Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck

Die Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck is die mees sentrale beskermde gebied in Bhoetan.

Dit beslaan ’n gebied van 1 730 km2 in Sentraal-Bhoetan en sluit die grootste deel van die Trongsa-distrik in, asook dele van Sarpang, Tsirang, Wangdue Phodrang en Zhemgang.

Nasionale Park
Jigme Singye Wangchuck
Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck
Land Vlag van Bhoetan Bhoetan
Distrikte Sarpang
Tsirang
Trongsa
Wangdue Phodrang
Zhemgang
Rivier Mangde Chhu
Sankosh
Nika Chhu
Hoogste punt 4 925 m
Laagste punt 600 m
Oppervlakte 1 730 km2
Diere Swartnekkraanvoël
rooipanda
luiperd
tier
Himalaja-swartbeer
Asiatiese olifant
muskushert
Datum 1998
Webtuiste Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck

Aan die grens van die park van noord tot suidoos loop Bhoetan se hoofsnelweë van oos na wes en van noord na suid. Dit is ook deur "biologiese korridors" met ander beskermde gebiede in Noord-, Oos-, Sentraal- en Suid-Bhoetan verbind. Habitats van die Oos-Himalaja-breëblaarwoude-ekostreek word in die park beskerm.

Betekenis

Die park verteenwoordig die beste voorbeelde van Middel-Himalaja-ekostelsels en bevat verskeie ekologiese biome, van subtropiese woude by laer hoogtes tot Alpynse graslande hoër op.

Die park is ook belangrik vir verskeie migrerende voëls vanweë sy groot verskeidenheid wat hoogte en plantegroei betref en sy sentrale ligging. Dit bevat ’n groot reeks habitats en beskerm die grootste en mees biodiverse gematigdewoudstreek in die Himalaja.

Die hoë berge in die sentrale deel van die park is ’n belangrike afloophelling vir die riviere en strome wat die bolope en sytakke van die Mangde Chhu-rivier na die weste word. Dié rivier sluit aan by die Mangde Chhu-rivier uit die noorde.

Verwysings

Eksterne skakels

90°23′3.84″O / 27.2827278°N 90.3844000°O / 27.2827278; 90.3844000

Tags:

BhoetanLys van beskermde gebiede van Bhoetan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

YstervarkTweede VryheidsoorlogToerismeApostoliese GeloofsbelydenisLewerRob HersovPretoriaMonopolyPersentasieZoeloeSelfmoordGroot Muur van ChinaVeeartsGoeie VrydagMetaalMasizole MnqaselaBywoordHoenderWerwelkolomBaardskeerder-spinnekopTydsoneSeksueel oordraagbare infeksieKlinkerLys van slangeOnse VaderGesagAsiëHomoniemVarkgriepSpysverteringstelselVlag van Suid-AfrikaByMartin BesterLys van medisinale kruiePeach van PletzenLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVolhoubaarheidNul is nie niks nieDesimale breukePoësieLys van Kaapstad se voorstedeAvbobByeboerderyKroepKlem-in-die-kaakEerste WêreldoorlogLandbouVerkoueKlimaatveranderingWerkloosheidSeekoeiWynand du ToitEnsiklopedieGeestesteuringAfrikaners2024Covid-19-pandemieToepassingsagtewareTuisbladKonsonantKankerbossieDonkieUnited Democratic FrontNaeltjieGevolge van aardverwarming op oseaneMetafoorSpinnekopSlawernyMenseregtedagChinese Grand PrixNiersteenAfkappingstekenWerkwoordBrongitisTrigeminale neuralgieMonopolie🡆 More