanni/Plácido Domingo/Ric Wake album getitel Inspirato.

Diskografie

  • Romeo y Julieta CD (2002), Radio Televisión Española
  • Der Fliegende Holländer CD (2002), Teldec Classics
  • Berlioz: La Révolution Grecque CD (2004), EMI Classics
  • Italian Opera Arias CD (2004), Virgin Classics
  • Gounod & Massenet Arias CD (2005), Virgin Classics
  • Tristan und Isolde CDs en DVD (2005), EMI Classics
  • Don Carlo 2 DVDs (2005), Opus Arte
  • La Traviata CD (2005), Deutsche Grammophon
  • Merry Christmas (Klankbaan) CD (2005), Virgin Classics
  • Opera Recital CD; bonusuitgawe met DVD (2006), Virgin Classics
  • La Traviata DVD; premium 2-DVD uitgawe (repetisies, inleiding tot die opera ens.) (2006), Salzburger Festspiele 2005, Deutsche Grammophon
  • La Bohème DVD (2006), Bregenzer Festspiele 2002, ORF + Capriccio
  • Monteverdi: Il Combattimento CD; bonusuitgawe met DVD (2006), Virgin Classics
  • Donizetti: L'elisir d'amore DVD (2006), Virgin Classics
  • The Berlin Concert: Live from the Waldbühne DVD (2006), Deutsche Grammophon
  • Gitano CD; bonusuitgawe met DVD (Februarie 2007), Virgin Classics
  • Duets met Rolando Villazón en Anna Netrebko CD; bonusuitgawe met DVD (Maart 2007), Deutsche Grammophon
  • Viva Villazón – Rolando Villazón – Best-of-CD (2007), Virgin Classics
  • La Bohème Live recording CD (twee-cd-stel) (2008), Deutsche Grammophon
  • Romeo et Juliette" 2 DVDs (Salzburger Festspiele 2008) (2009), Deutsche Grammophon
  • Georg Friedrich Händel" CD/CD+DVD,(2009) Deutsche Grammophon
  • La Bohème DVD (2009)
  • ¡México! 2010
  • Messiah CD (2016) met die Mormon Tabernacle Choir and Orchestra by Temple Square
  • Le Nozze di Figaro CD (2016), Deutsche Grammophon
  • O Come Little Children (2017)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Rolando Villazón Vroeë leweRolando Villazón LoopbaanRolando Villazón DiskografieRolando Villazón VerwysingsRolando Villazón Eksterne skakelsRolando Villazón197222 FebruarieFrankrykMeksikoTenoor

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Magda van BiljonOoiWoordPoesDerrickAbstraksie (rekenaarwetenskap)WitbloedselOnderwys (geskiedenis)Geografie van Suid-AfrikaKlimaatSamestellingNatuurlike satelliete van kleinplaneteKrampTropiese huisgeitjieHartversakingNarkoseLuiperdSeksDissipel vir wie Jesus baie lief wasNederlandsRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Baardskeerder-spinnekopMenstruasieSteve HofmeyrRugbyBloeddrukJeuksiekteKinderregteErnst Otto FischerHelm (geboorte)HeupvervangingEngelsHeupJeugdagHadjKlein vyf diereVingerseksMarie PentzHartJada FireXhosaKaapstadSleurkragFacebookSwitserlandAalwynOu Apostoliese KerkAfrikaansGroot TrekSwedeUnited Democratic FrontAdolf HitlerSatireLabia (geslagsdele)Waarheid-en-versoeningskommissieHerfsKasteel die Goeie HoopOosters-Ortodokse KerkJohannes VermeerDroomBywoordOopbroninhoudGedigVarkgriepLugbesoedelingFrankrykEier (biologie)Belgiese gewesteHondeklipbaaiEerste WêreldoorlogSlag van Cuito CuanavaleLibiëKopiereg🡆 More