Asjkenasiese Jode

Asjkenasiese Jode (Hebreeus: אַשְׁכְּנַזִּים‬, Asjkenasim, ; eenvoud: Asjkenasi, ; Moderne Hebreeus: of ; ook יְהוּדֵי אַשְׁכְּנַז‬, Jehoedéj Asjkenas, letterlik: Jode van Asjkenas) is 'n Joodse diasporabevolking wat rondom die einde van die eerste millennium in die Heilige Romeinse Ryk ontstaan het.

Die naam is afgelei van Asjkenas (אשכְּנז), 'n seun van Gomer, kleinseun van Jafet en agterkleinseun van Noag in Genesis van die Hebreeuse Bybel. Jeremia verwys egter na 'n koninkryk Asjkenas wat saam met Ararat (Urartu) en Minni (Manneërs) oorlog teen Babilon moes voer om dié stad te vernietig. In die Middeleeuse Rabbynse literatuur het dié term na Duitsland verwys.

Asjkenasiese Jode
Asjkenasiese Jode
Asjkenasiese Jode van Oos-Europa in die laat 19de eeu vier Jom Kippoer in die sinagoge, skildery deur Maurycy Gottlieb in 1878
Totale bevolking: 10–11,2 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 5–6 miljoen

Vlag van Israel Israel 2,8 miljoen
Vlag van Rusland Rusland 194 000–500 000
Vlag van Argentinië Argentinië 300 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 260 000
Vlag van Kanada Kanada 240 000
Vlag van Frankryk Frankryk 200 000
Vlag van Duitsland Duitsland 200 000
Vlag van Oekraïne Oekraïne 150 000
Vlag van Australië Australië 120 000
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 80 000
Vlag van Belarus Belarus 80 000
Vlag van Brasilië Brasilië 80 000
Vlag van Hongarye Hongarye 75 000
Vlag van Chili Chili 70 000
Vlag van België België 30 000
Vlag van Nederland Nederland 30 000
Vlag van Moldowa Moldowa 30 000
Vlag van Italië Italië 28 000
Vlag van Pole Pole 25 000
Vlag van Meksiko Meksiko 18 500
Vlag van Swede Swede 18 000
Vlag van Letland Letland 10 000
Vlag van Roemenië Roemenië 10 000
Vlag van Oostenryk Oostenryk 9 000
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 5 000
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan 4 300
Vlag van Litaue Litaue 4 000
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 3 000
Vlag van Slowakye Slowakye 3 000
Vlag van Estland Estland 1 000

Taal: Histories: Jiddisj
Hedendaags: plaaslike tale, veral Engels, Hebreeus, Russies
Geloofsoortuiging: Judaïsme, sommige sekulêre, ongebonde
Verwante etniese groepe: Jode, Bene Israel, Bergjode, Beta Israel, Boerejode, Mizrachi-Jode en Sefardiese Jode; Samaritane, Koerde, Pasjtoene, ander Levantyne (Droese, Assiriërs, Arabiere, Palestyne), Middellandse groepe (Italianers en Spanjaarde)
Asjkenasiese Jode
Die Jode in Sentraal-Europa (1881)
Asjkenasiese Jode
Kaart van Jiddisje dialekte in Sentraal-Europa
Asjkenasiese Jode
Voorbeeld van die gewrá kedisjá, die Joodse begrafnisvereniging, Praag, 1772
Asjkenasiese Jode
Jode van Worms (Duitsland) wat die verpligte geel kenteken dra, 16de eeu
Asjkenasiese Jode
Onakkurate verteenwoordiging van beweerde blygebiede van die Joodse diaspora rondom 1490:
Europa:

   Asjkenasiese Jode

   Sefardiese Jode

   Italiaanse Jode (Italkim, Sefaraddim, Asjkenasim en ander groepe)

   Romaniote Jode

   Karaïete-Jode


Afrika:

   Berber-Jode

   Jode van Bilad el-Sudan (Wes-Afrika, Timboektoe)

   Beta Israel


Midde-Ooste/Kaukasus (gewoonlik saam met Mizrachi-Jode gegroepeer):

   Palestynse Jode

   Babiloniese/Irakse Jode

   Koerdiese Jode

   Jemense Jode

   Georgiese Jode

   Bergjode

   Persiese/Buchara-Jode


Indië en China (vir latere tydperke: Bagdadse Jode):

   Bene Israel

   Cochin-Jode

   Kaifeng-Jode

Asjkenasiese Jode vorm die grootste en derde oudste groep binne die Joodse diaspora (Jode buite Israel) met 'n geskiedenis van meer as 2000 jaar. Rondom 200 v.C. het Palestynse Jode 'n gemeente in Rome gestig. As gevolg van die nederlae tydens die Joodse oorlog (70 n.C.) en die Bar Kochba-opstand (130 n.C.) is nog meer Palestynse Jode as slawe na Italië gebring. Baie van hul nasate het hulle later in gebiede noord van die Alpe gevestig, terwyl ander na die Islamitiese verowering van Jerusalem in die 7de eeu na Palestina teruggekeer het. Met die verowering van Germania Inferior en Germania Superior onder keiser Augustus het Jode hulle saam met Romeine in dié twee provinsies gevestig. Die riviere Ryn en Donau het grense van die Romeinse Ryk geword en dus was die Joodse vestiging in stede suid en wes van dié riviere beperk. Vroeë sentra was Augusta Treverorum (Trier), Mogontiacum (Mainz), Colonia Claudia Ara Agrippinensium (Keulen), Borbetomagus (Worms) en Noviomagus Nemetum (Speyer).

Die tradisionele diasporataal van Asjkenasiese Jode is Jiddisj ('n Germaanse taal met elemente van Hebreeus en Aramees) wat ontwikkel nadat hulle in Noord-Europa ingetrek het: Beginnende met Duitsland en Frankryk in die Middeleeue. Oor eeue heen het hulle Hebreeus slegs as 'n liturgiese taal gebruik, tot die herlewing van Hebreeus as 'n amptelike taal in Israel. Dwarsdeur hul tyd in Europa het Asjkenasiese Jode baie belangrike bydraes tot filosofie, geleerdheid, letterkunde, kuns, musiek en wetenskap gelewer.

Die term "Asjkenasiese Jode" verwys na Joodse setlaars wat tydens die Middeleeue gemeentes tussen die riviere Loire in Noord-Frankryk en die Rynrivier in Wes-Duitsland gestig het. Toe hulle hulle daar gevestig het, het hulle hul tradisies aangepas wat van Babilon, die Heilige Land en die Wes-Mediterreense gebied na hul nuwe omgewing saamgeneem is. Die Asjkenasiese ritus het in stede soos Mainz, Worms en Trier ontwikkel. Die vooraanstaande rabbi Shlomo Itzhaki (Rashi) sou 'n beduidende invloed op die Joodse godsdiens hê.

In die laat Middeleeue, as gevolg van godsdienstige vervolging soos tydens die Kruistogte en ander pogromme, het die meerderheid van die Asjkenasiese bevolking geleidelik ooswaarts verskuif en uit die Heilige Romeinse Ryk na die gebiede van die latere Pools-Litause Gemenebes (bestaande uit dele van die hedendaagse Wit-Rusland, Letland, Litaue, Pole, Rusland en Oekraïne) beweeg. In die loop van die laat 18de en 19de eeu het daardie Jode wat in die Duitse lande gebly of teruggekeer het, 'n kulturele heroriëntering opgedoen; onder die invloed van die Haskalá en die stryd om emansipasie sowel as die intellektuele en kulturele gis in stedelike sentrums het hulle geleidelik die gebruik van Jiddisj laat vaar en Duits as taal aangeneem en gelyktydig nuwe vorme van Joodse godsdienstige lewe en kulturele identiteit ontwikkel.

Die Holocaust van die Tweede Wêreldoorlog het die Asjkenasiese Jode probeer vernietig en lede van feitlik elke Joodse familie is vermoor. Volgens ramings het die Asjkenasiese Jode in die 11de eeu drie persent van die totale wêreldwye Joodse bevolking gevorm, terwyl volgens 'n skatting van 1930 (naby dié bevolking se piek) hulle 92 persent van die wêreldwye Jode gevorm het. Onmiddellik voor die Holocaust was die getal Jode wêreldwyd ongeveer 16,7 miljoen. Statistiese syfers wissel vir die kontemporêre demografie van Asjkenasiese Jode en streek van 10 tot 11,2 miljoen. Sergio Della Pergola het in 'n ruwe skatting van Sefardiese en Mizrachi-Jode geraam dat Asjkenasiese Jode nie meer as 74% van die Joodse bevolking wêreldwyd verteenwoordig nie. Volgens ander ramings maak die Asjkenasiese Jode sowat 75% van die Jode wêreldwyd uit. Die meeste Jode in Suid-Afrika is van Asjkenasiese Jode afkomstig.

Volgens genetiese studies oor Asjkenasiese Jode – wat beide hul vaderlike en moederlike afstamming ondersoek het – beskik hulle oor 'n oorheersende hoeveelheid gedeelde Midde-Oosterse voorgeslagte, aangevul deur verskillende persentasies van Europese invloed. Hierdie studies het aangekom by uiteenlopende gevolgtrekkings met betrekking tot beide die graad en die bronne van hul Europese afkoms en het oor die algemeen gefokus op die mate van die Europese genetiese oorsprong wat in Asjkenasiese Jode se moederstamme waargeneem is.

Asjkenasiese Jode (met hul tradisionele taal Jiddisj) word onderskei van Sefardiese Jode (met hul tradisionele taal Ladino), wat afstam van Jode wat hulle in die Iberiese Skiereiland gevestig het, en Mizrachi-Jode (met tradisionele tale soos Aramees, Arabies en Persies), wat afstam van Jode wat in die Midde-Ooste gebly het. Die belangrikste verbindende elemente is die gemeenskaplike geloof, Judaïsme, en die gebruik van Hebreeus as liturgiese taal.

Bekende Asjkenasiese Jode

Asjkenasiese Jode het 'n noemenswaardige geskiedenis van prestasie in Westerse samelewings op die gebied van natuur- en sosiale wetenskappe, wiskunde, letterkunde, finansies, politiek en die media. In hierdie samelewings waar hulle vry is om enige beroep te betree, het hulle 'n rekord van hoë beroepsprestasie, en betree beroepe en handelsrigtings waar hoër onderwys vereis word. Asjkenasiese Jode het al 'n groot aantal Nobel-toekennings gewen.

Die tydskrif Time se persoon van die 20ste eeu, Albert Einstein, was 'n Asjkenasiese Jood. Volgens 'n studie wat deur die Universiteit van Cambridge gedoen is, is 21% van Ivy League-studente, 25% van Turing-toekenningwenners, 23% van die rykste Amerikaners, 38% van Oscar-bekroonde filmregisseurs en 29% van Oslo-toekennings Asjkenasiese Jode.

Die prestasies van soveel Asjkenasiese Jode, die feit dat hul gemiddelde IK 'n halwe tot een volle standaardafwyking bo die gemiddelde IK van ander wit Europeërs is, het sommige gelei tot die siening dat Asjkenasiese Jode 'n hoër as gemiddelde intelligensie het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

BabilonBybelDuitslandGenesisHebreeusHeilige Romeinse RykJeremiaJoodse diasporaManneërsMiddeleeueMillenniumNoagUrartu

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van politieke partye in Suid-AfrikaTsoenamiGrondsoorteAkademiaVars waterDierVliegtuigLuiperdGeweldLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaStam (taalkunde)Jacques LootsBrasiliëGoogle MapsWortelOranjerivierKaliumAborsieAfleiding (taalkunde)SirkusPretoriaRoofvoëlByvoeglike naamwoordWeervoorspellingPersCleopatra VIIKweekhuiseffekTienerWolkMiddeloorontstekingBrittany Ashton HolmesJan van RiebeeckMosesGemeenskapsorganisasieGrondwet van Suid-AfrikaCarike KeuzenkampKarakteriseringSwangerskapFaf de KlerkGordelroosKostuumsVolstruisWikiquoteStrykysterHeidelberg, GautengAsiëOlimpiese Somerspele 2024VakbondSpringbokkeAfrikaSharpeville-slagtingEkonomiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKolonoskopieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKlavierGrondbesoedelingGlasResensieHaasSteenkoolKarooPikkewynHartversakingSlawernyTussenwerpselIngrid JonkerWinnie Madikizela-MandelaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)NiersteenSeksuele opwekkingLys van Kaapstad se voorstedeEtniese groepTrappe van vergelykingOligopolieMateriaalHerfs🡆 More