Daniel Barenboim (gebore 15 November 1942) is ’n pianis en orkesdirigent wat in Argentinië gebore is en in verskeie lande orkeste gedirigeer het.
Hy is 'n burger van Argentinië, Israel, Spanje en die Staat Palestina. Sy eerste vrou was die beroemde tjellis Jacqueline du Pré.
Daniel Barenboim | |
---|---|
Daniel Barenboim in 2008 | |
Gebore | 15 November 1942 |
Nasionaliteit | Argentinië Israel Spanje Staat Palestina |
Beroep | Pianis en dirigent |
Eggenoot | Jacqueline du Pré (1967–1987; haar dood) Elena Bashkirova (1988–hede) |
Kinders | 2 |
Ouer(s) | Aida (née Schuster) Enrique Barenboim |
Webwerf | danielbarenboim.com |
Barenboim (wat "peerboom" in Jiddisj beteken) is in Buenos Aires gebore, sy grootouers was Russiese Asjkenasiese Jode. Hy word aanvanklik as 'n pianis bekend, maar hy het daarna sy merk as dirigent gemaak. Hy is veral belangrik vir sy werk met die Wes-Oos Divan-orkes, wat jong Arabiese en Israeliese musikante opgelei. Hy het dikwels die onwettige Israeliese nedersettings op Palestynse grond gekritiseer. In 2001 was talle Israelies ontstoke toe hy die werk van Richard Wagner opvoer. Wagner se musiek is sedert 1938 nie in Israel opgevoer nie, omdat hy anti-Joods en ook Adolf Hitler se gunsteling komponis was.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Daniel Barenboim, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.