Lys Van Beskermde Gebiede Van Bhoetan: Wiki lysartikel

Die beskermde gebiede van Bhoetan is sy nasionale parke en wild- en natuurreservate.

Die meeste hiervan is in die 1960's aangewys en het oorspronklik die grootste deel van die noorde en suide van Bhoetan bedek. Vandag beslaan die beskermde gebiede meer as 42% van die land, meestal in die noordelike streke. Beskermde gebiede lê ook aan die grootste deel van Bhoetan se internasionale grense met China en Indië.

Lys Van Beskermde Gebiede Van Bhoetan: Agtergrond, Lys van beskermde gebiede, Sien ook

Lys Van Beskermde Gebiede Van Bhoetan: Agtergrond, Lys van beskermde gebiede, Sien ook
Die beskermde gebiede van Bhoetan is in pers en die biologiese korridors in groen. (bron)

Agtergrond

Lys Van Beskermde Gebiede Van Bhoetan: Agtergrond, Lys van beskermde gebiede, Sien ook 
Bhoetan se vervoernetwerk, insluitende die belangrike Laterale Pad, loop deur die beskermde gebiede en kruis biologiese korridors. Die Gelephu-Zhemgang-pad dien as grens tussen die Koninklike Nasionale park Manas en die Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck.

Die regeringsliggaam wat toesig oor die parke hou, is die bosboudienste-afdeling van die departement van landbou. Sedert 1992 word die beskermde gebiede bestuur deur die Bhutan-trustfonds vir die Bewaring van die Omgewing. In 1993 het die trustfonds sy uitgebreide parkestelsel hersien en verklein om dit beter te kan bestuur. In 2008 is die beskermde gebiede weer aansienlik uitgebrei vanweë die stigting van die Nasionale Park Wangchuck Centennial van 4 914 km2 in Noord-Bhoetan. Die fonds behartig nou ’n beskermde gebied van altesaam 16 396,43 km2 -- byna die grootte van eSwatini en meer as 42 persent van Bhoetan se oppervlakte van 38 394 km2.

Die parke word almal verbind – óf regstreeks óf deur "biologiese korridors". Met die uitsondering van die reservate Phibsoo en Torsa kom dié beskermde gebiede binne bewoonde gebiede voor. Dit het daartoe gelei dat wedersydse inbreuk op habitats gemaak word. Die Laterale Pad, Bhoetan se hoofsnelweg, loop deur die Nasionale Park Phrumsengla in die middel van die land. Beskermde diere kom in woongebiede, vertrap gewasse en maak vee dood. Die regering het ’n versekeringskema ingestel, begin om sonaangedrewe alarmheinings, wagtorings en soekligte op te stel en voergebiede buite menslike nedersettings aan te lê om diere uit die nedersettings weg te hou.

Lys van beskermde gebiede

Hier onder is ’n lys van die 10 beskermde gebiede in Bhoetan wat deur die trustfonds bestuur word:

  • Bumdeling-natuurlewereservaat (distrikte Lhuntse, Mongar en Trashiyangtse; bevat die voormalige Kulong Chu-natuurlewereservaat)
  • Nasionale Park Jigme Dorji (distrikte Gasa, Paro, Punakha, Thimphu en Wangdue Phodrang)
  • Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck (distrikte Sarpang, Tsirang, Trongsa, Wangdue Phodrang en Zhemgang)
  • Jomotsangkha-natuurlewereservaat (distrik Samdrup Jongkhar)
  • Phibsoo-natuurlewereservaat (distrikte Dagana en Sarpang)
  • Koninklike Nasionale Park Manas (distrikte Pemagatshel, Sarpang en Zhemgang)
  • Sakteng-natuurlewereservaat (distrikte Trashigang en Samdrup Jongkhar)
  • Nasionale Park Phrumsengla (distrikte Bumthang, Lhuntse, Mongar en Zhemgang)
  • Jigme Khesar-natuurlewereservaat (distrik Haa)
  • Nasionale Park Wangchuck Centennial (distrikte Bumthang, Gasa, Lhuntse, Trongsa en Wangdue Phodrang)

Daarbenewens bestuur die regering die volgende beskermde gebied:

  • Motithang Takin-reservaat (distrik Thimphu)

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Lys Van Beskermde Gebiede Van Bhoetan AgtergrondLys Van Beskermde Gebiede Van Bhoetan Lys van beskermde gebiedeLys Van Beskermde Gebiede Van Bhoetan Sien ookLys Van Beskermde Gebiede Van Bhoetan VerwysingsLys Van Beskermde Gebiede Van Bhoetan Eksterne skakelsLys Van Beskermde Gebiede Van BhoetanBhoetanChinaIndië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NieuwoudtvilleProteaDaggaMaagsweerWerkloosheidAppel (sanger)LidwoordOu Apostoliese KerkHoenderTsoenamiFabelBritse RykSwawelKonsentrasiekampGeografie van Suid-AfrikaVulkaanVoorsetselViëtnamoorlogAfvalbestuurMaroela MediaWewervoëlsVersamelnaamTierboskatAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBurgerregteIslamLabia (geslagsdele)HartLys van Suid-Afrikaanse musikanteLetterlike en figuurlike taalgebruikGeldPoesNoordwesDie Stem van Suid-AfrikaNederlandsVlieg (dier)Oos-KaapTydMalariaBruce FordyceStereotipeTarentaleBlaarHuisvliegLeonardo da VinciNarsismeUpingtonLys van landeKlein vyf diereKoolhidraatPad na jou hartLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameMoslemEiffeltoringDeurgangsriteVolhoubare ontwikkelingKriekHomoniemBeëdigde verklaringErica BoyerDoopBoomMoedersdagArmoedeverligtingWes-KaapDieregeluideLitiumMandalaAkwariumTegnologieTuisbladBeroerteInsekVliegtuigSweedsSuid-Afrikaanse randLien se lankstaanskoene🡆 More